DAY 1 – 23 DECEMBER 2013:
Bloubergstrand, Strand, Gordonsbaai, Hermanus, Stanford, Pearly Beach, Elim, Struisbaai, L’Agulhas, Waenhuiskrans, Bredasdorp.
Monday, 23 December and we are up and running as from early in the morning.
The cars are making me mad. It is as if they don’t want to ride, and the wind is terrible. I’m nervous as I’m not used to so many cars around me. I’m also worried about Ou Bees as it would be the longest trip she’ll ever do and if she’ll enjoy the trip.
When we past Gordonsbay it started to get better. I see Ou Bees is rustig behind me taking kiekies as if she works for one of other news paper I smiled and thought by myself: – WAAR IS DIT LEKKER?? HIER IS DIT LEKKER :biggrin:
Dual – I owe you – there were just to many cars and people.
Ou Bees' Experience of the day:
Groot dag het aangebreek!! Fiets is gepak – ons is aangetrek. Franco bring vir ons koffie, neem foto’s en daar ry ons ......
Opgewonde, maar onderliggend ‘n onbekende stap vir my – bang, glad nie maar die gevoel van wat vir ons voorle wat vir my baie onbekend en heeltemal buite my comfort zone is, was weliswaar heeltyd in my gedagtes. “Here, behoed en bewaar ons en hou U wakened hand oor ons en ook al die ander motoriste”. Wel, Hy het. Dag 1 van die trip was ongelooflik lekker.
Ons het gery van Franco’le se huis na Bloubergstrand waar ons ons 1ste foto geneem het. Die vakansiegangers is bitter baie en hulle ry so stadig, wat dit vir Jaco moeilik maak om met die pakasie en my deur die verkeer te ry.
Dit is ‘n warm dag, ons sweet maar beide van ons is baie geduldig. Gansbaai, Struisbaai en ons leplekkie sal Bredasdorp wees.
Die allermooiste foto”s geneem – kyk ek raak nou wild op die ‘bike’ !!
Op Hermanus aangekom en deur die verkeer probeer om ‘n koffiewinkeltjie te kry. Jou waar, tussen al die vakansiegangers in ‘n klein stil straatjie, kry ons ‘n vriendelike ‘Car Guard’, parkeer die fiets en kry vir ons ‘n tafeltjie om rustig die roete verder te beplan. Die hoogtepunt van die oggend was die klein dogtertjie (ek skat haar so 10) wat absoluut ‘n uitblinker restaurant manager eendag gaan wees.
Nou ja, magies is vol, kele is nat en toe ons buite kom om verder te ry was ons gestop in ons skoene met ‘n baie geinterresseerde inwoner wat elke oomblik bewonder wat ons beplan. Vir Jaco was dit natuurlik glad nie moeilik om vir hom ons hele vakansie met soveel passie en oorgawe te vertel nie.
Einde ten laaste vat ons weer die pad maar die verskil is, ons ry nou grondpad na Struisbaai – wat ‘n mooi plek. Toe Waenhuiskrans.
Kaap Augualas was ook op ons roete en vreemd hoe vinnig ek gemaklik begin raak het op die fiets – ons is deur donga’s, klippe, rotse ens om daar te kom, maar ek het so gemaklik en geduldig net gevolg. So nice om die, of liewer een van die aantreklikhede wat soveel mense al beleef het, ook te kon sien. Dit was nog altyd Jaco se droom om dit te sien.
Nou ja, my voete is aan die brand, my boots is dalk te klein, maar loop, loop ek. Ry, ry ek!!. Alles in die gees.
In Bredasdorp aangekom, so by 3pm het ons ons leplekkie gekry. Wat ‘n vriendelike Ou Oumie en Tannie. Die oom is ook ‘n motorfiets entosias en het min van ons gesigte gesien – hy is meer geinterreseerd in die ‘regte fiets’ wat ons ry. Die tannie is ongelooflik trots op haar gastehuis “The Coach House”. Verduidelik met oorgawe wat waar is en waar ons hulle kon kry sou ons nog iets kort – wat ‘n skoon plek!
Lekker gestort, vars vat ek en Jaco die pad te voet om iets te gaan eet. Spur klink na ‘n goeie idée en nie te ver nie. Wat ‘n lekker bord kos, skoon en vinnige diens. Lekker moeg, magies vol, vat ons te voet weer die pad terug om te gaan skuins le.
Vere kussings is ons voorland, maar ‘n boer maak ‘n plan – gelukkig kry ek op die boonste vloer van die huisie ‘n gewone kussing. Koppies raak skaars die sagte kussings en nou ja, more sorg weer vir homself.
‘Dankie Liewe Heer vir ‘n veilige trip’