Dorsland trek Tankwa toe

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dorsland

Bachelor Dog
Joined
Apr 15, 2012
Messages
12,635
Reaction score
4,518
Location
Nie van hier nie
Bike
Honda CRF 300L
a1e10b2aaec5033c0939f847b73ddd9f.jpg


Wat is dit met oneindige vergesigte, half woestyn landskappe, grondpaaie wat oor uitgestrekte vlaktes kronkel en 'n hoorbare stilte, wat maak dat ek amper 'n geestelike ervaring beleef om daardeur te ry?

Eintlik moes ek dié naweek by die Winterberg Bash gewees het, maar ek het 'n behoefte gehad om net weer mens te word. Om myself weer vol van die Groot Niks daar in die Groot Karoo, die Tankwa, die Boesmanland te gaan maak.

Hier op Merweville, in 'n eenvoudige kamertjie agter die kontant winkel, kan ek net nederig dankie sê vir die grootsheid van die Skepping en al sy wondere wat ek aan die einde van my eerste dag beleef het. Ook dat ek weer begin verstaan waar ek daar in pas.

Ek hoop as ek terugkeer dat ek my gedagtes en ervaringe sinvol kan neerpen.

Tot dan, die groot...

b0d74f131d5c87dfde4f9e69c79e4db1.jpg


... en die klein wat ek ervaar het.

99eeefd12ade6bed395174049cd5399a.jpg
 
Snaaks hoe persepsies verskil-- ons bly in die Karoo en let nie eers meer op na die mooigeid nie. Lekker om weer perspektief te kry :thumleft:
 
:)

Ja, die karoo kan mens nogals woordeloos laat

(Ek is nogals nuuskierig om te weet watter paar kouse  jy aangehad het ;). )


 
Hierdie tipe paaie (Noord kaap en kalahari vir my ) is my droom paaie. Moet se ek het nog nie baie karoo paaie gery nie.
Hoe ruik daai oggend luggie  :thumleft:
 
O jou gelukkige ding! Mooi ry en hou ons maar op hoogte van jou omswerwinge, dalk kan jy van ons raak loop as ons jou verwag.  :thumleft:
 
Die gaan 'n mooi storie wees  :thumleft:

Jy het dalk nie vaste planne nie, maar as jy 'n idee het wanneer jy waar gaan wees, ek moet nog kilometers op my fiets sit voor Desember...
 
:sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip:
 
Jou begin skep groot verwagtings. Veilig ry  :thumleft:
 
Ek sit hier met 'n selfoon en pik soos 'n skrop hoender daarop terwyl in my hart ek eintlik 'n vulpen en deftige skryfpapier benodig om my gedagtes vas te lê. 

Dis nie van spoed of afstand of tyd nie. Dis van ervaar; die innerlike amper meer as die uiterlike. Dis van weer verstaan, van wat die orde van dinge is, van wat belangrik is. Dis om weer helder te kan sien, hoor, voel, ruik.

Dis hoe 'n voël moet voel as hy daai eerste keer uit die nes vlieg.
 
More is Rammelkop- en Ganaggapasse, die Tankwa. Die dag lê wyd en oop voor my. Hahaha!
 
Van GR tot hier is die wêreld sopnat Bie. Het fotos op die kamera wat ek volgende week sal oplaai. Ou oom in die winkel hier  vertel Fraserburg se kant toe is daar manne wat 3 duim gemeet het :eek:. Hier op Merweville net oor die duim. Elke lopie, dam en holte lê vol.

d9122791f9cb9898d55963e5c51be188.jpg
 
Top