Dankie Kobus. Ja, ek kan nou voel hoe voel jy. Die fiets is verkoop, wag net op betaling. Soms is die regte ding om te doen, nie altyd die maklike ding nie. Maar so ken ons die lewe al. Vir nou staan hy nog hier in die waenhuis en kan ek so elke dan en wan hom nog beloer. Môre is weer nog 'n dag.