Drie Laevelders loop maak 'n wye draai.......Baviaans & beyond...

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Baie dankie aan my twee awesome pelle vir die ongelooflike trip!!

e40d90204f062f92271cf3eb2800892c.jpg


Carl Potgieter, Canzius Pretorius & Righard Meyer
 
Dis nou ie sad oomblik van elke trip, nee nie eintlik as jy by die huis is nie, maar daai heele laaste dag oppad huis toe. Jy kom al nader aan iets waar jy wil wees maar nie nou al nie.

Het darem van julle trip iets geleer. As jy gegroet wil word deur BMW ryers, laat 'n blonde pony tail uit jou helmut hang.  :lol8:

EK het sopas besef dat ek 'n ander probleem het. Ek het so lekker saam gery en sit nou in Nelspruit. Hoe gaan ek nou by die huis kom?

Dankie Canzuis vir die verskriklike lekker RR. Dit is great om te lees en voel sommer of mens deel van julle trip was.  :thumleft:

Nou wag ek vir julle volgende  trip, maarintussen moet die Visarende nou hulle Namib trip report gee.

Lekker lekker lekker lekker :thumleft:
 
Statistieke:

5102,6km afgelê in 11 dae - ongeveer 4200km daarvan op grond
18.9 km/l gemiddelde petrolverbruik
Gemiddelde bewegende spoed - 93km/h Klink bietjie hoog
Meeste dae 10 ure + in saal spandeer

45 Passe gery - volgens Basecamp:

Saddlebackpas
Hilltoppas
Diepgezetpas
Collingspas
Sanipas
Pitsengpas
Elandshoogtepas
Naudesnekpas (hoogste in SA)
Greylingspas
Killianspas
Volstruisnekpas
Skaapkraalpoortpas
De Beerspas
Olifantskoppas
Grootrivierpas
Combrinckspas
Holgatpas
Grasnekpas
Nuwekloofpas
Uniondale Hoogte Pas
Meiringspoort
Kredouwpas
Swartbergpas
Rooibergpas
Huis Se Hoogte Pas
Kruisrivierpoortpas
Kruippoortpas
Rooikloofpas
Gannagapas
Oubergpas
Seweweekspoort
Koueveldpas
Witnekkepas
Rooinekpas
Komsbergpas
Kommetjie Se Hoogte Pas
Oupoortpas
Rammelkoppas
Swanepoelspoortpas
Maraiskloofpas
Lundinsnek
LichenPas
Laingspas
Nelshoogte
Bothasnekpas
 
EK moet darem ook net iets sê oor ons twee BMW's.......... >:D

Die manier wat die twee groot monsters alles hanteer het wat hulle kant toe gegooi is het my verstom. Soos aan die begin genoem is ons almal redelik nuut tot die adventure scene en ons is glad nie riding gods nie, maar hierdie masjiene laat jou soos een voel. Nie 'n enkele niggle op een van die fietse nie.

Die Ducati het houe gevat, deels agv onkunde met die swaar laai op die subframe, maar ook bad luck met die sloot wat Righard geslaan het. Sou great wees as die bike (en die man) die trip voltooi het.
 
VaalBaas said:
Dis nou ie sad oomblik van elke trip, nee nie eintlik as jy by die huis is nie, maar daai heele laaste dag oppad huis toe. Jy kom al nader aan iets waar jy wil wees maar nie nou al nie.

Het darem van julle trip iets geleer. As jy gegroet wil word deur BMW ryers, laat 'n blonde pony tail uit jou helmut hang.  :lol8:

EK het sopas besef dat ek 'n ander probleem het. Ek het so lekker saam gery en sit nou in Nelspruit. Hoe gaan ek nou by die huis kom?

Dankie Canzuis vir die verskriklike lekker RR. Dit is great om te lees en voel sommer of mens deel van julle trip was.  :thumleft:

Nou wag ek vir julle volgende  trip, maarintussen moet die Visarende nou hulle Namib trip report gee.

Lekker lekker lekker lekker :thumleft:

Dankie vir die saamlees! Sonder julle ouens se comments sal 'n RR 'n vinnige dood sterf!
Wag ook in spanning vir daai RR van die Visarende!
 
VaalBaas said:
Hoeveel van die passe was teer?

Nie so getel nie, maar bitter min. Laaste dag was 500km teer. Res van die trip het ons die minimum teer gery, net waar daar nie ander opsies was nie
 
Noneking said:
VaalBaas said:
Hoeveel van die passe was teer?

Nie so getel nie, maar bitter min. Laaste dag was 500km teer. Res van die trip het ons die minimum teer gery, net waar daar nie ander opsies was nie

Dis 'n rekord om aan te werk.  ;D Ek het met die Hp in 4 dae 32 passe, poorte gery en net Nuweekloof en Michellspass moes ek met die wegtrek en terukom weer doen. Ek kan nou nie die afstand onthou nie (2100km rofweg) Gaan werk aan die totaal :ricky:

Een ding waar oor ek spyt is, is die dat ek dit grotendeels alleen gedoen het en bittermin fotos geneem het. Wens ek het die moeite gedoen om dit in RR te kom skryf het.,
 
Dankie Canzius, Carl en Righard. Dit was 'n lekker saamry. Dankie dat julle dit gedeel het met ons....
 
VaalBaas said:
Noneking said:



Een ding waar oor ek spyt is, is die dat ek dit grotendeels alleen gedoen het en bittermin fotos geneem het. Wens ek het die moeite gedoen om dit in RR te kom skryf het.,

Weet jy Vaalbaas, ek kyk terug na trips wat ek twee of drie jaar gelede gedoen het en ek sukkel om die trip chronologies bymekaar te sit selfs met fotos. Die skryf van 'n RR is vir my 'n baie lekker tydsverdryf en dit help 'n ou om gebeure en plekke en natuurlik die verloop van die trip te onthou. Al die twakpraat oor TWE-TWE en haar blonde gang maak nou net dat ek nie my vrou die RR gaan laat lees nie ;D
 
Nouja, so kom alle goeie dinge op n einde. Womder nou hoe lank ons gaan wag vir die volgende trip?
Moenie fingers wys nie, petrol is te duur hierdie kant.
 
Baie dankie vir al die moeite om so n lekke RR vir ons op te stel. Het dit baie geniet.  :thumleft:  :ricky:

Cheers R-O-V-Rat
 
Ek gaan jou van nou af op al my trips saam vat sodat jy die RR kan skryf  ;D

Dit was nou awesome  :thumleft:

Het Carl die 1150 verkoop?
 
Wat 'n lekker trip!!

Dis waarvoor vriende daar is - om sulke dinge saam met jou te geniet.

Moet se - die foto's neem en 'n RR skryf is nogal die moeite werd want so onthou jy die trips vir eendag as jy op die stoep sit.  Ek safe al my links vir  eendag as die kinders en kleinkinders hierna wil kyk.

In short - wel gedaan aan julle 3  :thumleft:
 
Top