1150 ABS reset

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Oct 4, 2006
Messages
381
Reaction score
257
Location
Somerset Wes
Bike
BMW R1150GS Adventure
My 1150GS se ABS het 'n paar dae gelede opgehou werk.
Netsoos my vorige 1150GS se ABS een dag opgehou werk het..... en ek vir 'n baie lang tyd sonder werkende ABS gery het.
(dit is mos "normaal" dat die ou 1150 se ABS ophou werk en dan word dit uitgehaal.

Maar 'n snaakse ding het daardie tyd gebeur met die vorige GS --- 'n jaar voor ek hom verkoop het, het die ABS skielik na 'n diens  weer perfek gewerk.
Okey, ek was baie bly en het dit maar so aanvaar.

Vanoggend het ek op 'n oorsese Forum gesien mens kan die ABS "reset".
Eenvoudige proses.
Ek het dit op my "stukkende" ABS probeer en daar werk die ABS weer perfek.

Nou dink ek by myself . . .  my vorige GS het ek baie lank gery met ABS wat nie gewerk het nie en ek het aanvaar dit is kaput, onherstelbaar.
Vandag besef ek dat ek al daardie jare gery het sonder ABS, en ek het nie geweet van die ABS "reset" nie.
Dalk het die ABS net 'n "reset" nodig gehad    ???

Nou, na' 16 jaar met 'n 1150, vind ek dit noueers uit!!
Skaamte!
:-[
 
Top