Potch Dawgs laat waai

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dorsland

Bachelor Dog
Joined
Apr 15, 2012
Messages
12,635
Reaction score
4,518
Location
Nie van hier nie
Bike
Honda CRF 300L
SAPA berig: Die rustige plattelandse dorp van Potchefstroom is vandag lelik die 21ste eeu ingeruk toe sowat 17 Wild Dogs met hulle motorfietse die dorp op horings geneem het en bejaarde inwoners en besadigde motoriste skrik op die lyf gejaag het.

Ook jong dames studente by die PUK universiteit het beswaar aangeteken en gesê dat die motorfietsryers glad nie eens aan hulle aandag geskenk het nie.  Een student het sover gegaan om te sê dat dit blyk die manne stel meer in hulle motorfietse belang as in enigiets anders.

"Hulle het net deur die dorp gejaag, sonder om eens te waai." het sy gesê.  Haar vriendin het gesê daar was een ruiter, wat volgens haar, 'n oranje motorfiets gery het, wat so half met 'n middelvinger gegroet het. Sy was onseker of die handgebaar vir haar bedoel was of of dit dalk vir 'n BMW motorfiets ruiter wat die oranje motorfiets op daai stadium verbygesteek het, bedoel was.

Die SAP is vir kommentaar genader maar volgens hulle val hierdie tipe klagtes oor rondloper honde onder die jurisdiksie van die DBV.

 
Daar was toe uiteindelik so 17 manne wat vanoggend by die Sasol vulstasie (wat die duurste brandstof op die dorp verkoop) op Potchefstroom bymekaargekom het om na die lekker reen te gaan ry.  Dit wil voorkom asof dit goed gaan met die Dawgs in die dorp; dit was amper uitsluitlik BMWs en sulke ander oranje fietse, KTMs of iets, wat die rit meegemaak het.  :pot:

'n Paar manne het die kommentaar gemaak dat ons op 'n manier die Dawgs se regte name en hulle forumname op 'n naamplaat of hulle WDs plakker moet sit sodat ons later die naam by die naam kan bring.  OK julle weet wat ek bedoel  ???  Ek het klomp manne gegroet en name gehoor maar ek onthou net die Johans.  O, ja en vir Jakes en Ettienne.  En vir Arno, en Des, en Jaco en vir ...  Kom manne sit julle name by die fotos hieronder dat ons julle kan herken  (daai damesstudente wil ook weet  ;))

DSCN2733_zps41d8e85b.jpg


DSCN2734_zps1b34946a.jpg


Na al die reen wat Vrydag in die omgewing geval het en die terugvoering van 'n wolkbreuk naby Viljoenskroon, het ek gedink die enigste ou wat nie gaan neerwetter nie, die ou in die LandCruiser sou wees.  Hy was toe nie deel van ons span nie al wou van die manne hom as recovery saamneem.

Een van die manne (jammer,  kom nie op jou naam nie.  Julle ander manne moet help hier asseblief) ry 'n bitter mooi HP2.  En ek meen RY.  ja met hoofletters. Maar daar leer ek vandag ook 'n ding van Potch;  daar is die bo-dorp en die onderdorp. Nou daai manne van die bo-dorp,  hulle ry die witwaks uit 'n pad uit.  Ons ander manne (ek is deel van hulle),  ons is die manne wat matigheid voor oë hou.  Die mense wat vir verbasde omstanders moet waai en flou gevalle tannies lave nadat die bo-dorp se gevaarte verby is.  Ons is die agterhoede wat vol modder en roosts is en gereedskap moet aangee as daar papwiele is  :imaposer:

Nee maar eerlik waar, daar is 'n paar manne wat nie skrik vir 'n grondpad met sy waterslote, spoelgate, modder, sand.  Hulle kan en wil ry.  Ja dis julle wat so loer.  Kom gooi van daai kiekies hier julle.

Hulle jaag so vooruit dan wag hulle by die diepste, natste, snotterigste moddergat om die neergewettery af te neem.  Ons wil daai foties sien manne, gooi hulle.

