Angola,2011-Wilde weste op sy beste!Fluit-fluit, storie is uit!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Pleco said:
800 USD vir backup in Angola!  :deal:

(Seker darem goedkoper as n backup voertuig vir die hele trip al die pad van Slaapstad af en terug!)

Lekker trippie.

Die moeilikheid is wat dit lekker maak wanneer jy die storie weer later by die kaggelvuur oorvertel.  :biggrin:

Jy vergeet die maklike stukke gou gou!

Recovery..1600 US $ mater...
 
Nardus said:
Daarshy, da kommit nou !!! Synde dat ek my grootste angste in my lewe by dieselfde akker beleef het, kan ek bietjie verstaan wat daar in julle se koppe moes aangaan het. Soveel so dat ek skoon 'n los magie ontwikkel het terwyl ek hier lees. Respek ouens - kannie wag vir die res nie - Thanks
Nardus, nadat ek julle report gelees het was dit al waarheen my volg trip sou wees, hats off vir julle manne en veral die ouens met die 650's, ek't gedink julle timing was net k@k, lyk my ons s'n was self nie waffers nie, maar 'n moerse belewenis, jy sal weet waarvan ons prt.. :thumleft:
 
weskus said:
Pleco said:
800 USD vir backup in Angola!  :deal:

(Seker darem goedkoper as n backup voertuig vir die hele trip al die pad van Slaapstad af en terug!)

Lekker trippie.

Die moeilikheid is wat dit lekker maak wanneer jy die storie weer later by die kaggelvuur oorvertel.  :biggrin:

Jy vergeet die maklike stukke gou gou!

Recovery..1600 US $ mater...

Nog steeds goedkoper as n 4x4 al die pad van die kaap af saam. Maar ok net!  :eek7:
 
Bob  en Legadema se  laaste stuk in die Akker het so gebeur:

Die water het al hoer begin raak, en het  die water my uit die harde gedeelte van die strand uit gestoot na die duine . Ek moes egter oor n DIEP 4x4 spoor gaan en die sagte sand het my spoed gebreek, en het so n ligte “afkom” (van die bike af) gehad. n Paar oomblikke later het Weskus verby gekom, (sy gesig vol stres en sweet) en so 100meter verder gestop om my te help. Ek het egter die bike opgetel gekry (Het nog so 4 liter petrol in die jerry kanne gehad) en in die 4x4 spoor geklim om momentum te kry…Ek was weer op spoed. By Weskus gekom wys hy, hy is olraait, ek moet Gooi ! Teen daai tyd was die mis baie dik gewees, en sig was so 30meter ver. Ek kon ook nie sit en ry om in my tru spieel te sien of hy kom nie, en het geweet ek en Legadema (KTM 990) moet nou alles gee…Soos Metaljockey se report se:
IF YOU GET STUCK HERE , YOU WILL GET FUCK HERE
Die laaste wat ek kon onthou het die GPS gesê dis nog 16,8km om uit die akker te kom. Weet nie hoe hoog my spoed was nie, maar die revs het so tussen 7,500 en 9,000 geloop. Die gears was 2de en 3de. Ek moes reg teen die duin ry, en in hierdie gedeelte is die reg af breek van die duin  seker maklik tussen n meter en twee meter hoog en die sand baie, baie sag.  Die baie bekende klip het ook nog voorgelê, en toe ek dit nader was die water te hoog om, om te ry. Ek moes spoed verminder sodat die water kon terug trek, maar te min spoed het net een ding beteken in dik sand...jy fok neer. Maar ek is deur met baie genade. Ek was FUCKTUP gestress, maar geweet. Los ek nou, is ek in my moer.  Wat soos n ewigheid gevoel het, het ek skielik besef ek is UIT !!! . Het reg  op die naaste duin af gejaag tot waar geen momentum meer was nie...en die Here gedank ek is deur.  Dis was egter maar die begin van my doodsakker gebede, want ek wag..., en ek wag... en ek wag...maar Weskus kom nie uit nie.
Besluit toe om die nag met laagwater terug te ry en Dewald te gaan soek...Besluit  toe weer dis n kak besluit...Weet regtig nie wat om te doen nie. Besluit toe om te stap...Besluit toe dis nou eers n kak idee.
Besluit toe om die volgende more met laagwater te ry, en die doen ek toe. Die res is geskiedenis, maar my gebede van dankbaarheid was groot toe ek  my maat kry, en die ander twee wat by hom was.

