Klein lessies rondom Lesotho......

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Jun 24, 2012
Messages
33,686
Reaction score
11,271
Location
Slowveld
Bike
KTM 890 Adventure R Rally
Nuwe bike en weeklange gesinsvakansie wat gekanselleer is..... dit was nou nie juis rocket science nie......

 

Attachments

  • IMG_5393.jpg
    IMG_5393.jpg
    149 KB
Die plan in kort was:

1. Ry vanaf  Nelspruit, Mpumalanga antikloksgewys om Lesotho en terug.
2. Bly sover moontlik van teer af. (moeiliker as wat ek gedink het sonder GPS)
3. Enigste plekke wat ek regtig vooraf op besluit het om te sien was Lundin'spas, Naudesnek, Sanipas.
4. Wees versigtig! Op my eie in afgelee plekke op 'n bike wat ek nie ken nie....
5. Geen GPS nie! Net kaartboek en iPhone as ek regtig vashaak.....
6. Pak baie lig, net nodigste saamry. Turns out, die nodigste moes darem 'n paar tools en dinge insluit..... :-[ :-[

Ek wou graag die week voor die trip 'n paar kort trippies in die Laeveld doen om net bike te leer ken voor ek die langpad vat. Ongelukkig het dinge nie so uitgewerk nie en die courier laat weet daar is 'n probleem...... Die bike sal eers Vrydag in Nelspruit wees en ek wil Saterdag vertrek. Ek het beplan om baie lig te travel met net tankbag wat saam met bike kom en klein rugsakkie. 13 liter petrol is ook nie juis ideaal vir 'n toer nie so ek bestel 'n 5 liter fuel cell om so ietsie vir gemoedsrus saam te ry....

Met die bike oppad Nelspruit toe laat weet dealer dat die tankbag nog by vorige eienaar is en eers oor twee weke aangestuur word  :dousing: Ek moet vinnig plan maak en met uitstekende diens van Amanda by Dustriders, bestel ek 'n Enduristan 51L sak. Sak sal ook Vrydag in Nelspruit wees en dit lyk of my planne mooi gaan werk.

Na groot afwagting kom die bike Vrydag in Nelspruit aan met courier. Geen nommerplaat, geen lisensieskyf, geen afskrif van  NATIS en geen tydelike permit. Eastview Motorrad help met permit en ek vat die bike vir 'n laatmiddag trippie na Kaapsehoop en Noordkaap. By die huis aangekom blip ek die bike so paar keer voor ek by die garage intrek. Bike klink of hy moerse backfire gee en throttle body pop uit silinder..... 'n Teken van dinge wat kom??

Ek kry nie die clamp terug nie en 'n vriend help my met 'n cabletie.... ;D
Ek begin so bietjie benoud raak en besluit om eers die naweek die bike beter te leer ken en te wag vir die Enduristan sak wat deur poskantoor misplaas is erens in Nelspruit... :dousing:
Gaan ry saam met pelle ' paar draaie anderkant Barberton.


a8ype3ym.jpg
 

Attachments

  • IMG_5337.jpg
    IMG_5337.jpg
    237.8 KB
  • IMG_5339.jpg
    IMG_5339.jpg
    293.3 KB
  • IMG_5600.jpg
    IMG_5600.jpg
    154.4 KB
Dag 1 - Nelspruit - Piet Retief  320km (80km Teer)

Ek gebruik 'n hele pak cheap bungy cords om my bagsie op die bike vas te maak, lyk soos 'n regte amateur...... Die goed trek los en ek verloor amper alles langs die pad in die eerste 50km. Later op die trip kom ek tot my sinne en gebruik twee straps om alles baie effektief vas te maak. Koebaais gedoen en groot opgewondenheid toe ek in die straat afry........ die gevoel op my maag kon dalk benoudheid ook gewees het, maar for the sake of the story hou ek by opgewondenheid.