Maar die spoorlyn se dienspad is lekker nat en het so 'n paar manne uitgevang, sommer al vroeg in die dag.  Maar, soos tereg gesê is, wat is motorfietsry sonder omval.  Die dag is so lekker vars en alles is lekker nat en skoon.  Dis sommer lekker om in die veld te wees.

Eerste stop hier langs die spoorlyn.  Daar was hier lekker fotosessie gehou so daar sal seker 'n paar uitstekende fotos gepos word.

DSCN2737_zps179852bd.jpg


DSCN2735_zpsb6e5e1f2.jpg


Dis toe ook hier dat die eerste oog oor die fietse gegooi is om te verseker alles is nog waar dit vas gestrep was.
 
Die dienspaaie van die spoorlyne kan darem lekker ry en ons gooi kole.  Dis nie hoe lank nie en een van die manne het 'n papwiel.  Dis een van die 1200GSAs, tubeless, so dis nie lank nie en dis weer styfgepomp en ons kan weer ry.  Maar nie voor daar weer so 'n paar fotos geneem is nie.

DSCN2740_zpsb79360b3.jpg


DSCN2741_zps72045114.jpg


Terwyl ons nog so sit en raadgee oor papwiel herstel toe kom daar 'n man daar aan met sy beeste en dié is met 'n gevaarte in die welige rooigrasweidings in.  Lekker as die vee so lekker kan wei na die reen.

Kort hierna, klim ons vir 'n kort stuk op die teerpad en vandaar is dit grondpad wat lekker natgereen is.  Plekplek kan dit mens bietjie onkant betrap dan gaan ploeg die manne bietjie daai mielielande weer om.  Jaco, ons praat nou nie van jou nie  ;)  want jy het net jou fiets so in die ry op die sidestand probeer sit.  Jy sien, dit werk nie so goed nie  :peepwall:

Die paaie is eintlik in baie goeie toestand en mens kan nogal laat waai.  Daar is kolle wat in droë weer lekker dik sandkolle gaan oplewer en sal 'n winterrit hierlangs nogal pret kan wees.

Bymekaarkomplek langs die pad:

DSCN2742_zps86804ec5.jpg


Ek moes toe my rit kortknip kort hierna,  maar daar is klomp lekker fotos en video ook geneem deur van die ander manne.  Ons sien uit om hulle te sien kerels.  

Dankie aan PappaBeer en RassieGS wat die rit gereel het asook al die manne wat ek lekker mee saam gery het.  Daar was 'n hele paar wat van Gauteng se kant af gery het, dankie dat julle saamgery het.  Ook aan JVR wat 'n onbeplande kort kursus in papwielherstel vir ons aangebied het  :thumleft:  Goeie klomp manne.  Ons maak weer so.
 
Dorsland, hoekom moes jy so vroeg ry. As jy heelpad daar was sou jy vi ons n ride report gooi soos min al gegooi het.

Jy mag maar
 
Baie dankie aan almal wat deelgeneem het, en veral die manne wat die ride gereël het. Dit was baie lekker om ander honde te ontmoet en lekker paaie te ry. Die Potch honne rock!

Hier is ‘n paar van die kiekies wat ek geneem het.
















































 
Lekker fotos Vaalseun!  Lyk my ek het iets gemis met die tweede skof.  Arno ek moes ongelukkig terug plaas toe kom, was baie spyt  :(  Maar volgende keer reel ek my dinge bietjie anders, dan ry ek hom enduit.
 
.
 

Attachments

  • 017.jpg
    017.jpg
    84.6 KB
  • 018.jpg
    018.jpg
    87.9 KB
  • 025.jpg
    025.jpg
    119.3 KB
  • 030.jpg
    030.jpg
    108.4 KB
  • 031.jpg
    031.jpg
    83.2 KB
  • 032.jpg
    032.jpg
    86.4 KB
  • 011.jpg
    011.jpg
    108.6 KB
Lekke ouens  :thumleft: Ai ek mis my ou valley het lank in Klerksdorp gebly, minder as n jaar terug nog daai lekke diens pad gery
 
Hierdie RR het nou lekker gelees.
Met Harry the Buffalo en Dorsland (en ander) in ons midde het ons 'n paar uitstekende skrywers in ons midde.
Hou so aan manne.  :thumleft:
 
