Dorsland tref Os

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dorsland

Bachelor Dog
Joined
Apr 15, 2012
Messages
11,191
Reaction score
1,677
Location
Van Daar
Bike
Honda CRF-1000L Africa Twin
OK daar vang ek julle nou lekker met daai opskrif  :biggrin:  

Maar ek het vir Os,  my Boerboel wat 68 kg weeg, raakgery.  En nou voel ek die afgelope paar dae baie jammer vir myself en hy nie so baie nie.  

Ek ry verlede Vrydagmiddag na die bokke toe met die XR, lekker stadig, rustig, dis oppie plaas, wat kan nou eintlik gebeur.  My ATGATT bestaan uit 'n kortbroek (darem khaki), kortmou hemp (darem nie 2-tone nie), vellies, my R30 koperasie grinderbril en my hoed.

Os draf so eenkant saam om vlakvarke te gaan kyk.  Ons is nie ver van die huis nie, daar sien hy toe vlakvarke en hy laat waai. Ek ry toe bietjie vinniger agter hom aan - seker so 40km/u of so. Dis lekker harde tweespoor met klippe omtrent helfde die grote van 'n mens se gebalde vuis wat deel van die tweespoor uitmaak.

Julle weet wat kom volgende né!

Os slek toe so bietjie af sodat hy hier regs van my draf en skielik toe sien hy weer die vlakvarke links van my en hy laat waai met 'n spoed.  Ongelukkig is die XR se voorwiel en hy op 'n neerdonder trajek en ek tref hom toe so hier agter sy pens op die lies.  

Mense, as julle nou van neerwetter gehoor het dan is dit wat ek toe daar in die veld gedoen het.  Die laaste keer toe ek van 'n motorfiets afgeval het was 1985, en ek het nou bewys dat ouer balle nie meer so lekker hop nie!  Ek val my wind skoon weg, dis stof en bloed en 'n gekners van tande.  Ek het grootendeels op my linker voorarm geval maar 'n gekraakte rib, velaf op my regter knieg en elmboog en die linkerarm is effe moeg en wil gaan lê.  Ek dink al wat nog nie pimpel en pers is nie is my tandvleis!

Nou ja, uit 2 elmboë en 2 knieë is daarem 1 knieg ongeskonde.  Dis iets.

Os?  Hy's bietjie velaf en het toe nie die vlakvark ingehaal nie maar verder ongedeerd daarvan afgekom.  Die XR?  Hy's vol stof, die Zeta handguards het bietjie skiet gegee maar daarem nie gebuig nie, die vurke het in die klampe gedraai maar dis al reeds reggemaak en so paar skrape op die voor modderskerm en een kantpaneel. Ekke?  Nog steeds jammer vir myself met 'n arm wat lekker eina is.

As julle 'n boertjie met 'n helmet op die plaas sien ry, dis ekke!

OK, let the abuse begin  :biggrin:




 

Attachments

  • DSCN2566.jpg
    DSCN2566.jpg
    90.2 KB · Views: 720
  • DSCN2567.jpg
    DSCN2567.jpg
    123.6 KB · Views: 712
  • DSCN2568.jpg
    DSCN2568.jpg
    106.9 KB · Views: 720
  • DSCN2580.jpg
    DSCN2580.jpg
    74.9 KB · Views: 712
  • DSCN2581.jpg
    DSCN2581.jpg
    320.2 KB · Views: 722
  • DSCN2582.jpg
    DSCN2582.jpg
    212.2 KB · Views: 715
Top