Drie Laevelders loop maak 'n wye draai.......Baviaans & beyond...

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Noneking said:
Noneking said:
Sad koebaais, maar the show must go on. Dit voel verkeerd om daar weg te ry sonder Righard en ek voel werklik hartseer om hom sommer so agter te laat.

acc132d7066e50dd02ed4be77ce05d80.jpg



As ek nou so na die fotos kyk, lyk ons eintlik redelik happy om sonder die honger moangat te ry.......  :imaposer: :imaposer: :imaposer:
Julle lyk moer bly!  :xxbah:
 
Righard said:
Noneking said:
Noneking said:
Sad koebaais, maar the show must go on. Dit voel verkeerd om daar weg te ry sonder Righard en ek voel werklik hartseer om hom sommer so agter te laat.

acc132d7066e50dd02ed4be77ce05d80.jpg



As ek nou so na die fotos kyk, lyk ons eintlik redelik happy om sonder die honger moangat te ry.......  :imaposer: :imaposer: :imaposer:
Julle lyk moer bly!  :xxbah:

Dit was voor ons jou deel van die kitty moes teruggee...... ;D ;D
 
Ek en Carlito val in die pad. Ons reken ons is 2 en half ure agter en sal redelik moet aanstoot!! Ons vat 'n stywe pas tot in Willowmore waar ons die lekkerste klomp rumpsteaks van die hele trip koop in 'n Foodzone van alle plekke. Blik kondensmelk om ons koffie vir die aand lekker te maak en ons van weer in die pad.

Dit is dadelik duidelik dat die dinamika baie verander het. Ons ry heelwat vinniger en ons stop baie minder. Ongelukkig neem ons dan ook minder fotos op ons pad.

Op Jupiter se aanbeveling, neem ons die R337 oor Klipplaat na Jansenville. Die pad ry baie lekker, is plek plek effe "onversorgd" en ek raak rustig oor die besluit dat Righard nie verder saam ry. EK twyfel of die Ducati die stampe en stote sou kon hanteer met die skade wat reeds teenwoordig was.

73951cf881fc728723255a467f863980.jpg


0327c4c3462609c280e866e1bf2c45a6.jpg
 
Net voor sononder ry ons Jansenville binne.

428f5f5e7cea92d17697612eee1d228c.jpg


Maak gou petrol vol en vra die joggie waar die kampterrein is? Daar's geen kampterrein op Jansenville nie maar hy beduie links af in 'n straat waar ons kan gaan kyk. Toe begin ons soektog na vuurmaakhout en na vele plekke stop, kry ons laaste twee sakkies in 'n "buitelander" se winkel waar die twee sakkies langs die vrot tamaties en ander groente lê. My sifste shopping experience van die hele trip! :dousing: Nou om die plek te vind waarvan die joggie gepraat het.... ???
 
Ons ry op en ts vervalle erwe en geboue, verwaarlooste tennisbane en later word dit grondpad. Ons stop by 'n vriendelike busbestuurder wat verduidelik daar is backpackers 100m terug. Ek het die plek gesien, maar dit lyk erg suspect!! ??? ???

Die man kom af, ek praat 'n moerse storie met hom voor hy my laat weet hy praat nie afrikaans nie. Rou Ingilsman..... Hy wys ons sy kamppeerplek oorkant die pad in 'n oop erf en dit is verskriklik sif!! Ablusie en kombuis lyk of dit uit weggooi goed van ashoop aanmekaar gesit is en die reuk in die kombuis laat Carlito sy asem ophou elke keer wat hy daar moet in.

Wat kan ons doen?? Dis nou donker, en ons wil kamp! Kan mos nie twee aande in 'n ry in ń bed slaap nie! Ons betaal die honderd rand vir die kampplek en toe hy my geld vat noem hy so terloops dat hy sal reënwater bring vir ons om te gebruik, die kraanwater het wurms in. :p :p


