Wat doen n mens? Kort RR, baie fotos.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Bliknêrs

Race Dog
Joined
Oct 7, 2008
Messages
3,914
Reaction score
1,018
Location
Swellendam
Bike
Honda XR650L
Wat maak n mens as jou dogter op moedverloor se vlakte is met haar finale jaar eksamens, jou vrou in die ICU n draai gaan maak - per helikopter nogal - sonder dat iemand weet wat fout was en jou seun die kar afskryf? En sommer dadelik die nuwe een ook stamp!? Is aanranding geregverdig? Natuurlik nie.
Maar dalk het jy bietjie tyd van alles af nodig. Bietjie wegkom lyk na die antwoord.
So vat ek Vrydag af en val 16 Junie jeugdag in die pad. 4 dae om bietjie weg te kom. Net buite Montagu in die Koo draai ek amper om. Die berge lê wit van die sneeu. Dis vrek koud! Ek moet hard met myself praat. Elke keer as ek beweeg of verskuif kry die yskoue wind n ander plek om in te waai.
CEDB9E25-E120-4285-978B-3D79267F39B3.jpeg
 
Last edited:
Top