Kaapsehooppad teer tot by Barberton afdraai. Van hier grondpad totdat dit weer by R40 aansluit. Volg R40 tot net voor Barberton waar ek petrol ingooi en fuel cell ook volmaak. Van Barberton na Josefsdal grenspos en neem Diepgezet pas na Oshoek.  Paar kilos in die pas af kom ek op 'n afrikaanse vrou en haar jong kinders af. Hulle het verder af in pas sonder diesel gaan staan. Haar man het gestap 'n paar uur terug om hulp te gaan soek. Ek is eerste persoon wat daar verbykom sedert hy weg is. Dit laat my so bietjie worry oor my trip....... Wat gebeur as ek of afgelee plek breakdown het en niemand kom verby nie?? Ek wag 'n rukkie by hulle totdat hulle bevestiging kry dat julp oppad is.

Die spookdorpie by Diepgezet myn is 'n sad gesig en nogal eerie en ek ry deur sonder om te stop vir fotos. Brandmaer honde staan in strate vir my en kyk. (Fotos van Diepgezet vanaf GOOGLE)
 

Attachments

  • IMG_5369.jpg
    IMG_5369.jpg
    223.8 KB
  • w205181_15556_recreation-club_msauli-recreation-club-playground.JPG
    w205181_15556_recreation-club_msauli-recreation-club-playground.JPG
    208.1 KB
  • 000_1054.jpg
    000_1054.jpg
    75.1 KB
  • IMG_5368.jpg
    IMG_5368.jpg
    183.9 KB
  • IMG_5367.jpg
    IMG_5367.jpg
    208.6 KB
  • IMG_5366.jpg
    IMG_5366.jpg
    171.3 KB
  • IMG_5365.jpg
    IMG_5365.jpg
    202.1 KB
  • IMG_5364.jpg
    IMG_5364.jpg
    253.4 KB
  • IMG_5362.jpg
    IMG_5362.jpg
    127.2 KB
  • IMG_5361.jpg
    IMG_5361.jpg
    236.9 KB
By Oshoek kruis ek N17 en volg my neus langs Swaziland grens tot kort voor Amsterdam. So ietsie van alles op die stukkie....lang stukke gravel highway, klipperige opdraendes en pragtige views. Ek stop nog kort-kort om bungy cords vas te trek....Op hierdie deel van die trip kry ek swakste petrolverbruik. Ek raak nog gewoond aan die HP en draai sy oor ordentelik op elke draai, straight, diksand, dunsand en so aan. Ek glo ook vas dit is belangrik dat ek soveel stof maak as moontlik. Die seuntjie in my soek net meer en meer van hierdie monster se krag! Res van die trip die fiets met bietjie meer respek hanteer  :ricky: :ricky:
 

Attachments

  • IMG_5370.jpg
    IMG_5370.jpg
    360.7 KB
  • IMG_5371.jpg
    IMG_5371.jpg
    291.4 KB
  • IMG_5374.jpg
    IMG_5374.jpg
    229.8 KB
  • IMG_5375.jpg
    IMG_5375.jpg
    253.5 KB
  • IMG_5376.jpg
    IMG_5376.jpg
    336.8 KB
Net voor Amsterdam stop ek by Westoedam om Rallye 2 se inner in te sit. Dit word vinnig koud en ek kry die koue reg van voor sonder enige tipe van windbeskerming op die fiets. Ek besef ook met 'n effense skok dat ek net GS handskoene by my het en vergeet het om winter handskoene in te pak. :eek: Hierdie foutjie het die lewe 'n paar oggende baie ongemaklik gemaak op die trip.....Klein lessies.

'n Baie laat middagete van peanuts en water in Amsterdam voordat ek begin rondvra vir verblyf in die klein dorpie. Die offerings lyk maar so bietjie shabby en ek besluit dat daglig nog aan my kant is. Ek le plat op die HP se tenk en tel die kilos af tot in Piet Retief. In Piet Retief stop ek by Sundowner Lodge. Lyk na 'n lekker plek met pub en restaurant en goedkoop slaapplek. Teen die tyd dat ek gestort het en bar toe stap, is daar net 'n paar dronkgatte wat "wag vir iemand om te bliksem". Savannas proe nie so lekker as wat ek myself voorgestel het nie en daar is ook nie mense wat om my saamkloek om te hoor van my ongelooflike biketrip wat sopas vandag begin het nie. Ek maak myself maar uit die voete en eet 'n lekker rumpsteak by die restaurant.
 

