Dorsland
Bachelor Dog
- Joined
- Apr 15, 2012
- Messages
- 12,635
- Reaction score
- 4,518
- Location
- Nie van hier nie
- Bike
- Honda CRF 300L
Vandat ek my 800 Adventure gekry het, het ek nie juis geleentheid gehad om ons pragtige omgewing rustig met hom te gaan verken nie. Maar gister toe ek verjaar toe besluit ek ek bederf bietjie vir my en my 2IB en ons gaan ry oor die Karoovlaktes Murraysburg toe.
Dis die eerste keer dat ek die teerpad soëntoe gery het en ek het nogal uitgesien na die rit. Dit was gisteroggend lekker koel hier by ons - so 2ºC en bietjie geryp. Die voorspelling was ook dat die wind weer lekker sou waai maar ek was nog nooit 'n "fair weather rider" gewees nie
Ons is baie geseën dat ons in so 'n bitter mooi omgewing boer en die rit grootpad toe - mits my berugte grondpad droog is :biggrin: - stel mens in 'n vakansiebui nog voor jy 2km gery het.
Dié populiere het al hul blare afgegooi maar die winterlandskap bly bekoorlik.
So 30km buite Graaff-Reinet bo-op die plato, begin die wind hier van regs voor waai. Darem nie so erg soos toe ek en Woody Bash toe is nie, maar dis vroeg, hy bou nog spoed op. Maar dis bitter mooi wêreld, en ek ontdek dat ons hier 'n Voetpadhoogtepas het. Sal sy boetie die Bastervoetpadpas een of ander tyd moet gaan verken.
Ek was nog nooit 'n dorpsmens gewees nie so die veld en oop spasies is nog altyd my sielskos gewees. En daarvan het die Karoo baie.
Ek is seker bietjie bevooroordeeld maar die Camdeboo is vir my van die mooiste omgewings in Suid-Afrika.
Nietemin, in Murraysburg aangekom word mens weer daaraan herinner dat dinge nie meer is soos ons dit eens op 'n tyd geken het nie. Soos baie ander dorpe in die land deesdae, val die dorpie ook maar uitmekaar. Daar wei bokke op amper elke straathoek, lokasiebrakke loop los rond of draf en blaf vir die bokke, baie huise is bouvallig, dis vuil. En tog is daar nog so 'n oorblyfsel van die vervloë Karoodorpie oor.
Ons kom by 'n oase van beskawing uit, die Kweperlaan. Die eienaarres Jenny, is gasvry, vriendelik en maak mens sommer dadelik tuisvoel. Sy bedien nie ontbyt nie maar wel ligte etes. Sy is heel verbaas toe ek sommer 'n groot stuk quiche én 'n lekker dik geroosterde kaas en tamatiebroodtjie bestel - sommer sulke lekker tuisgebakte brood. Ek verduidelik ek groei nog :biggrin: Toe ons agterna nog sommer sulke duk snye wortelkoek ook bestel toe sien ek sy verstaan nog nie die boermense nie. Sy bak en berei als self voor.
Terwyl ons so lekker in die sonnetjie sit en gesels, ontmoet ons van die omgewing se mense: die skoonheidsterapeut wat die huis ook vir haar pamperlangbedryf gebruik, Walter die skoolonderwyser. Kyk, hy kan mens behoorlik vermaak met sy stories en gesigsuitdrukkings. Dan hoor mens die stories van ware mense wat swaarky maar wat altyd kan glimlag en 'n grap van hulle dikwels moeilike omstandighede kan maak. Ou Walter kom sit sommer by ons en beginne gesels asof ons mekaar al jarelank ken. Lekker! Gasvry en vriendelik en sommer aards. Jenny kom vra of ons vir 'n wyle sal reg wees, sy moet gou 'n draai ry. Ja, oppie platteland, los mens sommer jou besigheid, jou huis en jou koffiewinkel so oop en bloot aan wild vreemdelinge. Dit gaan oor vertroue en ... Ek weet nie, dit gaan oor iets wat in die wêreld verlore geraak het. Ek verlustig my in die vertroue.
Ek wil nie weer vir Jenny met my eetlus skok nie (dis dan koud en 'n man moet energie opbou :biggrin so ons groet vir Walter toe hy in sy ou blou Mercedes klim en vat ook weer die pad. Eers ry ek so 'n draai deur die dorp om te sien of ek nie dalk Upper Murraysburg misgery het nie, maar helaas ...
Ek gee vet om verby die plastieksakke, ashope, watersuiweringsaanleg, losloop bokke en vertrapte meentgronde waar elke "opkomende boer" sy horde vee laat loop, te kom. Dis soos 'n diep asemteug om weer die pragtige skaapplase te sien. En kyk kerels, hier is GROOT skaapboere in Murraysburg distrik. Die Karoo lawe ons weer met sy mooi natuurskoon en oop spasies.
Ek is darem jonger as hierdie brug :imaposer:
Nou waai die wind dat dit klap, maar te lekker: hy waai nou van links agter en ek weet hoe voel 'n voël as hy so hoog bo die aarde sweef. Mens hoorvoel die 800 hier onder jou sitvlak, verder hoor jy niks nie. Net so elke nou en dan so 'n klap van my 2IB as ek vinnig deur die draaie ry :lol8: Maar waaragtig, dis lekker om so met die wind van agter te ry.
Amper soos die lewe.
My grondpad staan ooparms om ons terug te verwelkom oppie plaas. Kerels, dis goed om die mooi in die lewe te loop soek. En ons het nog baie mooi in ons land.