Drie Laevelders loop maak 'n wye draai.......Baviaans & beyond...

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Ons ry grondpad na Wepener waar ons weereens vergeefs probeer om 'n ordentelike plek te kry vir middagete. Die dorp se verval is bitter ontstellend! Dan is dit teerpad by tot by Hobhouse -  Ek is 'n jaar terug ook hier deur en het toe al gedink die plek is 'n dump. Ons draai af van grootpad en net so voor die dorp is 'n huis met "coffee shop"..... Die Workshop.

Die plek is morsdood en ons ry so half verby voor 'n Oom na buite kom en sy duime in die lug gooi. Die bordjie sê "Bikers Welcome" en dit is al uitnodiging wat ek nodig het. Die Oom se naam ontgaan my nou......., Cecil of Cyril of Daryl. Hy groet ons met die hand by die hek en ek loop en honde skop met my GS boots al die pad na die voordeur. Dis 'n vreemde plekkie, maar dit is beter as Wimpy. Dit was bleikbaar eers 'n trekker werkswinkel, en die Oom en Tannie het dit omskep in hulle aftree projek. Ons bestel elkeen 'n Fanta, maar daar is net een. Die eerste drie items wat ons vir ete bestel is nie beskikbaar nie. Ons settle maar vir Varktjoppies en tjips. Righard maak nog 'n wit onderbroek vuil as hy die lees. ;D

Die Oom doen leerwerk, tekenwerk, fotografie en paar ander stokperdjies en alles word daar uitgestal. Die Tannie, wat weens aneurisme vreemd optree (die Oom se woorde), bring albums vol fotos van die oom se skeppings en dring aan dat ons na hulle woonstel loop kyk......Vir as ons weer Hobhouse toe kom :patch:. Ek en Carlito praat nie met mekaar nie, want die twee oumense is honger vir geselskap.

Ons het nie baie tyd nie en ons trek vir mekaar gesigte toe die oom met pakkie gevriesde varktjops van die huis af aangestap kom. die Tannie kom later met 'n sakkie verskeidenheid slaaigoed uit haar kombuis. Die tyd stap aan en terwyl die Oom kook babbel die Tannie non-stop met sigaret in die hand. Die kos kom en dit is vrek lekker. Die Tannie staan en rook regdeur die ete by ons tafel en ek wag dat sy gat brand in Carlito  Rallye baadjie...... Al skoppende loop ons later by die erf uit en groet die ou oom en tannie by die hek.

Kyk die groot pampoen.....proe bleikbaar soos pressed wood, maar lekker vir Haloween :biggrin:

630aad084b8b38f0feb3d161b838f07a.jpg


bd3fedffbc8a4c5a04aa92afc850cb0d.jpg
 
'n paar van die Garmin Virb fotos van die oggend

 

Attachments

  • Karoo Trip - Day 10-00-00-37-558.jpg
    Karoo Trip - Day 10-00-00-37-558.jpg
    305.8 KB
  • Karoo Trip - Day 10-00-01-33-09.jpg
    Karoo Trip - Day 10-00-01-33-09.jpg
    353.9 KB
  • Karoo Trip - Day 10-00-01-38-696.jpg
    Karoo Trip - Day 10-00-01-38-696.jpg
    328.9 KB
Nog 'n paar
 

Attachments

  • Karoo Trip - Day 10-00-01-58-956.jpg
    Karoo Trip - Day 10-00-01-58-956.jpg
    287.4 KB
  • Karoo Trip - Day 10-00-02-25-94.jpg
    Karoo Trip - Day 10-00-02-25-94.jpg
    308.1 KB
  • Karoo Trip - Day 10-00-02-59-909.jpg
    Karoo Trip - Day 10-00-02-59-909.jpg
    308.7 KB
  • Karoo Trip - Day 10-00-03-24-193.jpg
    Karoo Trip - Day 10-00-03-24-193.jpg
    295.1 KB
En
 