Die foto is waar ek Weskus die laaste keer gesien het...Jy kan sien die water is besig om ons vas te begin druk teen die duine
 

Attachments

  • IMG_0278 [800x600].jpg
    IMG_0278 [800x600].jpg
    39.2 KB
Shit ,this is awesome,thank God you guys were ok,this is adventure riding at its best :thumleft:
MORE PLEASE :peepwall:
 
Manne Manne Manne.....ek kry sommer n knop in my keel.....ek persoonlik dink julle kon nie n beter groep bymekaar gewees het nie. BLIKSEM ek is jaloers
 
weskus said:
Nardus said:
Synde dat ek my grootste angste in my lewe by dieselfde akker beleef het, kan ek bietjie verstaan wat daar in julle se koppe moes aangaan het.
... ek't gedink julle timing was net k@k, lyk my ons s'n was self nie waffers nie, maar 'n moerse belewenis, jy sal weet waarvan ons prt.. :thumleft:

Jip...daardie stukkie speel met jou kop, maar die ry is uitstekend.

Jou timing kan hoe goed wees, maar as jy tyd verloor daar teen die Langewand...soos hulle se, die "window of opportunity" is klein, en jy moet gooi.

Jiire Weskus...hoe lus raak ek nou vir ry... :deal:
 
Beserker said:
weskus said:
Nardus said:
Synde dat ek my grootste angste in my lewe by dieselfde akker beleef het, kan ek bietjie verstaan wat daar in julle se koppe moes aangaan het.
... ek't gedink julle timing was net k@k, lyk my ons s'n was self nie waffers nie, maar 'n moerse belewenis, jy sal weet waarvan ons prt.. :thumleft:

Jip...daardie stukkie speel met jou kop, maar die ry is uitstekend.

Jou timing kan hoe goed wees, maar as jy tyd verloor daar teen die Langewand...soos hulle se, die "window of opportunity" is klein, en jy moet gooi.

Jiire Weskus...hoe lus raak ek nou vir ry... :deal:
Baie waar, as jy daar wegtrek moet jy jou hoed hou-vas soos 'n maat van my altyd sê...dit was ons fout...ek wil baie graag sê ek't onafgehandelde besigheid daar maar los dit maar eers, ek't maar effe na pis geruik dink ek..
 
Fokkit, ek wil ook maar beaam. Julle maak mens moerse lus vir so 'n trippie, ek dink ek moet maar die kalender begin bestudeer.
 
:thumleft:  :thumleft:  :thumleft:  :thumleft:  :thumleft:

mis, sand en gebede...klink soos D-day
 
Die volgende ogg staan en drink ons nog so lekker 'n koffie'tjie toe kom die Bok-ooi en Staaldraad se piesang agter op die wa die werf in..ons was rustig en die volgende 2 dae 3 nagte by Flamingo deurgebring..
100_2348.jpg

My voete was k@kseer, 1ste keer in my lewe het ek een-of ander vorm van vuilbal voete..
IMG_3048.jpg

Bob gee my medisyne na my koffie..
IMG_3050.jpg

IMG_3050.jpg

Ons het fietse begin aflaai en skoongemaak, maar alles op sy tyd, lekker tussendeur gekuier en so planne beraam..
100_2336.jpg

100_2346.jpg

100_2342.jpg

Skoonste wat ek nog hierdie fiets gesien het...
100_2347.jpg

Besigheid het maar rof gelyk met die aflaai slag, sorgvuldig uitmekaar gehaal en die besigheid bestudeer...
100_2349.jpg

100_2344.jpg

100_2343.jpg

Staaldraad het ook bietjie mechanic..
IMG_3065.jpg

IMG_3088.jpg

Bob doen washing...hy's goed daarmee, moenie probeer 'n onderbroek daar tussen sy goed insmokkel nie, hy bietjie sensitief vir dit...
IMG_3045.jpg

IMG_3043.jpg

Dan weer my beurt...
IMG_0547.jpg

IMG_3067.jpg

100_2352.jpg

Nico het bietjie opgevolg of alles regloop by die huis...
100_2354.jpg

En so het ons maar vakansie gehou..
IMG_0558.jpg






































 
Lyk da vi my daai agter sprocket se boude was nie lekker vas gewees nie.....het jy n nuwe stel sprocket en kettang opgesit voor jy hier weg is? jy leer ook nie uit Bob se foute nie !  :peepwall:
 
Hierdie gewag elke keer vir die volgende post maak my op!
 
Frannarossi said:
Hierdie gewag elke keer vir die volgende post maak my op!

Amen broeder !!! 

Ek wens die m an wil nou skryf dat ek kan lees.

Ek kan nie wag vir elke volgende aflewering nie.
 
If I remember correctly, there was recall on those 800 sprockets.
Lots of them broke the bolts
 
Top