Fatigue - how to deal with it.

Wild Dog Adventure Riding

Help Support Wild Dog Adventure Riding:

Namakwalander

Grey Hound
Joined
Nov 19, 2013
Messages
6,349
Reaction score
761
Location
Centurion
Bike
Honda XR250 Tornado
Ek lees nou so wat die manne hier sê. Nie te lank terug nie het my pa ook gekla dat hy nie sy gras klaargesny kry sonder om te stop en te rus nie en soms snaakse gevoel op die bors. As ons vir hom gesê het hy moet dok toe dan sou hy sê hy makeer mos eintlik niks nie. Lang storie kort gaan hy uiteindelik dokter toe en doen die EKG en sy dokter bel toe die spesialis in die Kaap om paar goed te bespreek. Later word daar besluit my pa moet tog maar die spesialis ook gaan sien en sommer net so sit hulle vir hom n freeflow in sonder n chip tune en daar loop die toppie weer vol revs. En hy is nog nie eens 60 nie.

Maar wat ek nou eintlik wil sê is, dalk moet Oom ook maar op die dyno klim net sodat die dok wel kan bevestig dat Oom nog fabrieks syfers loop. Dit is beter om te kan toets en WEET daar is niks fout as om aan te neem.
 

Pyscho Porra

Race Dog
Joined
May 4, 2015
Messages
2,439
Reaction score
270
Location
Gauteng
Bike
Suzuki DR-Z 400
@Dorsland - My Ouma used to say “eat, drink and be merry, for tomorrow you may die”.

Hence I tend to “partake” often and eat like @Manic used to.

Ek sê maar net :cool: :cool:
 
Joined
Mar 30, 2015
Messages
12,681
Reaction score
1,650
Location
Brits - South Africa
Bike
Honda CRF-1000L Africa Twin
My swaer is nou net oor 60, dink 62. Laasjaar se my suster vir my hy het ook skielik hierdie moegheid en hy is ook n man wat sukkel om stil te sit.
Ek beveel aan hy gaan sien die kardioloog en hulle doen n angiogram.
Stent hom net daar en hy is weer sy ou self.
Sy Bp en pols was soos die van n jong man ten tye Johan maw ook vooraf.
Hartseer om hierdie vir jou te se maar daar is dokters en dan is daar dokters.
Om by die regte een uit te kom kan soms n uitdaging wees
Toe ek nog medic was moes ek elke tweede jaar ACLS doen - advanced cardio life support
Ek het die kursus meestal saam met dokters gedoen, daar was altyd uit n klas van ongeveer 10 of 12 twee wat gedruip het.
Ek weetnie wie om vir jou aan te beveel in die Vrystaat of elders maar ek hoop jy kan by die regte man uitkom wat n passie vir sy professie het. Miskien is daar niks verkeerd en dan is ons saam jou bly maar net miskien is daar wel n vernouing en dan voorkom hulle n mi.
Mooi dag
 

Sandban(g)k

Race Dog
Joined
Aug 10, 2010
Messages
3,245
Reaction score
571
Location
Bultfontein
Bike
BMW R1200GS
As jy wil kan ek vir jou Steven Brown se nr gee - hy was jare gelede lid hier, kan nie sy forum naam onthou nie. Hy is wel n kinder kardioloog, maar behoort nou en dan fiets te ry iets saam met die manne wat in Bloemfontein met die groot pompe werk en sal jou kan verwys na die beste van die beste.
 

JacquesM

Race Dog
Joined
Jan 20, 2007
Messages
2,041
Reaction score
46
Location
Robertson
Bike
Yamaha TW200
Hi J

Hier's nou vir jou 'n armbeurs vol stuiwers.

Iemand het vroeër aanbeveel: Never google your symptoms.

Dalk moet 'n ou hulle ook nie "wilddog" nie!

Ek is oortuig jy makeer geen van dit waarvoor die manne jou wil stuur nie.

Moet asseblief ook nie al die moetie en spuite op een slag koop en vat nie. Jou Kroezer sal nie die pad huistoe kry nie.

Sterkte, en wysheid.

Ek is vol vertroue jy gaan gou weer piekfyn wees.
 
Joined
Mar 3, 2017
Messages
575
Reaction score
641
Bike
BMW R1200GS
Jou moegheid mag meer as net ouderdom wees.

So n paar weke gelede was ek by my kardioloog met sulke tamheid, lus vir niks, wil soggens 11 uur slaap, simptome.

Rustende EKG en ook hartsonar wys niks verkeerd nie

Doen nog n EKG, alles lyk goed.

Klim op die trapmeul en alles loop reg.

Na n ruk sê ek vir die assistent, ek is verveeld, kom ons vang spoed, druk die saak in die rooi.

En daar vou my hart!

Die volgende dag werk ek die 8ste hartaanval deur, gevolg die 5de stent, alles nou weer bakgat!

Ek is van opinie dat n mens versigtig moet wees vir oppervlakkig kyk en summier boere rate volg.
 

Dorsland

Bachelor Dog
Joined
Apr 15, 2012
Messages
11,170
Reaction score
1,588
Location
Van Daar
Bike
Honda CRF-1000L Africa Twin
😂 😂 😂 My skoonma word Saterdag 87, groot familie opskop daar. Ek het jong lammers in die kraal, nuwe werkers, draadmakers, jy ken mos die storie. Ek hou die pot aan die kook hier. Ek eet nou wanneer en wat ek wil (lae suiker goeters natuurlik :cool:) Braaivleis het mos nie kwaai suiker in nie. Ek kan dalk oor die naweek 'n skop skiet en donner fliek inwerk.