Attachments

  • Karoo Trip - Day 10-00-03-35-658.jpg
    Karoo Trip - Day 10-00-03-35-658.jpg
    334.2 KB
  • Karoo Trip - Day 10-00-03-47-163.jpg
    Karoo Trip - Day 10-00-03-47-163.jpg
    305.3 KB
  • Karoo Trip - Day 10-00-04-28-127.jpg
    Karoo Trip - Day 10-00-04-28-127.jpg
    153.3 KB
  • Karoo Trip - Day 10-00-04-39-914.jpg
    Karoo Trip - Day 10-00-04-39-914.jpg
    306.8 KB
  • Karoo Trip - Day 10-00-09-32-790.jpg
    Karoo Trip - Day 10-00-09-32-790.jpg
    311.6 KB
Van Hobhouse ry ons daai heerlike Oos- Vrystaatse grondpaai wat so deur die landskap kerf. Baie lekker entjie ry.......

0a0b7bf82b221d9cddb9a21ffa5369a7.jpg
 
Naby Ficksburg kry ek weer 'n pap wiel. Ons werk letterlik tot op die minuut uit of ons Golden Gate se kantoor en winkel gaan oop vang. Dit gaan fyn sny wees...... Ons maak die puncture reg, maar ons beide se tyres lyk baie sleg. Dit raak laat en ons besluit om so gou moontlik teerpad te vang en krane oop te maak Golden Gate toe. Met die puncture reg begin ons weer aantrek, maar net voor ek my Helmet opsit besef ek ek hoor nog erens 'n lek op die tyre. Nadere ondersoek wys daar is 'n tweede gat half sentimeter van die ander een....... :dousing: :dousing: Ons begin voor.


58f072ff0b849d41d96ca1e5d203fcce.jpg


c946cb4ddfa5ea4d89820330ade85a45.jpg


Kyk net hoe impressed lyk die Sagmoedige Reus met my.....

67240323536e917a287f370b3aa67a11.jpg
 
Ons jaag vir die eerste keer op die trip op teer en kom by Golden Gate aan net 'n paar minute voor Tjaila tyd. Wat 'n vriendelike klomp mense!! Van ontvangs regdeur tot by die petroljoggie!!

 

Attachments

  • Karoo Trip - Day 10-00-04-28-127.jpg
    Karoo Trip - Day 10-00-04-28-127.jpg
    153.3 KB
Gooi gou petrol voor toemaaktyd

c266b5e552d0d5dc9c3bde160f49f72d.jpg


Ons treat onsself die laaste aand met lekker wors, tjops, koue bier en 'n plathond en coke. Ons beplan om vroeg in die pad te val so ons boek ook in 'n lekker chalet in vir die nag. Carlito se agterband lek weer lug, so ons maak dit reg voor ons glad nie meer lus is nie.

1c7ae984990ad2fde40e6232a5a47146.jpg


Lekker aand om die vuur, lekker gesels en geeët en Carlito verras my met 'n roomys toe ons gaan slaap!

b07213fe380cfd707ad99ae773f999ee.jpg


1001213a3bee1b1ae2667caf04f81e20.jpg
 
ding is taaier as die eerste en derde aand se Zebra

Ek beginne wonder of die fout nie dalk by die braaiers lê nie :peepwall: ;) :pot:
 
Noneking said:
ChrisL - DUSTRIDERS said:
ding is taaier as die eerste en derde aand se Zebra

Ek beginne wonder of die fout nie dalk by die braaiers lê nie :peepwall: ;) :pot:
Hehe,

Kyk, Carlito is ons designated braaier........en die Suidwester kan braai!
Righard mag nie braai op biketrips nie..... :imaposer:
 
Ek wil amper nie he julle moet huis toe nie.  Die storie lees baie lekker  :thumleft:

Baie memories in julle trip vanwaar ek al gery het.  