00ab20ceb8050149b0b46aac285a0129.jpg



ec6bac5e8fa9cd7a09f7f3f6e055b8fc.jpg




Daar is ' moerse straatlig wat die plek verlig en soos dit donker raak begin die plek meer aanvaarbaar lyk. Ons slaan tente op, besluit dat stort nare gevolge kan hê en begin vuurmaak vir die aand se braai. Kit word uitgetrek en in badkamer gestoor vir die nag.  Draadwerk bel om te hoor of hy kan help met reëlings vir Righard se Ducati by die huis kry. Loadshedding help met die steurende straatlig. Die koffie en kondensmelk loop soos stroop en die rump is super sag en smaaklik. Ons klim vroeg in die tente en maak ons reg vir 'n rustige nag .........


f236b3f03b9ae036cbd7519e5047cf2a.jpg
 
Erens, kort na ons gaan lê, begin Carlito soos 'n besetene skree............." F@%&*f jou bliksem! Canzius, bring die geweer en skiet die f$%*&r!!!"
 
Nou kyk, daar's 'n paar dinge wat ek net reguit moet sê..... Eerstens hou ek nie van skrik nie en hierdie gegil en skreeu vat my na 'n baie donker plek. Tweedens herstel ek nog soortvan van 'n gebreekte enkel na 'n val met die GSA, so weghardloop is by die venster uit. Derdens het ons nie 'n geweer saamgebring nie, maar tog vind ek myself narstigtelik soek na 'n wapen in my tent..... :eek: :eek:
 
Die storie loop so...... Carlito lê met sy tent effe oopgezip. Honde reg rondom die kamp begin onrustig raak en hy kyk by die tent se deur uit wat aangaan. Daar sien hy vir meneer met sy blou trui waar hy beslag lê op ons eiendom. Maar ek reken die outjie skrik nog groter as ek vir die monsteragtige geskreeu van my reuse vriend en laat staan als net daar. Ons is nou wakker en patroleer die perimeter van die kamp met al wat 'n flits is. My leatherman is reg vir aksie. Honde gaan tekere, maar daar is geen teken van die mannetjie nie. Ons pak alles wat ons besit in die tente en haal ons kit uit die badkamer.

Dis nou net hier waar ek en Carlito verskil. Hy klim in sy tent en lê heelnag op aandag en wag vir die mannetjie om weer sy verskyning te maak. Ek klim in my tent, trek my buff oor my oë vir die straatlig en proppies in my ore vir die lawaai. Ek slaap soos 'n klip vir die res van die nag en Carlito lyk soos die dood toe ons die volgende oggend opstaan.
 
En hier dog ek dis Bie wat julle kom hel gee oor julle nie vir hom kom hullosê in Jansenville nie!!! :deal: :imaposer:
 
Ja, mens moet maar versigtig wees vir die manne "my larnie, larnie nie 'n rand vir 'n broodjie nie" dit is daai einste manne wat jou goed sal roof as jy nie kyk nie.  :deal:

BTW, ek het nou lekker gelag vir jou verteling en ek 'n prentjie van die afere denkbeeldig skep,  :imaposer: :imaposer:
 
ChrisL - DUSTRIDERS said:
En hier dog ek dis Bie wat julle kom hel gee oor julle nie vir hom kom hullosê in Jansenville nie!!! :deal: :imaposer:

Was darem ons enigste nare ondervinding op 5100km deur die land, maar het met ons aankoms al gevoel die plek is nie "lekker" nie. Dit was dalk "verkeerde kant van die dorp"?  So leer mens maar lessies nè? Volgende keer sal ek vooruit sekermaak oor verblyf ens......
 
ChrisL - DUSTRIDERS said:
En hier dog ek dis Bie wat julle kom hel gee oor julle nie vir hom kom hullosê in Jansenville nie!!! :deal: :imaposer:

As ek geweet het daar is ' WD op Jansenville het ek sommer op sy grasperk gaan kamp!! :3some:
 
Jakkals said:
Ai, dit is jammer die RR staan nou einde se kant toe, ek geniet die RR baie.

Daar's darem nog twee GROOT dae op grond oor en 'n halwe dag op teer..... ;D ;D
 
Draadwerk said:
Nou moenie terughou nou nie. Dis nog vroeg. Tik maat...

Jis jong ou Draadwerk, hierdie goed vat BAIE tyd. Nou eers weer besig met videos edit. Om 3 ure af te bring na 5 minute van kykbare footage is geen grappies nie.
 
Ek wil darem ook hoor of die Ducati veilig by die handelaars uitgekom het!
 
Top