Attachments

  • IMG_5378.jpg
    IMG_5378.jpg
    303.8 KB
  • IMG_5383.jpg
    IMG_5383.jpg
    213.4 KB
  • IMG_5380.jpg
    IMG_5380.jpg
    245.6 KB
  • IMG_5379.jpg
    IMG_5379.jpg
    381.9 KB
  • IMG_5377.jpg
    IMG_5377.jpg
    222.5 KB
Dag 2 - Piet Retief - Clarens 440km (40km teer) :ricky:

Trokke se airbrakes het gesorg vir bitter min slaap langs die R33. Ek sit teen 2:30 regop in bed en begin so bietjie kyk na volgende dag se roete. Drink te veel horrible ricoffy en vat 'n warm stort.  Staan donker op en begin dinge regkry vir aan die gang kom. Ek besluit ook om bagasie anders te pak aangesien dit gister my sitplek aansienlik ingeperk het. Net na 6:00 stop ek vir petrol en Wimpy coffee in die hoofstraat. Tannie in haar Merc stop vir petrol en vra of ek skroef los het?? Het ek enige idee hoe koud dit is? Ek het duidelik nie gehad nie, maar gou uitgevind toe ek langs pad moes aftrek van pyn in my hande..... Ek het my K1600GTL erg begin mis.......  :-\ Ek sou wel later uitvind dat my HP2 'n paar skroewe los het.... >:D

Net buite Piet Retief draai ek af op 'n gravel highway wat om Heyshope dam loop. Ek trek elke paar kilos van pad om hande ruskans te gee. Vir praktiese redes  ;D besluit ek om toiletstop langs die pad te hou vir wanneer die hande bietjie ontdooi het........Lesse is geleer op die trip en een daarvan was dat Gs handskoene nie vir die winter gebou is nie..... Die wereld lê wit van die ryp en ek probeer onder die skadus van die dennebome uitjaag.
 

Attachments

  • IMG_5387.jpg
    IMG_5387.jpg
    182.2 KB
  • IMG_5390.jpg
    IMG_5390.jpg
    201.8 KB
  • IMG_5392.jpg
    IMG_5392.jpg
    169.3 KB
  • IMG_5394.jpg
    IMG_5394.jpg
    114.8 KB
Praat met locals op een van my warm-word stoppe. Verduidelik vir my mooi grondpad/jeeptrack pas oor die berg na Wakkerstroom. Een van my favourite dele van die trip!! Van Heyshope dam tot in Wakkerstroom sien ek nie enkele siel op daai jeeptrack nie. Baie mooi views en lekker ry. Die ricoffy en foto geleenthede hou my besig met op en afklim van fiets.
 

Attachments

  • IMG_5395.jpg
    IMG_5395.jpg
    296.5 KB
  • IMG_5397.jpg
    IMG_5397.jpg
    301.1 KB
  • IMG_5398.jpg
    IMG_5398.jpg
    259.1 KB
  • IMG_5399.jpg
    IMG_5399.jpg
    177.9 KB
  • IMG_5401.jpg
    IMG_5401.jpg
    237.7 KB
  • IMG_5404.jpg
    IMG_5404.jpg
    160 KB
  • IMG_5405.jpg
    IMG_5405.jpg
    114.5 KB
Die track sluit net voor Wakkerstroom weer aan by R543 en ek brand vir 'n koppie koffie. Maak weer vol petrol en begin soek vir koffie. Die dorp is so toe soos 'n klei-os se gat op hierdie koue wintersoggend! Sit maar op sypaadjie in son om die hande te laat ontdooi en loer weer na opsies met roete. Net die bakkery agter my is oop en hier stop 'n klomp Land Cruisers van afwisselende ouderdom vir melk/brood oor die volgende 15-20 minute. Ek dink dit is seker die voertuig wat ek meeste gesien het op die trip, meer as taxis of trapfietse...... Land Cruisers. Ek brand vir 'n koffie, maar besluit om entjie verder te ry vir my fix.

Net buite Wakkerstroom draai weg op grondpad na Newcastle. Die pad split later en ry Volksrust toe. Uiteindelik koffie!! Twee Mega koffies en 'n gesprek met 'n local wat nog so gesuip was van vorige aand dat hy bly struikel het terwyl hy met sy dogtertjie op heup my uitgevra het oor my "lelike" bike... Huh? Net buite Volksrust weer op die grondpaaie na Memel vir petrol en daarna Wes van Verkykerkop. Eindelose gravel highways...... Kruis onderdeur die N3 na Kestell en ry mooi grondpaaie tot by Golden Gate!
 