Nou ja hier is `n paar fototjies wat ek geneem het.
Ek het maar bietjie vooruit gery en toe afgespring op die dienspad langs die spoorlyn om die honne afteneem soos hulle inklok by New Machavie stasie
DSC00339_zpsde0b0ee1.jpg

Paul86
DSC00335_zps8f7833c6.jpg

Ek kan nie almal se name koppel by die foto nie so ek gooi maar net die fotos. As ek die naam onthou gooi ek hom by.
Papabeer
DSC00334_zpse17d5bc0.jpg

Die groepie by die stasiekie raak darem nou groter
DSC00328_zpsd5df5328.jpg

DSC00327_zps6daa18e1.jpg

DSC00326_zpsf569ed36.jpg

DSC00325_zps79d0cd45.jpg

Hier kom Eend123
DSC00329_zpsd9ddf60a.jpg

Nog dawgs
DSC00330_zps2c26a597.jpg

DSC00333_zps473a389c.jpg

Hierdie lyk soos Superdave met die hoe modderskerm
DSC00332_zps0b9b0849.jpg

Die 650...
DSC00331_zps639b7001.jpg

So kom almal regop en heel by die stasie aan
015-Copy_zpsbae4cc04.jpg

018_zpse2734f98.jpg

En EINDE TEN LAASTE die geheimsinnige man met die HP
DSC00337_zps381a6f7c.jpg

Nou ja daar is ons eerste stoppie en die manne gesels maar oor die snot glad pad wat ons afgele het. Seker maagsere begin brand want 2 honne het al geval en ekke wat scout het sommer so 180 gedoen teen 60km/h in die gras in. DANKIE TOG DIE 1STE 5KM VAN DIE 170KM ROETE IS VERBY :imaposer:
Nou ja so ry ons weer aan met die dienspad al langs die spoorlyn, kruis die Orkney pad en hop op die die pad wat ons vat Stilfontein toe. Vir die wat die area ken sal oplet dat ons wegry van die koepel af dis darem lekker om so bietjie ompad te ry of hoe?
So langs die pad is nogal `n mooi bruggie waar ons gewoonlik stop. Die turf het nou plek gemaak vir so klip paadjie en nou loop die dinge vir almal sommer baie lekkerder daar is nou eintlik stof agter die honne
DSC00348_zpsd1ff465a.jpg

DSC00347_zps8435f44a.jpg

DSC00345_zpsa0a6665c.jpg

Hier kom die Dorslanders ook aan by die tyre regmaak lesing so uit `n Woema episode.
DSC00349_zpse19a66b9.jpg

Die man weet nog nie eers hy gaan tyre regmaak nie
DSC00350_zps179ec7a1.jpg

Dis nou hier waar Dorsland so heimwee gekry het oor die beeste wat so lekker gewei het
DSC00352_zpse4ba1763.jpg

DSC00351_zps5808a450.jpg

Van hier af het my hande vas gegom aan die oor van die GSA en ek het skoon vergeet om fotos te neem. Hier is darem nog so paar
So net na Koekemoerspruit slaat ek en dok eerste die sand/modder/snot stuk. Dis nou net hier waar DAAI man met die HP sit en wag om te kyk wat maak ons honne agter hom. Ek en dok het maar so saam besluit om oop te maak en te kyk wat gebeur...
01_zpse88af126.jpg

Nog so stop plekkie op die roete Parys toe
DSC00360_zps9eade1ec.jpg

Orangepower maak `n een hand stop :lol8:
DSC00358_zpsae9bce1c.jpg

Dis dam lekker om so die fietse in die veld te sien aan kom
023_zps81b3ca0c.jpg

X-Ray amper al vergeet jy was ook saam
DSC00359_zps0b4e80c3.jpg

Hier staan my en JVR se bikes bietjie en gesels oor die rit. Ag let tog net op na JVR se pod protectors wat hy laasweek opgesit het. PM hom net en se dit lyk mooi asb.
021_zpsbdd4f5b0.jpg

So 50km vanaf Parys 14km vanaf Skandinawie drif aan die FS kant
019_zps90597d06.jpg

Gelukkig het ek soms die man met die HP ook van voor afgeneem
DSC00356_zps254a888f.jpg

Jis maar ek ry lekker
02_zps56207bd2.jpg

En so is ons laaste stop by Venterskroon se Imperial Hotel aai die plekkie het dam potensiaal mag mens maar soms wens
028_zps415a0e5c.jpg

027_zps3bceaaa4.jpg

DSC00362_zps9365e4ce.jpg

Dit bly lekker.


