Dankie vir die nice RR, dit is baie werk om so RR aan mekaar te slaan en vat baie tyd in beslag, (een van die redes hoekom ek te lui is om dit te doen)
Wat ek van die RR hou is die manier hoe julle drie saam ry, dit is duidelik dat julle al lank saam ry en mekaar verstaan, dit is nie altyd maklik om so lang trip in 'n groep te doen nie. Ek doen eerder sulke trips alleen as om dit saam met vreemde mense te doen, ek het al baie lang trips gedoen en het al die fout gemaak om vreemdes saam te vat en was baie spyt agtena, Well done vir julle drie. :thumleft:
Ek is baie beindruk met die km's wat julle op die bande gekry het want ek weet hierdie Karoo klippe gee 'n band nogal 'n harde tyd, veral daai nabank klippe.
Lekker roetes wat julle gery het en omdat ek meeste van hulle al self gery het het dit lekker memory's terug gebring by my en kon ek myself lekker in die RR in leef en saam ry.
Nou kan julle julle volgende Karoo trippie beplan sodat ons weer so nice RR kan kry, daar is baie mooi paaie wat julle mis gery het, maar mens kan ook net soveel ry in soveel tyd.
Weereens dankie vir al die moeite met die RR. :thumleft: