Daar is geen haas in die Karoo nie

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dorsland

Bachelor Dog
Joined
Apr 15, 2012
Messages
12,635
Reaction score
4,518
Location
Nie van hier nie
Bike
Honda CRF 300L
Nadat ek so bietjie op my nuwe Africa Twin gevroetel het die afgelope week (paar dinge mooi skoon gemaak, ketting verstel en gesmeer, handvatsels mooi reguit op hul plek gery, my Enduristan gereedskapsakkie en my tenksakkie gemonteer en toe die hele fiets mooi gewas) was ek vroeg vanoggend behoorlik lus om 'n draai op ons lekker grondpaaie te gaan ry.

Ek wou vroeg wegkom en ry toe sommer vroeg al in my ATGATT op die Bushlander om my plaasrondtes eers te gaan doen.  Sonder die kletterpet natuurlik  :biggrin:

Dit was 'n vervrissende 8ºC toe ek hier wegtrek met my somerhandskoene en sonder my binnebaadjie.  YR het voorspel dit sou 'n lekker 21ºC word.

Ek het nie eintlik enige vaste roete gehad nie, ek wou net dat die AT darem sy bene bietjie op die grond kon rek.  Ek mik so in die algemene rigting van Noupoort, met die gedagte dat ek seker êrens later sou moet volmaak.

Dis 'n pragtige herfsoggend met die populiere en wilgerbome wat mooi verkleur en die veldgras wat al sy winterskleed aangetrek het.  Ek mis vir 'n kort rukkie my "heated grips" maar dis nie lank nie en die temperatuur styg na 15ºC.
 

Attachments

  • 20200509_145733.jpg
    20200509_145733.jpg
    189.4 KB
  • 20200509_145823.jpg
    20200509_145823.jpg
    238.7 KB
Vroeg oggend. Ek kan my net indink hoe lekker die veld ruik.  :thumleft:
Jou koffie dingetjie ingepak?
 
Hier rondom Nieu-Bethesda is daar nogal heelwat baie welaf buitelanders wat groot plase besit en wat hulle sommer as sulke wegkruipplekke gebruik.  Baie van hulle kom dalk een of twee keer per jaar hier uit, ander soms glad nie in 'n jaar.  Hulle span die grond met wildheining toe, haal al die binnedrade uit en laat die wild maar aanteel.

So is daar die Bergplaas Natuurreservaat, Sneeuberg Reservaat, Sneeuberg Bewarea en ander. Die Sneeuberg Reservaat bestaan uit 5 of 6 plase - Gordonville, The Poplars, en 'n paar ander wie se name ek nie nou aan kom nie.  Dit behoort aan een of ander Nederlandse Prinses wie se familie almal skatryk is.

Dié is die hoofopstal, effe verwaarloos met dié dat sy amper nooit hier uitkom nie.  Ek het 'n nuwe LR Discovery by die opsigter se huis sien staan vanoggend so weet nie of sy dalk tans daar kuier nie.
 

Attachments

  • 20200509_145518.jpg
    20200509_145518.jpg
    216.8 KB
subie said:
Vroeg oggend. Ek kan my net indink hoe lekker die veld ruik.  :thumleft:
Jou koffie dingetjie ingepak?

Jy weet dan hoe lekker ruik dit Subie.  Veral as dit nog so nat gedou is, dan ruik 'n winterveld darem uniek.  En ja, koffiegoed (of teegoed altans) is ingepak.  :)
 
En die pragtige foto van die spannetjie troetel Nguni's wat in die dam staan en suip. Wat kan nou mooier as herfskleure saam die unieke bonthuide van die Nguni's.  Vir 'n kort rukkie kan ek glo als is reg in die wêreld.
 

Attachments

  • 20200509_145429.jpg
    20200509_145429.jpg
    237.2 KB
Ek stoot aan deur die oggend.  Die afgelope seisoen se goeie reën is waarneembaar in die mooi veld en die heelwat spoelslote wat oor die pad loop.  Die deel agter Kompasberg laat my altyd aan die Skotland Hooglande laat dink.  Of dalk die Moors. 

Ek begin waaragtig die DCT waardeer wanneer ek om 'n draai op 'n opdraende of afdraende kom, daar is 'n lekker stewige spoelsloot oor die pad, en ek moet vinnig my lyn kies.  Die DCT maak dit maklik omdat hy altyd in die regte rat is en kan maar eintlik op my tyd my lyn kies sonder dat ek ook nog die regte rat moet kies.  Dis eintlik ongelooflik hoe die fiets altyd in die regte rat is.

Ek kan dié affêre nogal gewoond raak.

Dis Gordonville daar onder.
 

Attachments

  • 20200509_150217.jpg
    20200509_150217.jpg
    141.1 KB
Hier 'n draai, daar 'n kinkel dan weer 'n lang reguit stuk met mooi oop landskappe.  Sjoe dis mooi jong!  Ek ry dikwels deur swerms springkane.  Ek het gehoor hulle is dié kant toe, Richmond, De Aar en die Noord-Kaap in nogal erg.  Hier gaan moeilikheid kom as dit in die nuwe seisoen kom goed reën.