 
Lekker foties Rassie  :thumleft:  Nou kan ek darem ook voel ek het die 2de skof (amper) saamgery.

En o ja, JVR,  daai pod protectors van joune lyk te mooi.  Nou's jou GSA nie so kaalboude nie  :biggrin:
 
Manne

Dit was nou my eerste trip saam soveel honde en ek kan net se dit was mooi gewees... Dis altyd lekker om mense te leer ken wat soveel passie met mens deel, jy voel sommer dadelik gemaklik en kuier land en sand.. Maar nie te veel sand asb.... lol!

Die doel van die trip was dat ons mekaar leer ken en kan kontakte opbou en ek dink dis geslaag gewees, Ons weet nou van mekaar en kan gerus kontak hou vir as daar weer so iets beplan word! Dankie vir almal wat saam gery het!
 
Ai manne...wat 'n lekker trippie tot so 40km voor Potch!!
Daar besluit ek toe mos om 'n mooi stukkie grond langs die Vaalrivier te koop.

Als het goed gegaan...ek het my fiets heeldag mooi regop gehou deur die modder en bietjie sand!

Oppad terug was die pad bietjie klipperig. Ons het seker so 90km/h gery toe ek vir Pappa-B3r voor my sien briek. Dit was egter te laat vir my!
Toe ek oor die bultjie kom is dit styl afdraende en 'n draai na regs. Ek slaan toe agter-remme en die wiel begin te gly. Ek sien toe dat ek uit pad gaan hardloop en dis toe dat ek die voor-remme net raak en toe is dit verby! My fiets gly toe op sy linkerkant onder my uit en ek "body surf" (dis die beskrywing wat Pappa-B3r gegee het oor wat hy in sy spieëltjies gesien het) die grondpad met lekker groot klippe op. Terwyl ek so op my bors gly en omkyk, kom die man op die dakar (jammer ek't jou naam vergeet) reguit op my af en ek rol net betyds weg. Hy sê hy is tussen my en die fiets deur en dat ek gelukkig na die regte kant toe gegaan het. Ek staan toe stadig op, voel voel so of ek iewers seer het, en help gou my fiets optel. Die manne was dadelik daar om te help en my fiets uit die pad te vat. Theunis (woema) bestudeer toe gou my fiets en sê dat als net kosmetiese skade is. So vandag is dit ek en die versekering!

My lyf is maar nog lekker seer vandag! Ek het so paar blou kolle, maar weereens besef ek net die waarde van ATGATT! As dit nie daarvoor was nie, kon dit baie erger gewees het!

Baie dankie aan elke hond wat my gehelp het...julle is great! :thumleft:

Ek het darem so paar foto's van vroeër die dag!
 
Ai Paul, dis jammer maar gelukkig niks ernstig nie.  Is jy die man oppie ander GS800 gewees?  Het jy nie vir ons aksiefotos met die GoPro geneem nie.  Hulle sê glo 'n goeie foto is dikwels net die tydsberekening daarvan  :pot:

Bly jy is OK.  :thumleft:
 
Dorsland said:
Ai Paul, dis jammer maar gelukkig niks ernstig nie.  Is jy die man oppie ander GS800 gewees?  Het jy nie vir ons aksiefotos met die GoPro geneem nie.  Hulle sê glo 'n goeie foto is dikwels net die tydsberekening daarvan  :pot:

Bly jy is OK.  :thumleft:

Ja dis ek!

Ek's nog besig om deur al die video's te gaan, maar dit was nou die 1ste keer wat ek hom uitgetoets het, so ek leer maar nog.

Ek het darem nie te seer nie...net hartseer!!!
 
Top