Drie Laevelders loop maak 'n wye draai.......Baviaans & beyond...

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Thanks vir die deel Noneking. Het self Des-Jan so 7500 km trip gedoen en het baie van dieselfde paaie gery. Bring goeie memories terug. Dalk moet ek ook 'n RR doen (eks erg lui).  :-[
 
Wooly Bugger said:
Righardt hou van slaap?
Neeeeee, ek hou net daarvan om te slaap as daar geslaap moet word!
 
**** Canz - A W E S O M E report - dankie, ek weet dis ontsettend harde werk!

Julle fotos op Ganaga het my laat terugdink...

PANO_20140430_163339_zpsa1c09a41.jpg


Dis moontlik PRESIES dieselfde plek waar jule gestop het ;D
 
TWE-TWE said:
Noneking said:
woody1 said:
Ek dink 2 ....sien ek is reg.  :imaposer:

Het hulle eintlik eerste gesien.... een van hulle het voor gery, maar dit maak afbreek aan my storie as julle sê daar was mans ook by.... ;D


Noneking.....was julle verras om skielik 6 bikes op so verlate pad te sien.....?? :lol8:

Baie!  Ons het amper nooit karre gesien nie, nevermind bikes......behalwe natuurlik daai Brakpanner.. :patch:
 
IDR said:
**** Canz - A W E S O M E report - dankie, ek weet dis ontsettend harde werk!

Julle fotos op Ganaga het my laat terugdink...

PANO_20140430_163339_zpsa1c09a41.jpg


Dis moontlik PRESIES dieselfde plek waar jule gestop het ;D

Baie dankie, dis lekker manier om 'n trip te herleef :thumleft:

Baie mooi foto!
 
woody1 said:
Noneking said:
Swaershoekpas net voor Cradock

15013604e5c05e7a7f27ce7e0effcefc.jpg


c98aab63ddcd5ef1481e1aa96f8e1854.jpg



Die GPS vat ons op 'n snaakse paadjie deur woonbuurte in Cradock en ek begin dink hier is 'n fout! Ons eindig op op 'n hoogte bo die dorp met 'n toring van soorte. Ek bekyk die omgewing en voor ek my oë kan uitvee is ek in 'n paar honderd meter van die dikste sand op die trip. Glad nie reg hiervoor nie?? Ons is nog in die dorp, ek sit plat op my alie en die GSA is in verkeerde rat. Ons dans weer daai dans en met genade van wie weet waar kom ek anderkant uit......

Het julle ook vanaf Pearston gekom.  Daar is 2 passe op daai pad... of moet ek se een moois stuk pad en een rowwe stuk pad.

Ja vanaf Pearston
 
Kelevra said:
Thanks vir die deel Noneking. Het self Des-Jan so 7500 km trip gedoen en het baie van dieselfde paaie gery. Bring goeie memories terug. Dalk moet ek ook 'n RR doen (eks erg lui).  :-[

Dankie!

Ek wag in spanning  :sip: :sip: :sip:
 
Righard said:
Wooly Bugger said:
Righardt hou van slaap?
Neeeeee, ek hou net daarvan om te slaap as daar geslaap moet word!

Dis die probleem....ons stem nie altyd saam oor wanneer aanvaarbare slaaptyd is nie ;D

Moenie dat ek vir die mense my "Righard lê alweer" album hier uitpluk nie...
 
Noneking said:
Righard said:
Wooly Bugger said:
Righardt hou van slaap?
Neeeeee, ek hou net daarvan om te slaap as daar geslaap moet word!

Dis die probleem....ons stem nie altyd saam oor wanneer aanvaarbare slaaptyd is nie  ;D

Moenie dat ek vir die mense my "Righard lê alweer" album hier uitpluk nie...

Point in case.... geen biketrip is vir die man sacred nie... ;D

 

Attachments

  • 148579_10151611258739745_1786135023_n.jpg
    148579_10151611258739745_1786135023_n.jpg
    129.7 KB
Ons kom uiteindelik in Barkley-Oos aan, maar soos ek op dag 4 vermoed het is hier nie veel aan die gang. Ons ry op en af in die strate opsoek na winkel wat darem lyk of mens vleis kan koop vir braai vanaand. Eventueel stap ek by die Kooperasie in waar ek twee manne kry wat heerlik staan en kuier. Ek vra waar op die dorp ek kan LEKKER vleis koop. Die groot ou sê al die vleis op Barkley-Oos is lekker en sy uitdrukking sê ek moenie met hom stry nie. Hy verduidelik my hoe om By Boetie Steenkamp se slaghuis te kom en sê ek moet sê Rassie het my gestuur.

Dan verander Rassie van plan en sê hy ry gou saam ons soontoe om seker te maak dat hy ons nie bevark nie.....

Boetie Steenkamp sê die blokman aan om vir ons daar ordentelike stuk Rump te sny en pak vir ons 'n mooi boerewors. Ek vra uit oor kampplek op die dorp, maar Boetie reken die kampterrein is "gef&%$" hulle sal ons kele afsny daar. Ek vra uit oor kampplek buite dorp wat ons op GPS gesien, nee die ou het net eendag verdwyn en alles so gelos, ons kan nie daarheen gaan nie.

Al wat oorbly is Rhodes wat nog 60 km verder is. Die besluit is maklik en na ons so botteltjie aftershave/Spiced Gold gekoop het pak ek die moeilikste 60km van my lewe aan. Dis asof die liggaam en brein net nie meer wil saampraat nie. Ons kom is Rhodes aan, gelukkig die keer in daglig en stop by Info om te vra waar ons hout en ys kan koop. Die Oom sê daar lê 3 sakkies hout op sy huis se stoep te koop, ons kan soontoe ry en dit gaan oplaai as dit nog nie gesteel is nie.

Carlito ry solank kampplek toe met die hout en ek gaan koop ys en betaal vir kampplek by Walkerbouts.

8f023b9e6f232b77e8163cee48d7aa74.jpg
 
Ek was aanvanklik bekommerd oor dele van hierdie trip wat dalk vir my vervelig sou wees omdat ek dit ongeveer 'n jaar gelede ook gedoen het.

Kyk die RR van die trip hier - Klein lessies rondom Lesotho.... - https://wilddog.net.za/forum/index.php?topic=154891.0

Die teenoorgestelde was egter waar......ek het dit meer geniet, om verskeie redes, maar die belangrikste is dat dit gedeel is met goeie pelle!

Vanaand is weer 'n lekker aand saam met my oorblywende, non-Ducati ryende reus van 'n pel. Carlito braai vir ons daai Rump van Boetie se slaghuis, maar hel!! die ding is taaier as die eerste en derde aand se Zebra. Lekker gesels, gelag en gevreet.

dcbd8f025497aa95e97da0054fa1f478.jpg





Dit word later verskriklik koud en Carlito maak sit vir ons bosveld heaters onder ons stoele... ;D

da8211e8b8c708bd2d633433c85a48f8.jpg
 
Nice man en dankie vir daai ander link.Lyk na 'n lekker RR daai ook :thumleft:
 
Die een is nou amper klaar maar ek sal maar die ander een nou gaan blaai!
 
Top