Eerste bike

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

ReaperMan

Pack Dog
Joined
Jan 23, 2012
Messages
283
Reaction score
0
Location
Pretoria
Bike
BMW F800GS
Hi almal

Dis tyd. Na 32 jaar en 2maande kan ek net nie meer nie. 'n Bike sal gekoop word.

Emotion aside, daar is n paar opsies. Na heelwat navorsing, sielswroeging, en net eenvoudig opgewondenheid oor wat beskikbaar is, het ek gereken die F800GS lyk soos die idiale bike vir my. Ek het al 'n paar honderd killos met 'n 1200 gedoen, en terwyl dit awesome was, dink ek nie dis die regte bike vir Jhb se verkeer nie.

Daar sal meestal werk toe en terug gery word, en as daar geleentheid is, bietjie rowwer paaie saam met my pa en sy R1200GS.

'n ander opsie is die Honda Transalp, maar diep binne dink ek 'n GS is wat ek soek.

'n Paar vragies:

Gaan ek vir die nuwe F800GS?  Of soek ek n tweedehandse ene (2010 en op)?  Is die 2 jaar waarborg die premie van n nuwe fiets die moeite werd?  En die road side assistance?  Is dit die moeite werd om deur die "nuwe" 800 se fabrieksfoute te sukkel? Of moet ek maar ene kry wat klaar gesort is?

Die nuwe 800 is vir my maar 'n mooi fiets. Gaan hom die saterdag toets (Zambesi kry die week demo's in)

Ek soek n adventure bike. Eerstens om die verkeer te trotseer, tweedens om bietjie pret te hê oor naweke.

Enige raad sal waardeer word

T
 
Top