Ek noem haar toe DANIE

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

blackbird

Race Dog
Joined
May 29, 2015
Messages
685
Reaction score
66
Location
Gauteng
Bike
BMW R1200GS
Wel so het ons almal daai een kennis wat ook bikes het, maar net nie ry nie. So staan sy bikes in n ander vriend se motorhuis en word een of twee keer n jaar gey. Wel die vriend het verlede week voet neergesit want mamma se kar moet binne parkeer. Daar word vir my gevra of ek nie die Yummie wil vat en bietjie ry nie en so my GS se myle terug hou. Saterdagaand na n potjie, laatnag huistoe gery met n lig so skerp dat jy hom nie op 5 meter sien nie. Geen voor remme nie en die agterrem werk net na jou toon die teer tref. Skrikwekkend! Nouja, nou ry ek XT400 Artesia, wat iewers in die 90's die lig gesien het. Ek is dankbaar vir die happy button en sal n plastiese ammo kis topbox opsit vir skaftin, warmgoed en as n bottel wipskie dalk wil saamry. Enige raad, manuals en wat nog sal ek waardeer. Fotos sal ek more probeer opsit.
 
Top