Search results

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
  1. Amos

    Langebaan Ladismith blitsretoer

    Ek trek kleinkoppie en ry om die plas, deur die veld en harde Karoo bossies, self nie te maklik nie, maar die ligte fiets maak dit doenbaar op my vaardigheidsvlak. Na vele hekke en plasse bereik ek die “grootpad” tussen Matjiesfontein en Karoopoort, ook bekend as die Patatsrivierpad. Hoewel...
  2. Amos

    Langebaan Ladismith blitsretoer

    By hierdie een steek ek eers vas om ondersoek in te stel. As ek op hierdie pad gestrand raak word ek seker eers oor ‘n week gehelp. Sommer met die naderstap leer ek die dag se les: ‘n Karoo grondpad het dikwels ‘n lekker gladde lagie klei op die bodem, wat jou nie veel pla in ‘n kar nie, maar...
  3. Amos

    Langebaan Ladismith blitsretoer

    Die reën van Vrydagaand wys homself hier in plasse wat al meer uitdagend raak.
  4. Amos

    Langebaan Ladismith blitsretoer

    Op Laingsburg gooi ek petrol in en trek uit. Ek was verniet besorg oor die brandstof, die rooi merrie het ‘n verstommende 37 km/l behaal sedert Robertson. Die gunstige wind en stadige spoed moes baie gehelp het. Nog ‘n beginsel van my manier op die wapad is ek ry op ‘n papierkaart. Ja, die GPS...
  5. Amos

    Langebaan Ladismith blitsretoer

    Voor die Vleiland Laingsburg T-aansluiting gaan ek deur ‘n mooi klofie wat tekens van goeie reën wys. ‘n Voorsmakie van dinge wat sou kom.
  6. Amos

    Langebaan Ladismith blitsretoer

    Op ‘n pragtige afgeleë hoë plato vat ek ‘n breek.
  7. Amos

    Langebaan Ladismith blitsretoer

    Klein Swartbergpas volg. Ek het nooit geweet die ikoon het ‘n kleiner boetie nie. Nie naastenby so imposant soos ouboet nie, maar tog. My eerste keer oor groot Swartbergpas was saam met pa op die R80/7 in 1992.
  8. Amos

    Langebaan Ladismith blitsretoer

    Sondagmôre 8 uur val ek in die pad nadat ek soos ‘n dooie geslaap het. Ek het beplan om vol te maak op Ladismith maar is nie lus om dorp toe te ry nie en besluit om ‘n kans te vat. Natuurlik mag ek nie dieselfde roete terug ry nie en ek mik vir Laingsburg. ‘n Paar heuwels op en af en dan kry...
  9. Amos

    Langebaan Ladismith blitsretoer

    Van hier af bly die pad tussen landerytjies en berge tot by die T-aansluiting na Ladismith of Laingsburg. Ek stop 4 uur by die kampterrein. Hierdie dag in die saal sal moeilik geklop word.
  10. Amos

    Langebaan Ladismith blitsretoer

    Vanaf die plato val die pad weg in ‘n diep vallei, uitgespoel deur afloopwater vanaf Anysberg. Onder in die vallei lê die pragtige plaas Sewefontein. Hier vat ek weer ‘n lang breek vir verversings.
  11. Amos

    Langebaan Ladismith blitsretoer

    Ek nader ‘n losstaande berg en besef dit moet Anysberg wees.
  12. Amos

    Langebaan Ladismith blitsretoer

    ‘n Jaggeselskap op ‘n bakkie, so hoort dit op ‘n Saterdagmiddag. Geen ander verkeer en ‘n fris wind in my blaaie. Salig.
  13. Amos

    Langebaan Ladismith blitsretoer

    Geleidelik klim ons totdat ons skerp na links draai, oor ‘n driffie gaan en dan die pas vat. Rustig teen lae toere klim ons tot bo. Ons is 1000m bo seespieël en hier bo lyk dinge heel anders; droër, meer uitgestrek, op ‘n plato.
  14. Amos

    Langebaan Ladismith blitsretoer

    Die pad kronkel deur die Langeberge se voetheuwels en daar is ‘n verassing om elke draai.
  15. Amos

    Langebaan Ladismith blitsretoer

    By Robertson gooi ek petrol in en trek van my klere uit. Ek is nog onbekwaam met die klere, hoeveel jy moet aanhê of uittrek en wanneer. Jaag Ashton toe (op rooi merrie standaarde) met die besige teerpad. Gelukkig is daar padwerke in Kogmanskloof en niemand kan jaag nie. Net na Montagu verlaat...
  16. Amos

    Langebaan Ladismith blitsretoer

    Die grondpad oor die berg is lieflik. So ‘n afgeleë stukkie Karoo hier by die Breëriviervallei. Nie een voertuig gekry nie. Dit terwyl die Worcester Robertson pad altyd so druk is.
  17. Amos

    Langebaan Ladismith blitsretoer

    Drie kanovaarders kom verby. Hulle het spesiaal kom roei na die swaar reën. Dit lyk lekker, sê ek. Wat jy doen ook, se die eerste een. Blyk te wees hy ry ook motorfiets en ek roei ook. Hy reken die groot water is nog op pad.
  18. Amos

    Langebaan Ladismith blitsretoer

    Anderkant af loop die Molenaarsrivier oor sy walle. Hierdie water moet mos nog Breërivier toe, so ek berei my voor op ‘n oorstroomde laagwaterbrug naby Aan de Doorns. Ek wil ‘n grondpad deur die Ouhangsberge neem Robertson toe. Net voor die rivier begin die grondpad. Daarshy nou! Ek is verbaas...
  19. Amos

    Langebaan Ladismith blitsretoer

    Ek neem die smal en stille weg na Malmesbury via Darling. Dan weer op die breë besige weg na die Paarl. Ek probeer kilometers in die bank kry vir meer tyd op die grondpaaie. In reënerige weer tel ek die pad op na Dutoitskloof. Die rooi merrie sal ek nooit deur die Hugenote tonnel probeer vat...
  20. Amos

    Langebaan Ladismith blitsretoer

    In die jare verloop het ek ‘n paar trapfietstoere gedoen en uitgepluis wat werk vir my. My swerfrooster is op ‘n paar beginsels gebasseer. Eerstens, maksimum grondpad - voor die hand liggend vir lesers van hierdie kletswerf. Tweedens, as dit moet teerpad, die stilste een. Derdens, ek gaan dorp...
Top