Om 'n draai kom ek op die plaas Asemskep af.  Pragtig.  Die kolganse, reiers en ander watervoëls hou my noukeurig dop om te sien wat gaan ek maak.
 

Attachments

  • 20200509_145052.jpg
    20200509_145052.jpg
    165.9 KB
  • 20200509_145144.jpg
    20200509_145144.jpg
    287.1 KB
  • 20200509_145231.jpg
    20200509_145231.jpg
    311.6 KB
Nie té lank nie en ek is vir 'n ent op die Middelburg - Richmondpad.  Dis nogal lekker oop en stowwerig.  Ek hou mos erg daarvan as ek so in my spieël kyk en daar trek so 'n laaaaaaaaaang stofwolk agter my uit.  :biggrin:  Maar mens kan sien die paaie word omtrent glad nie meer onderhou nie.  Op draaie is daar nogal erge sinkplaat en ek moet wakker wees vir die slaggate in die grondpad wat die fiets se vurk so nou en dan behoorlik laat werk.  Die AT is lekker stabiel en gedra hom soos 'n Boerperd, koersvas.

Julle kan vir julself maar uitwerk watse toneelspel hom in hierdie kiekie afgespeel het.  Daai enkele verdwaalde Croc lê seker 15km van die naaste opstal, dorpe nog baie verder as dit.  Dis waaragtig tussen êrens en nêrens.  Daai man moes hom nugter gestap (of gekruip) het van daar af.  Dis moer ver na enige plek toe.  Veral as jy omval erg gesuip is.

Noodeloos om te sê gister was Vrydag gewees.  :biggrin:
 

Attachments

  • 20200509_145007.jpg
    20200509_145007.jpg
    435.9 KB
Ek sê mos die paaie word omtrent nie meer onderhou nie.  Ek is seker welkom in die Noord-Kaap nou. So much for no inter-provincial travel. Blerrie grap dié hele spul.
 

Attachments

  • 20200509_144935.jpg
    20200509_144935.jpg
    185.3 KB
Alhoewel die veld al na winter lyk is daar orals tekens dat hier goeie reën geval het.  In die leegte lê daar vir die onoplettende fietsruiter 'n verrassing as hy nie wakker is nie.  Daai DCT kies die regte rat en ek volg maar 'n redelike droë bakkiespoor deur die modder.

Waar my plaas is is dit nogal bergagtig en nou dat ek hier op die oop vlaktes kom verlang ek weer na die Wes-Transvaal toe waar mens vandag al môre se donderstorm kan sien aankom.  Dis lekker oop en ek kan vêr om my sien.
 

Attachments

  • 20200509_144900.jpg
    20200509_144900.jpg
    170.1 KB
Om 'n draai en oor 'n spruitjie is daar weer die soeligheid van die populierbos wat lekker koelte maak. Natuurlik is daar die alomteenwoordige hadedas wat op my gil en skree.  Ek stop sommer in die pad vir 'n kiekie, hier loop amper geen voertuie nie.  Mens sien dit nie lekker in die foto nie maar dié deel is erg van die sinkplaat, hy lê op twee draaie en daar waar die mense weer voet innie hoek sit na hulle afgeslêk het maak hulle mos sinkplaat wat mens se stopsels uitskud.
 

Attachments

  • 20200509_144108.jpg
    20200509_144108.jpg
    391.6 KB
Ek kry altyd so 'n verskriklike heimweë en verlange as ek sulke mooi verwaarloosde opstalle teekom.  Ek dink altyd aan die harde werk wat dit geverg het om so iets uit die wildernis op te bou, hier is kinders groot gemaak, 'n bestaan gevoer, brood gebak en 'n harde bestaan uit die grond uit geboer. 

En nou staan dit en stadigaan tot niet gaan. Die drome en hope van die pioniers slegs in die vrek dennebome, sipresbome, tot niet gaande tuin en gehawende omheinings te sien.

Baie hartseer vir my.  Ons volk se geskiedenis is met hartseer en weëmoed gevul. 
 

Attachments

  • 20200509_144149.jpg
    20200509_144149.jpg
    102 KB
Dit raak al laatoggend en nóu raak ek honger.  Ek ry aan opsoek na 'n afgeleë plekkie waar ek kan afsaal en uitspan.  Oor 'n bultjie sien ek 'n windpomp nie ver van die pad af nie. Die tweespoorpadtjie loop deur die boer se kamp so ek hoop maar hy sal nie té moerig met my wees as ek in die ou Climax se skadu gaan teemaak nie.

