Search results

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
  1. Karoo Rider

    Where has your bike taken you today?

    Pa & seun Sondagoggend trippie. Altyd spesiaal.
  2. Karoo Rider

    Wolvekraal wegbreek

    Wow - klein wêreld hier op Wilddogs! Ek het die huis gesien ja. Dankie vir die uitnodiging, sal beslis volgende keer kom dagsê. (y)
  3. Karoo Rider

    Wolvekraal wegbreek

    En so kom hierdie wonderlike paar dae ook tot 'n einde. By Koup gekom het ek die 40km hoofpad maar weg gekners tussen die trokke deur tot in Laingsburg, vanwaar ek vir oulaas so bietjie grondpad kon ry Anysberg om oppad terug huis (Ladismith) toe. Tot volgende keer, fluit-fluit, my storie is uit.
  4. Karoo Rider

    Wolvekraal wegbreek

    Ek het die twee knape op 'n afstand met my kamera afgeneem. Toe ek nader ry is daar nog een, drie in totaal seker skaars 20m van my af, en hulle sukkel toe om deur die draadheining te kom - inderdaad jakkals proof!
  5. Karoo Rider

    Wolvekraal wegbreek

    Ek stop oudergewoonte by die kerk. Neem 'n foto. Uniek en besonders. Weergaloos. Die dorpie is doodstil en ek soek op my foon vir 'n koffiewinkel. Die Boekklub is glo nou oop adviseer Google my. Het al baie van die plek gehoor, so kom ons gaan kyk. Die dame daar is vriendelik en...
  6. Karoo Rider

    Wolvekraal wegbreek

    Vandag is dit huis toe. Sou graag nog langer wou bly maar ja, elke ding het sy tyd. Dis wel nie nodig om seker die kortste roete huis toe te volg nie, en ek kry die idee van ontbyt in Merweville. Dis immers net so 80km hiervandaan en een van my gunsteling dorpies. Ek gaan groet en gee my...
  7. Karoo Rider

    Wolvekraal wegbreek

    Ek steek weer vuur aan. Dis 'n pragtige, windstil aand maar ek kan voel die koue kruip nader en loer al om die hoek na wanneer die son dan nou sak. Alhoewel die gasvrou blykbaar die kleinste braaipak vir my uitgesoek het, het ek steeds die helfde oor wat ek vanaand gaan braai. Saggies sit ek...
  8. Karoo Rider

    Wolvekraal wegbreek

    Johan mens weet nooit wanneer daar 'n bus met 'n Deense netbal toerspan stilhou nie... ;)
  9. Karoo Rider

    Wolvekraal wegbreek

    Chris ek is redelik seker dis 'n bakoor-jakkals sin. Het een daar naby sien wegdraf en die volgende dag het ek 3 langs die pad gekry. Slagtande, en die oë sit voor (nie teen die kant nie) m.a.w. dis iets wat jag.
  10. Karoo Rider

    Wolvekraal wegbreek

    Terug van my oggendwandeling kry ek die idee om die Weltevrede oftewel "vyeplaaspad" te gaan ry. Ek en ChrisL het al die ander pad wat afloop Gamkapoortdam toe gery maar hierdie een loop meer suid, al teen die noordelike voetheuwels van die Groot Swartberge af. Vreemd dat hul water basies 'n...
  11. Karoo Rider

    Wolvekraal wegbreek

    Korrek ja - dit klink beslis hoog Hollands. Ek sien ook ek het dit verkeerdelik as Kweekfontein gehad, moet Kweekvallei wees - dankie!
  12. Karoo Rider

    Wolvekraal wegbreek

  13. Karoo Rider

    Wolvekraal wegbreek

    Wolvefontein se kampplek. Lekker eenkant en alles netjies. Ek het klaar vir ChrisL geskimp vir 'n kamp eendag na vore hier...:D
  14. Karoo Rider

    Wolvekraal wegbreek

  15. Karoo Rider

    Wolvekraal wegbreek

    Die volgende oggend is ek vroeg op en gaan stap 'n ent in die veld. Hier iewers is ook 'n kampplek wat ek sommer wil gaan kyk hoe dit lyk. In elk geval kan ek myself ure besig hou deur te loop en na klippe te kyk in die veld.
  16. Karoo Rider

    Wolvekraal wegbreek

    Daai wat jy so wegstap en eers terugkyk na jou bike... Ai ek is erg oor die yster. Sit nooit 'n voet verkeerd nie en soos iemand eenkeer genoem het, "It's such an easy bike to ride". Inderdaad so en pas my rystyl perfek.
  17. Karoo Rider

    Wolvekraal wegbreek

    Besondere afsluiting na die dag.
  18. Karoo Rider

    Wolvekraal wegbreek

    Ek word vriendelik ontvang, gesels 'n paar woorde en ry die entjie weg tot by die huisie wat ek bepreek het. Alles is pynlik netjies en ek begin rustig afpak en myself tuis maak. Laatmiddag stap ek terug en gaan kry die braaipak wat ek vooraf bestel het. Heerlike Karoo-vleis, wors en 'n...
  19. Karoo Rider

    Wolvekraal wegbreek

    Ek ry Klaarstroom deur met die idee van middagete by die hotel, maar op die oog af lyk dit toe en ek skuif aan. Die reënbuie kom en gaan maar pla nie te veel nie. Op die Kredouwpas stop ek vlugtig vir 'n foto van die mooie vallei. Kort voor lank bereik ek die dorpie Kweekvallei, of soos hy...
  20. Karoo Rider

    Wolvekraal wegbreek

    Dankie Dorsland, ja die spelling is vir my ook vreemd, maar dis inderdaad Wolvekraal. Moontlik 'n ou Hollandse weergawe?
Top