....2hr die nag hoor ek 'n dik stem, manne, manne..kom ons skuif bietjie hierdie fietse.. dis Nico, nou's ek regtig al gatvol, maar ons vat maar weer die straps en skuif..die see belowe ons nou mooi, ek't klaar vrede gemaak dat hy ons goed gaan vat vannag, ten minste het ek nou stap-maats bygekry..die volgende ogg..
Ek sal moet kies wat los ek en wat vat ek saam..
My maat maak kos, ek't julle mos vertel hy nogal erg oor dit nê :laughing4:
Ek kry maar weer bietjie die tyd om..
Dis veronderstel om so rondom 11hr laagwater te wees, ek bel weer vir Zé, hy sê ek moet kalm bly, hy wag vir sy bakkie dan kom hy, nou start die 400 ook nie meer nie, ons mechanic, nuwe plug, siliconspray die nat goedjies, jump toe die battery begin kerm, die bok-ooi het nuwe battery in, ons charge alles vandaar..
Ons wag in spanning vir laagwater...maar wag, ek sien 'n bike, my fok dis Bob, hy's f@kken vêr maar die headlight protector gee hom weg, dankie bliksem, hy't dit gemaak en sy bike loop..Hy kom val letterlik op 'n akrobatiese manier, vlieg op sit die bike af en met handjies voor die mond dank daai man die liewe vader, nou's dit die 2de keer wat ek 'n traan in my maat se oë sien(ander was mos toe die wyn opgeraak het).. Ons is verlig, en besluit ek gaan saam met hom uitry met Nico se 1200..
Ek dring daarop aan dat ons hom ligmaak, my senuwees is op, as die sand soos gister is het ek seker nou k@k, ek vat voor en ruk daai piesangbrood se oor oop, hy maak 'n paar gangsdansies en trek reguit, goeie fok die sand is kliphard teenoor gister en ek dink daaraan om 'n 1200 aan te skaf..
eepwall: (hy mos nie sprocket nie :deal
Ek geniet dit moerse...
My vrind Bob moet my later bedaar soos ek sportsmaak oor die spoel-kruintjies, 17km later is ons buite, is dit nou al??
Ons vaar Tombua binne deur die duine, Bob maak 'n handstaan ek gluur my verbaas aan asof ek nou gery het, die sandpaadjies kruis die duine en ons speel, ek hou vakansie..
Nou ry ons na polisiestasie en na gesukkel met verduidelik escourt hulle ons na al 3 Zé se huise, geen teken van hom, ons gooi petrol en ry per ongeluk by 'n kroeg verby, mense daai bier is so lekker ek sal hom uit 'n Himba vrou se naeltjie uit ook drink, ons skiet 'n klomp plat en vat die pad Flamingo toe...intussen het ek 'n maat op Vredendal gebel wat ook vir Zévoorgestel het vir recovery maar sê ons moet na Flamingo (wat die plan van dag 1 af was) gaan en recovery daar reël. Ons bel ons tjommas op die duin en sê hulle moet rustig wees, ons sal met laagwater daardie nag kom recover..
Intussen hoor ek daai Abri klong het nog voor ek 2de gehaak het met die wegtrek al my sak geplunder vir nog kos en alles opgevreet wat hy in die hande kon kry.. :laughing4:
Ons gooi kole na Flamingo, dis lekker om teer te ry, en ek haat dit gewoonlik..