So dis ook 'n soort van 'n vakansie vir my. 🏖️⛱️
 

Blou Zebu

Race Dog
Joined
Nov 2, 2007
Messages
2,897
Reaction score
1,260
Location
Antananarivo
Bike
Suzuki DR650
😂 😂 😂 My skoonma word Saterdag 87, groot familie opskop daar. Ek het jong lammers in die kraal, nuwe werkers, draadmakers, jy ken mos die storie. Ek hou die pot aan die kook hier. Ek eet nou wanneer en wat ek wil (lae suiker goeters natuurlik :cool:) Braaivleis het mos nie kwaai suiker in nie. Ek kan dalk oor die naweek 'n skop skiet en donner fliek inwerk.

So dis ook 'n soort van 'n vakansie vir my. 🏖️⛱️
View attachment 795351
Verkeerde plek. Maar oor suiker.
As mens na die kyk lyk dit of daar minder as 0.3 g suiker in n 100g corn flour is. MAAR daar is minder as 0.3 sukrose
Daar is in totaal 87g soorte suikers wat almal jou bloed glukose vlakke beïnvloed. So, sou jy 100g corn flour eet, eet jy22 teelepels suiker uitsluitende die suiker in die melk en die suiker wat jy bo-oor strooi.

View attachment 795359
View attachment 795361

Interestingly enough when you think about food your body produces dopamine, the feel good hormone. So before a steak, or chocolate or whatever you like, even enters your mouth the body is preparing dopamine. Appatently broccolli is one of the very few foods for which there is no dopamine release!

Is jy seker dat jy lae suiker eet?
 

The TRANSPORTER

Grey Hound
Joined
May 24, 2007
Messages
5,179
Reaction score
204
Location
Pretoria East
Bike
KTM 950 Adventure S
Johan ek dink dis aids…daai werker van my het dit laas week gehad maar is die week weer gesond so moenie worry nie…dit kom en gaan soos n golf by die see…
 
Joined
May 18, 2020
Messages
6,787
Reaction score
1,413
Location
Bethlehem
Bike
Yamaha XT 600 Z
Julle praat van moeg.
Ek het gister by die dood omgedraai.
Paar Pa's het teen die seuns 'n game gespeel voor die skool se Rugby Afsluiting.
10 Minute aan 'n kant, Vol kontak.
Lanks laas SO lang fokken 10 minute soos gister beleef.
Ons ou manne het met 3 punte gewen............
Vanoggend al weer my gebruiklike morning glory gehad maar dis AL wat styf is, so eks redelik impressed (nie met die MG nie, met die res van my lyf.....daai MG raak nou al afgesaag na amper 56 jaar):ROFLMAO:
Een mannrtjie het my net MOER hard ge tackle. Sev het sy kop vasgegryp, seker gedink o fok hier gaat sy Paddy nou.
Die mannetjie het darem ge "Askies Oom" en my opgehelp:ROFLMAO:
 

subie

Bachelor Dog
Joined
May 20, 2008
Messages
10,990
Reaction score
283
Location
Saldanha
Bike
Honda XR125L
Julle praat van moeg.
Ek het gister by die dood omgedraai.
Paar Pa's het teen die seuns 'n game gespeel voor die skool se Rugby Afsluiting.
10 Minute aan 'n kant, Vol kontak.
Lanks laas SO lang fokken 10 minute soos gister beleef.
Ons ou manne het met 3 punte gewen............
Vanoggend al weer my gebruiklike morning glory gehad maar dis AL wat styf is, so eks redelik impressed (nie met die MG nie, met die res van my lyf.....daai MG raak nou al afgesaag na amper 56 jaar):ROFLMAO:
Een mannrtjie het my net MOER hard ge tackle. Sev het sy kop vasgegryp, seker gedink o fok hier gaat sy Paddy nou.
Die mannetjie het darem ge "Askies Oom" en my opgehelp:ROFLMAO:
Wow!! Ek is moerse beindruk dat julle toppies nog sulke goed kan doen (y) :oops:😁
 
Joined
May 18, 2020
Messages
6,787
Reaction score
1,413
Location
Bethlehem
Bike
Yamaha XT 600 Z
Wow!! Ek is moerse beindruk dat julle toppies nog sulke goed kan doen (y) :oops:😁
Fokkit sub....laaaanklaas iets aktiefs gedoen.
Maar moerse nice.
Ek was blykbaar die oudste oppie veld.
Was in gees by ELKE losskrum maar nie in vlees nie, her maar gewag dat die action na MY toe kom
 

Attachments

  • IMG-20220929-WA0046.jpg
    IMG-20220929-WA0046.jpg
    133.7 KB · Views: 0
  • IMG-20220929-WA0038.jpg
    IMG-20220929-WA0038.jpg
    143.9 KB · Views: 0

ETS

Grey Hound
Joined
Jul 15, 2008
Messages
7,043
Reaction score
220
Location
Prieska
Bike
KTM 890 Adventure R
2.5 spoons of sugar on my Weetbix and about 5 mugs of tea per day with 2 spoons of sugar each. Probably too much sugar but that hasn't changed in donkey years Chris. Less sugar is certainly good for one's health anyway.
Daars jou moeilikheid ou maat. Los die suiker totaal. EN!!!!! Kom op jou bike met daai mooi vroutjie van jou...(o gits die jong vrou is dalk deel van die probleem) en ruil n slag jou strykyster by Prieska Meubels om. Bly dan sommer vir n paar dae en kyk die manne se bokke😜😜😜😜😜
 
Top