Drie Laevelders loop maak 'n wye draai.......Baviaans & beyond...

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Dankie vir die awesome RR en mooi fotos Noneking. Ek geniet dit terdee en jy hou my uit die werk met die uitstekende RR..Julle almal lyk na die works en is baie professioneel voorberei met net die beste toerusting. Ek het jou fiets vir n lang ruk nie gesien nie en moes nog lanker wag vir die RR. Dankie en sien uit na die res! Groete. :sip:
 
Stichhom said:

Baie dankie! Hoe gaan dit by jou?
 
Ons timing is sleg vir die oggend en ons beland in Uitenhage se oggend spitverkeer. Almal gooi petrol en ons vat die pad na Elandsriviervallei. Ons stop hier en daar vir skilpaaie en fotos. Uitsigte is baie mooi en ons geniet die entjie ry baie.

013da1fc4cf6fc1149e0a3f15b391ab0.jpg

45c55415ae6adff9570f830a6eaf08ef.jpg

2ce78600873e982da7eb9b1be3a96cc2.jpg
 
That last Photo is awesome. :thumleft:
 
Wat 'n mooi entjie pad en al te gou bevind ons onself in Patensie waar ons so bietjie die koskaste moet uitsorteer. Netjiese dorp en vriendelike mense!!

Soos voorheen genoem, hou Righard van eet......Righard se mond staan dik oor daar nie tyd is vir ontbyt (loopeiertjie) by 'n restaurant nie en hy hou maar wag oor die fietse terwyl ek en Carlito die proviant vir die aand se kamp loop koop. Nege best-end tjoppies en groot pak wors vir 3?? Ek staan en verstom my aan die tannie by die slaghuis wat soveel moeite doen met die sny, voorberei en verpak van die tjoppies. Bottelstoor is net om die hoek en ons koop ietsie vir die gifbottels..... :peepwall: alles word in die oorvol panniers forseer.

Carlito gaan kry 'n paar dinge by die Spar en kort voor lank is ons reg vir Baviaans!!

Hy moes darem ook so ietsie koop om Righard se maag te laat beter voel..... :pot: :pot:

f55298eb4d5d678c29b53416e187bfb7.jpg
 
En so begin ons eerste besoek aan Baviaanskloof. Daar is fotos geneem, videos geneem, kaal geswem, geeët,  gedrink, water oorgesteek, in modder geval en het ek genoem: fotos geneem  ;D.
Vir die wat al verveeld is met Baviaans  - skip maar die volgende klompie posts..... ::) ::)

Ons het nie regtig idee wat om te verwag nie en onlangse posts in Jupiter se BAVIAANS CONDITIONS thread het ons so bietjie nervous..... Party manne reken sommer jy het baie geld nodig om jou bike te laat regmaak as jy met 'n groot fiets hier wil deur!!

88fc30c00b87479fed23bfb41eb5e0f6.jpg

8f9db177243a5d709266593e96b9c92f.jpg
 
Demmitol, sorry Canz.
Ek tel nou eers op, op hierdie thread.
As ek geweet het, kon julle in ons gastehuis gaan bly het in Barkley.
 
dookie said:
Demmitol, sorry Canz.
Ek tel nou eers op, op hierdie thread.
As ek geweet het, kon julle in ons gastehuis gaan bly het in Barkley.

Geen probleem, baie dankie!!
Ek's bang daai nar op jou avatar is daar....het nou nog nagmerries oor daai movie... :-\
 
Noneking said:

Ek voel dieselfde oor Dwerg......
 
Ek ook, maar hy's my broer en al daai.......
 
Dankie , die storie lees Lekker en die pics is uitstekend. :thumleft:

Die Baviaans is darem maar n Baie mooi plek .
 
Top