BMW 1200 L/Cooled

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

ajax

Pack Dog
Joined
Dec 14, 2011
Messages
451
Reaction score
0
Bike
KTM 1290 Adventure R
Ek het die voorreg gehad om die nuwe GS te gaan kom ons sê maar te gaan "jaag" die naweek. Ek het so twee jaar terug `n GSA gehad, en vir my het hy geen "fun factor" gehad nie.  Die nuwe GS is baie dunner [narrower] tussen jou bene en `n HELSE verbetering op die oue.
Ek het so 80 km grondpad gery. Op grond voel hy ook BAIE beter en meer stabiel :thumleft:  Ek het die gevoel gekry die GS sê die heeltyd vir my ..." ry my vinniger, moenie my tyd mors nie"...Ek was baie tuis op die bike.
Net vir die rekord....Ek gaan nie oorloop na die ander kant nie.... ek gaan maar weer vir my `n nuwer 990R soek...... maar wat ek wel kan sê,  ek dink nie die BMW manne hoef sleg te slaap oor die nuwe KTM nie,  jul kan maar lekker slaap... jul het `n moerse "FUN" met die klem op "FUN" bike op die mark. Hy wil GERY word :thumleft:
Om `n fred se vraag te antwoord op die forum..."wat is die beste revs om `n GS te wheelie?"  Die antwoord is ....`n roll on in 1ste rat,  en clutch hom op 3000rpm in 2de rat....effortless klim die voorwiel in die lug  Hee Ha
 
Top