Die Oos Kaap is mooi, maar lyk my julle kom aanhoudend by die verkeerde winkel uit  :lol8:
 
JMOL said:
Ek wil amper nie he julle moet huis toe nie.  Die storie lees baie lekker  :thumleft:

Baie memories in julle trip vanwaar ek al gery het.  

Die Oos Kaap is mooi, maar lyk my julle kom aanhoudend by die verkeerde winkel uit  :lol8:

Ek is nou amper so teneergedruk dat RR klaarmaak as wat ek was toe die trip klaarmaak. Kon nog weke so aangaan.........Eendag.....
 
Dag 11 -  Golden Gate na Nelspruit 550 km

Volgende oggend druk Carlito die snooze knoppie soos 'n dief in die nag en amper slaap ons laat.... Bikes staan reeds gepak en ons trek net aan en klim. Lekker koud so uit Golden Gate en met my donker visor sien ek byna niks. Carlito lig my in van bokke langs die pad maar ek kan hulle nie sien nie.

23079cf2973bfa687bf9d9e4280cc767.jpg
 
Ons volg 'n track wat ek reeds maande gelede opgestel het. Ons tyres is KLAARen ons wil glad nie grond ry nie.

9bb580d1b7c322e4085b3fcc53a24b1d.jpg


Alles llop goed tot ons per ongeluk op grondpad beland naby Memel. My fout met die beplanning en ons besluit om deur te druk. Teen die tyd wat ons weer by teerpad kom lek Carlito se band weer lug. Ons pomp en jaag Newcastle toe waar ons 'n puncture regmaak. Nie ver vandaar nie laat Carlito my weet dat die band weer lek. In Laingspas naby Volksrust stoot ons lekker aan toe 'n Boetebessie my van die pad trek, 115km/h in 'n 80 sone. Nou kyk die auntie praat met my laaaang stories. Waar bly jy? Waar werk jy? Hoekom jaag jy? Kan ek maar boete skryf? Hoekom vra jy nie afslag nie? Ek hou my plain onnosel. Ek weier om so korrup soos hulle te wees en betaal eerder my boete soos 'n man voor ek 'n bribe betaal. Sy hou my lisensie en bly in sirkels praat. Carlito hou hom dom by sy bike. Die se tyre lek nou al lug op 'n naat al langs een van die knobblies.......

Eventueel wys ek na die kamera op my helmet. Die staan nog op my fiets maar wys rofweg in ons rigting. Ek verduidelik sy mors ons tyd, ons het 'n pap band om uit te sorteer. Met 'n ligte waarskuwing wens sy ons 'n voorspoedige dag toe en vra dat ons mooi ry tot by die huis! ;D

Vandaar is die roetine - pomp Carlito se band 3 bar plus. Jaag tot op volgende dorp waar hy dan al so 1 bar verloor het. Herhaal. Ons is later van tyd so geoefen dat ons soos formule een span lyk. Jaag in by vulstasie, carlito sit op die fiets en hou banddrukmeter dop. Ek spring af en pomp die wiel in sekondes en dan jaag ons weer daar weg na die volgende dorp. Tussen Ermelo en Nelspruit moet ons langs pad stop om te pomp.

d746135095e8ebf02133d876fc408246.jpg
 
Ons sak af in die Laeveld in en die hitte forseer ons om te begin uitrek. Stop in Badplaas vir 'n laaste pomp en oortollige klere uittrek. Ek bel my vrou en sê ek is oor 'n uur by die huis......... :( :(

Die bike staan nou, amper twee weke later nog net so in die garage. Inhaal by werk en met gesin en natuurlik die feit dat ek moet bande opsit, maak dat ek nog nie weer aan die fiets geraak het nie! Volgende stop is BMW vir annual diens en nuwe bande.



9ab43be454c631a022c32a2224714311.jpg


5eb23273afec846e8cc65f75a68be643.jpg


c5afcd924e37973e918b8f5823cbbe2c.jpg
 
Top