Lazarus Asteron CT1220

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Oct 4, 2006
Messages
431
Reaction score
373
Location
Somerset Wes
Bike
BMW R1150GS Adventure
Maandag toe ek met die GrysKameel wou ry was die battery morsdood.
Groot skrik, want die battery is maar 8 maande oud.
Ek het dadelik die Optimate 3+ ingeprop om te laai --- maar Optimate sien nie eers die battery nie.
Multimeter wys dat die battery staan op 0.74Volt !
Die Optimate kan net werk vanaf minimum 2V :cautious:
Duidelik het iets die battery laat paploop oor die naweek.
Dalk is die battery daarmee heen :cry:
Ek is seker dit is die ligte.
Ek het die gewoonte om altyd die mfiets se stuur te sluit, maar mens moet onthou om die sleutel een klik terug te draai sodat die ligte afgeskakel is.
Ek dink ek het vergeet om daardie klik-terug te doen.
Die battery het vier dae tyd gehad om totaal pap te loop.

Ek het toe die Asteron met 'n 12V alarm battery ge-jump, net om darem ietwat van lewe in hom te probeer kry.
'n Uur later was die battery darem 5V en het ek die Optimate weer probeer --- sukses!
Die Optimate sien die battery en begin laai, maar 'n multimeter wys 9V op die battery.
Ses ure later 10.9V. Ek het begin dink die battery is moeg. Dalk van sy selle verloor.
Op twaalf ure se laai was die spanning 11.8V.
Ek stel die horlosie en ek probeer die enjin swaai. Net een hik en horlosie is dood. Batteryspanning af na 9.8V.
Toe los ek die Optimate en hoop vir die beste...

Op 24uur se laai staan die battery op 12.5V en ek kry die enjin aangeskakel! Battery is gered!!

View attachment 20240724_125719.mp4

Vanoggend, ná 'n totaal van byna 60 uur op die Optimate, wys die battery 13.1V en ek kan weer ry!
20240725_084328.jpg
Lazarus Asteron lewe weer!

Hierdie laaier is nou meer as 10 jaar oud.
Dit is een van die beste en nuttigste dinge wat ek ooit gekoop het.
Ek het al 'n paar mfiets batterye gehad wat teoreties moeg was, reggekry en vir baie maande verder daarmee gery.
Die lewe van vele alarm batterye en selfs 'n motor battery het ek verleng met hierdie klein Optimate
 

Latest posts

Top