Attachments

  • IMG_5418.jpg
    IMG_5418.jpg
    271 KB
  • IMG_5421.jpg
    IMG_5421.jpg
    214.5 KB
  • IMG_5424.jpg
    IMG_5424.jpg
    153.3 KB
  • IMG_5423.jpg
    IMG_5423.jpg
    297.2 KB
  • IMG_5407.jpg
    IMG_5407.jpg
    316.9 KB
  • IMG_5412.jpg
    IMG_5412.jpg
    177.8 KB
  • IMG_5411.jpg
    IMG_5411.jpg
    240.2 KB
  • IMG_5408.jpg
    IMG_5408.jpg
    212 KB
  • IMG_5414.jpg
    IMG_5414.jpg
    225.1 KB
Ry rustig die 40km deur Golden Gate op teer  na Clarens waar ek verblyf moet gaan soek. Dis nou eers na 2 uur, maar was 'n lang dag in saal. Kry luukse huis te huur in Clarens vir R450 en besluit om myself te spoil. Soak my moee lyf in 'n spa bad en kyk reruns van bokke se onlangse games teen Wallis en Skotland. Ek het nie TV by die huis nie en ek moet erken ek spandeer bietjie meer tyd voor die kassie in Clarens as wat ek elders sou erken. Teen laatmiddag stap ek deur die dorp opsoek na eetplek. Dit begin lekker koud raak en die dorp is vol vakansiegangers.  Alles lyk of dolleeg of oorvol? Koop vir my 'n Buff, want myne lê seker saam met my winter handskoene op die tafel by die huis.

Stap op die ou end by Rotor Hanh (duitse restaurant) in en alhoewel die diens pateties  was (sou dit kon oorsien as hulle soos die meisies by die Oktoberfest gelyk het), was die bord kos uit die boonste rakke. Na die heerlike ete  stap ek in die koue terug vir 'n  vroee aand ts die lakens.
 

Attachments

  • IMG_5425.jpg
    IMG_5425.jpg
    257.3 KB
  • IMG_5430.jpg
    IMG_5430.jpg
    156.5 KB
  • IMG_5431.jpg
    IMG_5431.jpg
    168.8 KB
  • IMG_5432.jpg
    IMG_5432.jpg
    171.8 KB
  • IMG_5433.jpg
    IMG_5433.jpg
    183.1 KB
  • IMG_5434.jpg
    IMG_5434.jpg
    202.2 KB
  • IMG_5435.jpg
    IMG_5435.jpg
    254.1 KB
Dag 3 - Clarens - Lady Grey 350km (150km Teer :-[)

Word wakker in 'n yskoue Clarens en is niks lus om uit die luuksheid van elektriese kombers en dik lae beddegoed te klim nie. Eventueel kom ek aan die gang en begin bike pak. Die HP vol ryp en ek stoot hom in die son om darem die sitplek te ontvries.... Alles gepak en reg om te ry, maar al wat die starter se is kliek-kliek-kliek. Stoot die bike teen bult op en dan af teen steil hoofstraat in rigting van grootpad. Miskien sal hy runstart?? Nee wat,  die kompressie is te hoog en ek haal so paar kilos van die TKC 80's af wat nuut was by my vertrek uit Nelspruit. Stop by petrolpomp en maak vol, probeer my gedagtes orden. Fiets het gister so gemaak in Memel na petrolstop, maar direk daarna maklik gevat.... Bel DWERG (ek's bietjie gestremd as dit by die dinge kom). "Dis die battery" dink DWERG. Vra uit by vulstasie of iemand sal help jumpstart? "Ja" se die dame, maar dan moet ek eers jumper kabels by haar koop. ;D R140  en ry die goed hele trip in my rugsakkie saam.