My vrou het vir my hoendermayo toebies gemaak, my stofie en teegoed is ingepak, ek was sommer spoggerig en my kampstoeltjie ook ingepak.  Ek kon seker vir my 'n tjoppie of 6 ingepak het maar ek het 'n heilige ontsag vir vuur en al dié gras laat my sommer benoud dink aan hoe vinnig 'n veldbrand kan ontstaan. 

So tussen die teemaak en toebies eet moet ek kortkort my stoel skuif dat hy in die skadu bly.  Dit raak nogal lekker warm, 'n gawe 25ºC.

Snaaks, op my eie plaas as my vrou vir ons so 'n veldontbyt pak dan is ek nooit eintlik geheel op my gemak nie.  Ek sien altyd 'n werk wat gedoen moet word as ons so in die veld is.  Kyk na die veld se kondisie, stap rond en kyk heinings, krale en so aan.

Hier, op 'n ander boer se plaas sien ek nie sy lekkende suipkrip en sinkdam raak nie, die windpomp se briek wat skort, die skaapmis in die lekbakke nie.  Dis maar hoe dit is, hy sal seker volgende week kom aandag gee.  Vir my is ek doodtevrede.  Ek hou die veldvoëltjies dop soos hulle om die waterpoel baljaar en gons.  Ek kyk die enkele springkaan wat nog hier en daar ronddwaal, die miskruiers.  Ek het vrede. 

Ek bring seker 2 ure of wat daar deur, sommer met niks besig.
 

Attachments

  • 20200509_144615.jpg
    20200509_144615.jpg
    175 KB
  • 20200509_150058.jpg
    20200509_150058.jpg
    121.7 KB
Te lekker!!!! :thumleft: :drif:


ma het jy jou masker gedra?!! ;) :lol8:
 
Maar een of ander tyd moet ek seker aanstoot.  Ek kies so 'n ompad Middelburg toe waar ek vir oulaas weer kan volgooi.  My brandstofverbruik is 24.88km/l!

Kyk hoe mooi is dié uitsig.  Doer vêr op die gesigseinde lê Steynsburg en Teebus.  Tipiese Karoolandskap. Sjoe die ooptes is darem vir my mooi.  Dit bring 'n bedaring in my.
 

Attachments

  • 20200509_143936.jpg
    20200509_143936.jpg
    124.7 KB
Om 'n draai, in so 'n grondpas, net na 'n lekker spoelsloot kom ek dié storie tee.

Ek hoor sommer hoe loop hy....

"Ai OB, dit was Vrydag, ons, ons almal was banja dors gewees.  Die dorp hy was nog vêr.  Ons het gery en gery.  En toe die kar hy het sommer net omgeval.  Eish.  Ek weet nie hoe hy het dit gedoen nie."
 

Attachments

  • 20200509_143959.jpg
    20200509_143959.jpg
    156.4 KB
ChrisL - DUSTRIDERS said:
Te lekker!!!! :thumleft: :drif:


ma het jy jou masker gedra?!! ;) :lol8:

Ek wou niemand roof nie so het hom maar by die huis gelos Chris.  :lol8:
 
Dorsland said:
Ek kry altyd so 'n verskriklike heimweë en verlange as ek sulke mooi verwaarloosde opstalle teekom.  Ek dink altyd aan die harde werk wat dit geverg het om so iets uit die wildernis op te bou, hier is kinders groot gemaak, 'n bestaan gevoer, brood gebak en 'n harde bestaan uit die grond uit geboer. 

En nou staan dit en stadigaan tot niet gaan. Die drome en hope van die pioniers slegs in die vrek dennebome en gehawende omheinings te sien.

Baie hartseer vir my.  Ons volk se geskiedenis is met hartseer en weëmoed gevul.

Presies my gedagtes as ek die verlate opstalle so op die ver vlaktes kry. Hartseer en waar is die mense nou. Sit hul dalk oorsee aan die anderkant van die aardbol, leef hul dalk hul laaste jare alleen in n ouetehuis uit en kan van hulle nog onthou die menswees en lewe by die verlate opstal. :'(
 
Daar is so 'n deel omtrent 20km buite Middelburg, so 'n moerse groot grasgelykte wat my altyd baie aan Suidwes herinner.  Ek sê "altyd" maar ek kom nie dikwels hier nie.  Aangesien my Suidwes rit blyk nog in die wasemrige toekoms te lê, het ek maar gestop en 'n kiekie geneem.  Dis my Oos-Kaap Suidwes.  :biggrin:
 

Attachments

  • 20200509_144424.jpg
    20200509_144424.jpg
    149.5 KB
Nou ja, ek maak geen verskoning dat daar so baie kiekies van die AT is nie.  So 'n vuurperd mag mos tentoongestel word of hoe?  :biggrin:  En ek was nogal verbaas gewees oor hoe ongeskik hy op daai Lootsbergpas se draaie kan raak.  :lol8:

Vir oulaas, nog een......
 

Attachments

  • 20200509_143823.jpg
    20200509_143823.jpg
    153.6 KB
Top