Ben 10 Eco Challenge 17 - 21 Mrt 2022 - Dag 1

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Difflock

Race Dog
Joined
Jul 27, 2012
Messages
1,598
Reaction score
64
Location
Kirkwood
Bike
Yamaha Super Tenere
Naand WD's ek weet nie of almal ook op WD's se facebook blad is so wil graag ons Ben 10 - Eco Challenge 17 - 21 Mrt 2022 trippy met julle deel.
Waar moet ek begin, ons het dit presies 2jr gelede aangedurf maar kon net 9 van die 10 passe vermag, Bastervoetpad was die een wat oorgeslaan moes word agv die locals wat ons afgeraai het weens die baie reën en verspoelde pad toestande.
Dit was voor "Covic19" en ons het Ben Mcdhui ook gery - daai tyd nie soos die keer Bottle Nek Pas.

Verlede jr top ek oor of ek weer die Ben 10 Eco Challenge wil doen of eerder Sani Pas deur Lesotho, Katse Dam en Vrystaat uit. My liefde vir Rhodes area het my keuse vergemaklik en man jy raak vasgevang in die landskap, so toe besluit ek Januarie dus weer tyd om vir n span die area te gaan wys en dat hul met hul eie oë die berge moet aanskou.

So het ek 2 mnde voor die tyd gehoor wie op is vir die uitdaaging / challenge om die Ben 10 Passe te vermag, van die ridders was greutig en ander onseker.
Wanneer datum vasgemaak is moet ons dit aandurf, come hell or high water. Jy kan nie die weer bestel nie, as die Liewe Vader besluit dit reën dan sous dit.
N week voor die tyd was my een oog op 2 verskillende weer apps, daar was lig in die donker tonnel van hoop op mooi of beter weer vir die trip. Vra n local, wanneer is dit n goeie tyd van die jaar om die passe aan te durf en as dit nie reën dan grins with skepticism hy vir jou 'EC Guy" Alfred.
Wel n maand voor die tyd toe is amper al die verblyf plekke op Rhodes vol bespreek agv twee groot geleenthede, n jong boer trou en Reitz Reunie, gelukkig plek in die gym gekry by Hilton "Alpine Swift Tails" waar ons later op gegradeer is n week voor die tyd na kamers agv n kanselasie.
Wel so vlieg die weke verby, ek laat maak vir ons t-shirts en ons sou 10 ridders gewees het, so week voor die tyd gebeur die onvoorsiende met 2 ridders (werks & familie verband terug slae) so is ons dan net 8 ridders.
Twee manne join ons van Benoni Gauteng (Johan & Riaan) waarvan Johan familie is van Boetie Whittle op die span, hulle ry al Woensdag uit Benoni en slaap die aand op Bloemfontein om weer die volgende dag deur te ry na Mountain Shadows Hotel.
So breuk die groot dag aan, die vorige aand word daar min geslaap agv die opgewondenheid van die trip.

Dag 1 - 17 Mrt, Donderdag weg getrek uit Kirkwood Engen 07:30 - R336 - Addo - R342 - Paterson N2 - Komgha River Pass - Howisons Poort - Grahamstown (Makanda) - Great Fisgriver Pass - Peddie - Keiskamma River Pass - King Williams Town - Kwabuso - Amazibula - Umgwali - Bolo - Kenzantoni - KwaDukatole - Tsomo - Emangweni - Kwaaimans Pass - Cala - Cala Pass - Elliot - Barkley Pass - (Overnight at the Mountain Shadows Hotel) 17:00
510km
Ridders van die dag : Pierre "Diffy", Chris, Boetie, Dups, Christo en Jacques.

Ek gaan laat die video greep die praat werk doen, hoop julle ry lekker saam en geniet die landskappe

 
Top