Geel KameelRelatief nuut: Brackenfell, Wes-Kaap

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Kameel

Race Dog
Joined
May 17, 2011
Messages
2,073
Reaction score
1
Location
Brackenfell, Cape Town
Bike
BMW R1200GS Adventure
Hi almal,


Ek is nou al so 'n paar maande op die forum nadat LEM my voorgestel het aan die Wille Honne. Ek het dit egter goedgedink om myself voor te stel.

Ek woon in Brackenfell en is in 'n verhouding met Biker Chick op die forum. Ek werk al 10 jaar lank vir Media24 Koerante en bestuur die grootste en mees suksesvolste gemeenskapskoerant in die land. :3some:

Ek is relatief onervare tov motorfiets ry en het in Januarie 2010 vir my 'n 2004 BMW 1200GS (Geel Kameel) aangekoop by Atlantic Motorrad. Dit was my eerste ervaring met 'n motorfiets...en glo my...dit was interessant! Hulle se daar is 2 soorte motorfietsryers...die een wat al geval het en die een wat nog moet val...wel, nou ja...die eerste aand op die fiets het ek al geval....en nog heelwat kere daarna...die laaste paar keer net sagter in goeie sand naby Wupperthal.

Wat 'n ervaring...16 maande later en ongeveer 16 000km later en ek was nog nie 'n dag spyt daaroor nie. Intussen het ek al 'n hele paar nice trips gedoen, oa Merweville, Sutherland, Tankwa Karoo, Cederberge, Stanford, Stilbaai/Riversdal/Vermaaklikheid asook Hertbertsdale/Van Wyksdorp/Ladismith, meestal net Wes-Kaap en so 60% grond vs 40% teer...

Onlangs het ek ook ‘n lekker trippie gedoen saam met die Wes-Kaap Wille Honde vir die Lucky Lucy Foundation naby Kraaifontein waar ons hondekos ingesamel het vir hulle. Dit wys my die Wille Honne se harte sit ook op die regte plek...ons was so 25 Wille Honde...en ons kon ervaar hoe daar omgesien word na so 80 honde wat voorheen mishandel is en ‘n kans gegun word op ‘n nuwe lewe.

Groete en onthou: Ry daai ding!!!!!!
 

Attachments

  • Wild.jpg
    Wild.jpg
    245.1 KB
  • Wild2.jpg
    Wild2.jpg
    214.6 KB
Top