Staffie en die missus naweek

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Staffie

Race Dog
Joined
Apr 3, 2008
Messages
647
Reaction score
263
Location
by the /\/¯¯¯¯\/\ @ the 'C'
Bike
BMW F800GSA
Dag 1.

Durbanville - Paarl - du Toitskloof Pass - Worcester - Robertson - Ashton - Montague - Barrydale - Ronnies Sex Shop - Barrydale - Swellendam - Tredoux pas - Bredasdorp - L'Agulhas

Laat middag weg gespring vanuit Durbanville rigting Paarl. Besluit om alternatiewe roete te ry. Gestop bo op du Toitskloof Pas en die uitsig bekyk. Met so paar Para-Gliders gepraat en toe verder gery.
IMG_5343.JPGIMG_5360.JPG
Gou roomys ge-eet by die Pampoen padstal net buite Worcester. As ek dit reg verstaan het Adriana se oupa in hierdie huis wat vandag 'n padstal is, grootgeword.
IMG_5364.JPGIMG_5369.JPGIMG_5367.JPGIMG_5372.JPG
By Robertson gestop en 'n vriendin, Petro Uren van die Herberg Kinderhuis, raak geloop en bietjie gesêls. Van daar na Ashton, Montaque en toe Barrydale. By oom Ronnie aangegaan van Ronnies Sex Shop op R62. Meer as 20 jaar later wat ek laas hier was en meeste lyk nog presies dieselfde. Oom Ronnie het oud geword, daar is baie meer memorabilia teen die dak en mure maar vir die res is Ronnies, nog Ronnies.
IMG_5373.JPG
Terug deur Barrydale. So bietjie wind maar anders mooi weer. Deur Tredoux pas wat oor geteer is en BAIE mooi is. Sorry voëltjie wat gesneuwel het tussen Swellendam en Bredasdorp maar dankie BMW vir hand guards!
Lekker ribs by Spur in Bredasdorp - omtrent al wat oop is in loadshedding en toe weer gery.

So 20:30 by High Level Self Catering L'Agulhas aan gekom.
IMG_5381.jpg

5797D63B-F130-4088-B5AE-3639631E06A7.JPG
455km dag 1.

----####----

Day 2 - L'Agulhas - Southern Tip of Africa - L'Agulhas lighuis - Waenhuiskrans - Aniston - L'Agulhas

Vroeg oggend begin en na die southern tip of Africa monument gegaan waar die kompas 180° wys. Was ook omtrent 15 jaar laas hier en daar is nou 'n mooi monument gebou. Lyk baie beter! Ongelukkig kon ons nie die lyn sien waar die twee oseane ontmoed nie maar dink ook meer en deels omdat ons nie ver genoeg af gery het met die grondpad nie. Ek is nog te bang vir sand, met pillion op onbekende pad...
Die pad na die lughuis ingang is onder konstruksie so ons moes onder stop en op stap lughuis toe. Aanvanklik gedink dit is gesluit weens konstruksie en net op die bankie gaan sit en asem skep na al die trappe klim met gear in hand. Na so 20min daag die ontvangs dame toe op en ons kon in gaan. Daar is fotos van amper elke lughuis in die wêreld en baie ander memorabilia. Ons het die 71 styl trappies op geklim tot HEEL BO. Pragtige uitsig en donker wolke... Weer die trappies versigtig af.
IMG_5382.JPGIMG_5407.jpgIMG_5385.jpgIMG_5411.jpgIMG_5415.jpgIMG_5420.jpgIMG_5430.jpgIMG_5440.jpgIMG_5437.jpgIMG_5444.jpgIMG_5443.jpgIMG_5446.jpgIMG_5447.jpgIMG_5454.jpg
Van daar na Struisbaai hawe waar ons die stingrays bewonder het. Seker so 7 gesien maar daar is glo baie meer. REUSE en so mak. Hulle swem tot teen die strand sodat die kinders aan hulle kan raak en draai dan weer dieper. Een visserman gesê hulle wag op die bote om in te kom en kry dan "scraps" van die bote af. Wat 'n belewenis! Brunch by die restuarant in die hawe. Daar het ons twee ander bikers gesien met 'n Triumph Tiger gesien. Man en vrou.
IMG_5460.jpgIMG_5467.jpgIMG_5469.jpgIMG_5463.jpgIMG_5466.jpg
Ons het toe besluit om Arniston toe te ry en Waenhuiskrans grot te besoek. Ek was laas op skool hier! Ongelukkig was dit hoog water en na die 1km+ se loop in sand met boots en gear, was ons moeg en teleurgesteld maar die beeldskone natuur en helder blou see het dit toe die moeite werd gemaak. Toe weer terug op die sand tot by die bike. Note to self - moenie met boots op los sand meer as 500m loop nie. Toe weer die twee op die Tiger gesien en aan die gesêls geraak. Man sê toe dat die grondpad tussen L'Agalhas en Arniston eintlik baie mooi is en korter terug L'Agalhas toe maar met pillion is ek nog nie reg om so iets aan te pak nie en het toe maar weer Bredasdorp om gery.
IMG_5477.jpgIMG_5480.jpg
Terug by die High Level Self Catering waar ons gebly het en bietjie gaan lê. Liggies gereën. Later besluit ons gaan iets eet en drink by die hawe. Daar het die weer - weer bietjie onweer geraak en die kelner sê toe daar is 'n "Level 6 storm warning" uitgereik! Hoe nou? Dis donker, reën en ons het maklik 300km huis toe op die roete wat ons wou ry. Besluit toe om my neef, wat 'n ervare loots is te bel vir sy raad. Hy sê ook erg storm oppad en ons moet versigtig wees. Weer YR.no geraadpleeg en besluit dat ons maar gaan VROEG opstaan Sondag oggend en reguit deur skiet huis toe en die plan van kuslangs deur Gansbaai en Hermanus mis vir die keer. Jammer maar eerder bang Jan as dooie Jan. Ek wou nie kanse vat met 'n pillion, in die reën, wind en donker op 'n bike wat ek nog nie 100% ken nie... Ons het toe maar die bike gepak en alles reg gekry sodat ons net kan klim en ry... Daar sak die water neer asof die hemele oop gegaan het en dis donderweer en blitse. Nou stress ek eers...
cd9d65d2-b663-4b96-8ce5-bdbc982ea05e.JPGIMG_5338.PNGeffb0627-6085-4650-8a06-782cacd97e78.JPG

