Dorsland
Bachelor Dog
- Joined
- Apr 15, 2012
- Messages
- 12,635
- Reaction score
- 4,518
- Location
- Nie van hier nie
- Bike
- Honda CRF 300L
Ek het al 'n paar keer dié kronkelende roete deur die Sneeuberge verby Kompasberg gedoen, maar vandag was my 660Z Teneré se stofpaddoop.
Net toe ek vanoggend wil ry, sak daar 'n los buitjie reën hier uit en ek dog toe ek gaan vandag liewers boerevakansie hou. Ongelukkig duur die reën nie lank nie en ek vat toe die pad. Ek het so 10 dae gelede die fiets van die Baai af gery en van daar af staan hy hier in die waenhuis met sy kleedtjie oorgetrek. Hierdie sou my eerste stofpadrit met hom wees en ek sien baie uit.
Die fiets voel vir my meer rats asook ligter as my 800GSA, hy voel soos 'n stofskoeter en ek ry té lekker die eerste stukkie grondpad tot by die N9. Daar steek weer reënwolke op en 'n paar druppels val nog voor ek by die teerpad uitkom.
Man dis 'n mooi fiets dié.
Ek ry maar altyd stadig en geniet die reuke, die pad, die natuurskoon, die rit.
Ons wêreld begin nou na winter lyk en die populierbome is orals aan die brand met hulle pragtige geel herfskleure. Hulle helder sommer die vaal Karooveld op.
Ai, dis darem mooi en rustig hier. Daar is min gesigte wat by 'n Karoolandskap kan kers vashou. Doer ver waar die son so skyn in die rigting van Nardousberg lê my plaas.
Hoe hoër ek gaan die Sneeuberge in hoe kouer raak dit. 'n Boer wat ek ken wat hier naby boer vertel my gister hy het onlangs reeds 4 of 5 keer -4ºC en ryp gehad. By my gelukkig nog nie ryp gehad nie.
Dit lyk asof dit ter enige tyd gaan uitsak en ek hou die weer dop. Ek weet hier op die vlaktes is daar baie klei en as dié paaie eers natgereën het dan is dit nag op 'n motorfiets. Eintlik enige voertuig sukkel dan. Ek ry maar verder maar dit raak koud. Ek het amper my binnebaadtjie by die huis gelos omdat dit glad nie so koud by my was soos tans hier nie.
Toe ek stop om dié pragtige herfskleure af te neem, besluit ek maar om warmgoed aan te trek.
Die fiets ry vir my baie lekker. Ek hou bitter baie van die enkelsilinder se gedoefdoefdoef. Ek voel sommer soos 'n "adventure rider". My 800s het ek baie geniet maar vergeleke met die 660 het hulle my té veel van die ware fietsry ervaring geïsoleer kom ek nou eers agter.
Ek ry so lekker, ek ry dié ou skillie netnet mis. Slat brieke, draai om en sit hom veilig oor die draad waar hy veilig is. Daar is geen voertuie op die pad nie maar mens weet nooit nie.
Hier hoog in die berge het hulle redelik goeie reën gehad en die damme het meestal lekker water.
Die wind is van agter en daar is min dinge wat so lekker vir my is as om so grondpad met die fiets te ry as die wind van agter is. Daar daal sommer so 'n rustigheid oor my neer. Dit raak al hoe kouer hoe hoër ek ry. Eers moet ek stop en die tipiese Sneeuberglandskappe afneem. Kompasberg se piek was kort voor ek dié foto geneem het, toe onder die wolke.
Nog een sonder die 660.
En nog goue populierbome. Hulle is orals in die lope van die strome en die klowe. Die grondpad drentel deur dié bos en mens ruik die vrugbare reuk van die blare wat nou afgeval het en begin verrot om die grond te verryk. Lekker man, lekker.
Snaaks, maar dié verlate berglandskappe, veral as dit so koud en bewolk is, bring 'n onverklaarbare weëmoed oor my.
Ek het meer as 'n jaar laas hier rond gery en ek sien nou eers hoe agteruit die paaie gegaan het. Die owerhede steur hulle glad nie meer daraan om paaie instand te hou nie. Dis 'n duur en deurlopende taak vir ons boere om ons paaie begaanbaar te hou. Ek en my buurman gaan nou hoeka 'n slootgrawer en tiptrok huur om ons kloofpad weer begaanbaar te maak. Ons sal seker binnekort weer 'n grondbelastingrekening van die munisipaliteit ontvang. :dousing:
Mens kan eintlik nie té slap lê nie want daar is baie sulke verspoelde dele en spoelslote oor die pad wat 'n man soos 'n nat vel sal neerslinger as jy slaap.
Ek is bly om te sien baie van die bergstroompies het darem water in hulle.
Ek mik vir Nieu-Bethesda en ontbyt by Tannie Ydil hulle se plekkie daar. Ek ondersteun haar altyd omdat dit hulle enigste inkomste is. Haar man, Oom Niel, is al 90 en in 'n rolstoel. Die tannie werk 7 dae 'n week om die pot aan die kook te hou. Julle ouens kan haar gerus ondersteun as julle weer op die dorpie kom. Dit lyk nie so nuut soos van die ander plekke daar nie maar haar kos is baie lekker, tuisgebakte brood, en pryse is baie beter as die ander toeristeplekke. Al haar kruie en baie van haar groente kom uit haar eie tuintjie agter die plekkie uit.
Die dorpie het jaarliks in April die Pumplooza Pampoenfees waar die eetplekkies almal spesiale pampoengeregte voorsit, daar is kompetisies en ander verwante aktiwiteite. Nogal lekker. Kyk bietjie die tamaai pampoen uit Tannie Ydil se tuin uit. 82.5kg!! :eek7: :eek7: Sy vertel dis nie die grootste pampoen op die fees gewees nie.
Terwyl ek eet hou die ou kietekat my geselskap. Baie oulik, eintlik té oulik, so by so dat ek uiteindelik maar vir die kat 'n stukkie wors gegee het.
Die dorpie is nogal bedrywig vanoggend met die langnaweek en ek groet 2 ander fietsruiters en hulle vrouens wat by een van die ander plekke eet. 'n GSA en 1190 KTM. Na 'n lekker ete, lekker gesels met die tannie en 'n ander boer van Richmond wat daar kom kuier het, vat ek weer die pad.
Dis nie hoe lank nie en hier is daai klein skillie se grootboet. Slat weer brieke, draai om, neem 'n kiekie, druk hom onder die draad deur die veld in en daar gaat ek weer. Ek is al goed geoefen.
Nouja, julle het seker al van die tonele op van my ander RRs gelees maar ek hoop julle sien die omgewing weer deur nuwe oë. Dis vir my lekker om so my distrik se grondpaaie van vooraf te ontdek.
En nou het my skoeter ook bietjie houding gekry.