Ek weet nie hoe lyk dit op ander plekke nie maar deesdae vind ek dat daar heelwat minder private eetplekkies en koffiewinkels in ons wêreld se dorpe is. En ek is nie 'n Spur, MacDonalds of KFC ou nie, dis maar so. Ek ry deur Bothaville maar kry niks nie, Ry weer 'n ander draai om te sien of ek nie iets gemis het nie. Nee, lyk my die Spur is die in ding. Lekker ding is ek parkeer sommer so oppie sypadjie vlak langs die venster sodat ek 'n ogie kan hou.
Maar ek is modder tot by my knieë. Ek trap maar suutjies maar jy't nie 'n spoorsnyer nodig om my te vind nie. Dis moddertjies tot by my tafel. Maar die Spurmanne is op die bal, hulle kom met 'n borsel en skoppie en maak gou weer netjies. Sien daar was bietjie bespreking die afgelope paar dae op die forum oor honde en kinders in die Spur. Ek kan aan die beswaardes terugrapporteer dat daar wel 'n paar kinders in dié Spur was maar hulle was besonders goed gemanierd. Geen honde nie. Net een Wild Dawg, ekke :biggrin: Ook myself goed gedra. Selfs 'n goeie fooitjie vir die kelner gelos.
Maar manne, manne! Kyk bietjie die "steak". Ja, dis 'n steak daai, ja ek weet die tamatie is amper groter as die steak. En hy kos, saam met 'n groot glas Coke, R135 :eek7: :eek7: Rowery sê ek jou. En dit sonder 'n geweer. Nie weer vinnig in 'n Spur eet nie.
Dalk moes ek maar mielies bestel het, hulle kan seker goedkoper gewees het. Betaal toe R200 en die kelner bly weg en bly weg en bly weg. Hy het seker nie Kersfees bonus gekry nie of dalk vra hulle ekstra vir modder opvee. In elk geval, moes toe die man laat roep om my kleingeld te kry en betaal hom toe maar sy fooitjie daaruit.
Toe's dit weer aantrek en die padvat want die dag loop en ek het nog 'n hele ent om te ry.
Verlede jaar die tyd toe ek hier verby is, toe kan die mielieboere amper hulle John Deeres vir duikbote ingeruil het so nat was dit. Maar ek sien hulle het goed herstel na die skade van daai baie water. En nou lyk dit my dit wil amper weer kom dreig om so nat te raak want die weer lyk asof hy enige oomblik kan uitsak.
Maar die mielies lyk darem mooi.
Hier is nou 'n goeie plan om daai boereverneuker koperasies en hulle silos te laat les opsê. Hierdie silosakke stel die boer in staat om sy graan self op te berg totdat hy dit wil bemark of wanneer die pryse meer gunstig is. Sonder om bergingskoste en ander fooie en heffings aan die koperasies te hoef betaal. Wat sê hulle: 'n boer maak 'n plan.
En nog eie opbergingsplanne:
Die pad raak nou eintlik lekker en ek is bly vir die reen wat geval het. Hierdie stuk pad sou nogal geneuk het as dit droog was: lekker dik sand. Maar nou ry hy lekker en 'n ou kan maar laat waai.
Kom by Kommandodrif se brug oor die Vaalrivier. Dis nog een van daai mooi ou staal bruë met karakter. Dis 'n enkelbaanbrug maar daar is darem nie ander voertuie nie so ek kan 'n paar fotos neem. Sal lekker wees om bietjie die geskiedenis van die drif se naam te kry. Ek soek later bietjie dan pos ek dit hier.
Mansize Meccano:
Ai man, dis darem mooi hier langs die water. Stroomop van die drif:
En stroomaf sak daar nog 'n bui reën uit om die boere se harte bly te maak.
Ek klim weer en ry verder. Weer terug innie Noordwes (of North West Province). Ons praat mos net Ingels hier of het julle nie geweet nie
ot:
Ek ry nog so lekker grondpad toe kom ek op die klomp yster- en erdvarkgate af. Kerels as jy in die nag hierlangs moet ry en jy ken nie die pad nie gaan jy darem jou as afval. Jy kan selfs 'n BOF hierin verloor so versigtig julle 1200GSA manne wat hierlangs ry: die gate is groot. So 50 km hiervandaan was daar nog 'n hengse gat sommer so in die middel van die pad, 'n culvert wat gebreek het en nou as dreinpyp funksioneer. Die goed is waaragtig lewensgevaarlik, met of sonder 'n 800GS
eepwall:
Nog mooi fotos van ons deel van die wêreld. Hier was 'n klomp flaminke op die pannetjie gewees.
Toe ek weer wegtrek na die foto hoor ek iets is los hier agter op die fiets. Ek ry nog so 'n ent en hoor iets is nie lekker nie. Stop toe by 'n T-aansluiting om gou die ketting te stel. Dankie vir "centrestands".
Ek het nie vroeër genoem nie maar ek ruik vroeër vanoggend iets brand as ek stop. Ek kyk en sien niks nie, dog dis dalk 'n voël wat ek raakgery het wat op die enjin braai maar nee. Vind toe later uit dis een of ander stuk plastiek wat om die waaier pas wat losgekom het en teen die headerpype gaan lê het wat so geruik het. Kon nog nie uitwerk waarvandaan hy kom nie maar sal bietjie fotos neem en op die Technical board pos. Slim manne daar.