128km dag 2

----####----

Dag 3 - L'Agulhas - Bredasdorp - Caledon - Sir Lowrys - huis

04h45 opgestaan en die bike saggies opdraand gestoot tot in die pad sodat ons nie die ander inwoners van High Level Self Catering wakker raas met die Leo Vince 5 uur in die oggend nie. Oppad na Bredasdorp. Net so buite Struisbaai sien ek 'n wit bakkie met CL registrasie nbommer en een agter lig wat dood is. So rukkie agter hom gery en toe verby gegaan seker so 20km voor Bredasdorp. Die pad is donker, daar is weerlig en donderstorms agter ons wat ons inhaal en die spotlights op die bike is nie veel werd nie. By Bredasdorp vol gemaak en die druppels voel val. Dadelik in die pad geval rigting Caledon. Die pad is donker en nog nat van die vorige naag se reën maar ons ploeter aan.
Stop by Caledon vir koffie. Die reën is heel tyd agter ons. Die bakkie wat ek verby gesteek het voor Bredasdorp stop toe daar en die bestuurder vra toe of ek ook die Kudu gesien het? Kudu? Klaarblyklik was daar een langs die pad so 10km voor Bredasdorp en het toe hy amper by haar is, het sy oor die pad gespring. "So vinnig gebeur ek kon nie eers briek trap nie - die volgende oombvlik was sy reg voor my en ek het haar net-net gemis" was sy woorde.
Net genade!
Toe begin die water in alle erns af kom, erg. Die storm wat ons voor uit gery het - het opgevang met ons. Koffie word af gesluk en ons val in die reën in die pad. Gelukkig net na die Geyton afrit lyk dit asof ons weer die reën agter ons kan hê en ek maak toe maar oop sodat ons by die huis kan kom. Alles goed tot by Houwhoek padstal waar ons weer so paar ruk winde kry maar dis darem net vir 'n rukkie.
Toe ons Sir Lowry's pas slaan is dit baie baie mistig. Soveel so dat ek nie meer as 30m voor my kon sien nie. Gelukkig het die oranje hooflig die aankomende verkeer laat sien ons is daar. Bo oor die pas en toe ons sak by Gordons baai is dit weer helder en ek kan sien. Pad steeds nat maar ons maak goed vordering.
Net buite strand besluit ons om in plaas van N2/R300 te ry en die risiko van diere en mense ens. op die N2 in die nat weer aan te durf nie maar dat ons liewers agter om deur Kuilsrivier op die alternatiewe roete te ry. Was 'n goeie besluit ten spytre van die reën wat toe weer af kom. Ons het so bietjie nat geword tot by die R300 oprit en toe was dit net 'n paar km tot by die huis. 08h30 by die huis gestop. 3.5 ure later en in een (half nat) toestand maar gelukkig en veilig terug.

229km dag 3
IMG_5484.JPG
----####----

Wat 'n belewenis.

Totaal 813km later, in een stuk met baie stories en die GS wat haar baie mooi gedra het!
 
Top