Doemprofete na Waar-ook-al

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Bokveld

Race Dog
Joined
Aug 16, 2012
Messages
1,050
Reaction score
56
Bike
BMW F650GS / Dakar
  Ek het n broertjie dood aan doemprofete en ek lees graag hoe die WD s hul trippe beplan,maar ai,soms hoor n mens darem baie negatiewe kommentaar.Daar is menings oor die weer soos:Dis te warm of te koud of die wind gaan jou wegwaai of jy gaan natreen.Om nie eens te praat van die muskiete en muggies wat jou gaan opvreet nie.Dan is daar ook persoonlike kommentaar oor sekere plekke waar die skrywer n slegte ondervinding gehad het.
    Na alles is die meeste ouens en meisies op die forum seker avontuurlustiges  wat dinge vir hulself wil ondervind.So,los hulle dat hul die vreemde invaar en ervaar.Dan is dit mos n avontuur.Toegegee,daar is mense wat vra vir leiding met roetes ens. en as jy weet van paaie wat ontoeganklik is,gee dit,maar onthou net dis n ander ou se trip wat hy vir n spesefieke rede beplan.
    Ek wou dit maar net van my bors af kry!
 
Top