Op hierdie stadum sal dit dalk goed wees om te noem dat die enigste gereedskap wat ek saamgebring het, die skroewedraaier onder die HP se sitplek is, MAAR die probleem is ek het nie 'n skroewedraaier om die skroef te verwyder om die sitplek te verwyder nie....... :imaposer: :imaposer: Vorige eienaar het die Torx skroefie met gewone "slotted" skroefie vervang.  EK het darem 'n tyre repair kit in baadjie se sak wat ek nooit nodig gehad het nie....... In my defence moet ek darem noem dat in 14 jaar van BMW's ry, het ek nog nooit iets anders as tyre repair kit (en jumper cables) nodig gehad nie.

Hierdie trip was egter my eerste ordentelike DS trip een dinge sou bietjie anders uitwerk...Klein lessies, ek sal nooit weer sonder die basiese tools en cableties en ductape erens heen toer nie!!!

Jump die bike en ry terug in dorp in om sleutels van slaapplek terug te gee. Ek bel rond vir battery, ek gaan nou afgelee plekke ry van hier af en kan nie vasbrand nie?? Na 'n uur op telefoon besluit ek @$%&* dit, ek ry!! Vat teer tot in Fouriesburg. Drink daar koffie en besluit as die bike dadelik vat ry ek verder, anders sal ek my planne moet heroorweeg. Bel huis toe en mis my vrou toe ek haar stem hoor. Kinders mis my en ek vir hulle. Vir oomblik oorweeg ek om die handdoek in te gooi en Nelspruit toe te ry, maar kom gelukkig tot my sinne. Dis nie elke dag wat ek 'n week vir myself het op die bike nie. Ek het nou al 3 ure verloor en besluit om teerlangs tot op Ladybrand te ry. Wat 'n marteling om teen 120km/h op 'n HP2 sonder 'n screen te ry...... :ricky: Nie vir die laaste keer op die trip ry ek sonder enige nommerplaat of lisensieskyf deur 'n padblokkade sonder om gestop te word.

Gooi petrol op Ladybrand en 'n spietkop stop reg agter my, ek sweer hy gaan my nou kom aanvat oor my afwesigheid van identifikasie op die bike, maar niks?? Telkens op die trip het hulle nie 'n saak gehad met my nie en ek begin later bietjie afgeskeep voel.....Die bike start weer maklik op Ladybrand en ek voel veilig om weer van die teer af te klim en ry fantastiese paaie langs Caledonsrivier teen Lesotho tot by Hobhouse.
 

Attachments

  • IMG_5439.jpg
    IMG_5439.jpg
    262 KB
  • IMG_5444.jpg
    IMG_5444.jpg
    210.9 KB
  • IMG_5443.jpg
    IMG_5443.jpg
    190.9 KB
  • IMG_5442.jpg
    IMG_5442.jpg
    212.1 KB
  • IMG_5440.jpg
    IMG_5440.jpg
    153.1 KB
  • IMG_5438.jpg
    IMG_5438.jpg
    260 KB
  • IMG_5567.jpg
    IMG_5567.jpg
    194.3 KB
  • IMG_5437.jpg
    IMG_5437.jpg
    201.8 KB
  • IMG_5436.jpg
    IMG_5436.jpg
    214.6 KB
Hobhouse klink of dit 'n oulike plekkie kan wees, miskien iets soos Rhodes of Dullstroom?? Ek hou maar verby, die plek is vervalle en verlate......  teerpad tot by Wepener en ry vandaar weer grondpad langs Lesotho grens tot by Zastron. Grondpaai is plat en mooi en reguit en ek kan lang ente 160Mk/H + ry. Die HP loop asof hy op spore is! :ricky:
Ek hoop nie iemand van Zastron lees die nie want jinne die plek is 'n dump! Maak petrol vol. Kan dalk hier noem dat ek weens die HP se massiewe 13L tenk besluit het om nie verby vulstasie te ry nie......'n ou weet nooit.... Ek ry deur strate van Zastron en sien Maluti Hotel, die plek lyk seriously suspect, maar ek onthou ek het al erens van die plek gehoor. Ek besluit egter dat ek gaan deurry na Lady Grey waar ek 7 jaar terug oornag het om 'n teer trip saam met pelle. Ons het 'n onvergeetlike aand gehad en is self genooi na die reunie van die kunsskool daar - 100 jaar of so iets? Mense het ons soos konings behandel!

Ek sou eers later besef dit was 'n fout om verder te ry. Dwerg vertel my later dat hulle heerlik gebly het by die Maluti. Ek het 'n terrible trip van Zastron op teer in die Oos-Kaap in. Net voor Sterkspruit hardloop 'n hond voor my in oor die pad vanaf regterkant. Ek swenk uit na regs en met die besef die hond hier kom k@k en draai terug na waar hy vandaankom. Ek swaai weer links..... Die HP gaan soos 'n rodeo bul tekere soos wat ek die hond probeer vermy wat teen die tyd besluit het die oorkant van die pad is dalk tog waar hy wil wees. In die proses het die aap wat die taxi al vir laaste 2 km op my gat ry, dieselfde "avoidance exercise" hier agter my aan die gang en dat niemand kontak gemaak het nie is 'n wonderwerk! Ek besef my konsentrasie nie meer so lekker nie en ry soos 'n ou tannie die laaste 60km.

In Lady Grey aangekom ry ek reguit na Mountain View Country Inn. Nadat ek ingeboek het ry ek die HP agterom na parkering sonder helmet en oorproppe en die ding klink soos 'n Harley?? Ek klim af en kyk vas in endcan wat losgekom het van raam. Bout is weg.... Ek het natuurlik nie tools van 'n dag oud nie.... Ek besluit ek sal volgende oggend op die dorp gaan hulp soek.

Die kamer waarin ek bly is "modest" om die minste te se. Geen warm water en daar is net 1 ander persoon in die massiewe plek ingeboek. Houtvloere kraak en raas die hele nag asof daar heelwat meer uhm... siele in die plek is. Eetsaal is verlate en die kos neem 'n leeftyd om uit die kombuis te kom, maar is verbasend smaaklik. Projektor vertoon 'n celtic musiek fees van soorte en die klanksisteem bevestig die uitdrukking op die sanger se gesigte.....

'n ou oom kom later in 'n hoek sit en eet. Ek vra hom later of daar plek soos hardeware op die dorp is? Hy bars amper uit van die lag.... "nee boet, hier is 'n winkel of twee maar jy gaan nie 'n bout hier koop nie..." oom Swannie begin met my gesels oor sy passie - WISKUNDE. Nou kyk, wiskunde gee my nou nog 'n hol kol op my maag en tot my mees onlangse nagmerries het een of ander wiskunde eksamen daarin. Oom Swannie kuier hier by sy dogter en skoonseun wat die plek besit. Vir die wat belangstel in sy wiskundige teoriee  -

https://swannie.webplus.net/index.htm

Daar stap later twee mans in wat hoor hoe ek my probleem (met bike nie wiskunde) met Oom Swannie bespreek. Ouer een van die twee vra of hy dalk kan help? Hy is 'n mechanic van Oos-London wat aan earth moving masjiene werk. Hy het 'n bakkie vol tools en is seker hy kan help. Ek staan en vergaap my hoe hy met sigaret in sy mond en ' brandy en Coke in sy linkerhand my bike se endcan vasmaak met bout en 'n moer en self nuwe thread in hanger gesny. (ek moet noem dat die appy op en af gehardloop het ts die bike en bakkie om alles aan te gee en vas te hou, die man het geweier om daai dop neer te sit....:eek: Ek kon darem van hulp wees deur lig op die onderwerp te gooi met my selfoon. ;D


 

Attachments

  • IMG_5445.jpg
    IMG_5445.jpg
    195 KB
  • IMG_5446.jpg
    IMG_5446.jpg
    183.2 KB
  • IMG_5447.jpg
    IMG_5447.jpg
    232.8 KB
  • IMG_5448.jpg
    IMG_5448.jpg
    185.4 KB
  • IMG_5449.jpg
    IMG_5449.jpg
    234.1 KB
  • IMG_5450.jpg
    IMG_5450.jpg
    82.8 KB
  • IMG_5451.jpg
    IMG_5451.jpg
    139.1 KB
  • IMG_5452.jpg
    IMG_5452.jpg
    151.8 KB
  • IMG_5453.jpg
    IMG_5453.jpg
    184.2 KB
  • IMG_5454.jpg
    IMG_5454.jpg
    210.4 KB
Nou wil ek ry!!

Hoe werk daai fuel bladder vir jou?
 
Jis dit lyk asof daai HP2 die dag vantevore uit die krat gehaal is. :drif:
 
Top