Giving a 1956 DEEK a new life

Wild Dog Adventure Riding

Help Support Wild Dog Adventure Riding:

woody1

Bachelor Dog
Joined
May 21, 2012
Messages
12,029
Reaction score
219
Location
Riversdal Weskaap
Bike
Yamaha Super Tenere
Nou kom n ander ding. Gelukkig is ek nie een van die manne wat glo alles moet 100% period korrek wees op my kar nie. My kar my budget my manier.
Die chrome strips is almal moertoe.....ja nie beter manier om dit te beskryf nie.
Nou as iemand my scrap wil kom haal....hulle probeer regmaak en weer chrome is hulle welkom .....maar jy doen dit op jou onkostes. Ek weet wat kos chrome werk. Ek weet hoe lank dit vat en ek weet ook daar is nie n chrome plek naby Riversdal nie.

Dus bestel ek van die plastic chrome beading. Smal en bietjie weer een.
R 130.00 vir 15 meter kan jy nie fout maak nie

Toe dit ook vanoggend saam met Courier Guy kom toe kan ek nie wag nie.

Ek is heel in my noppies. As jy nie weet dis plastic nie sal jy dit nie agterkom nie.
Kyk die karretjie met sy onderdak spuitwerk moet net mooi lyk op n afstand.

Agterste bedrading is nog nie gedoen vir ligte nie maar ek het goed net tydelik opgesit om n GEVOEL te kry hoe sy gaan lyk.

Tot die chrome strip gekry wat om die gutter ridge gaan.20220805_124204.jpg 20220805_124214.jpg 20220805_124204.jpg 20220805_124214.jpg 20220805_124224.jpg 20220805_124232.jpg
 

Chrisl

Teelhond
Joined
Jul 23, 2007
Messages
36,218
Reaction score
344
Location
Southern Cape
Bike
BMW R1200GS
Waarvoor staan die 3=6 op die dicky...................................3 silinder 6 horsepower?
 

Namakwalander

Grey Hound
Joined
Nov 19, 2013
Messages
5,864
Reaction score
294
Location
Centurion
Bike
Honda XR250 Tornado
Daai plastic chrome lyk wraggies baie goed daar. Ek het al baie die produk te koop gesien en dan gewonder wanneer dit gepas sal wees behalwe die kere wat ek hierlangs en in die Noordkaap gesien het hoe n ou bv n Corolla se alle panele met daai goed omkring sodat hy so bietjie "bling" kan wys
 

RobC

Not a bachelor.
Joined
Dec 10, 2007
Messages
15,320
Reaction score
175
Location
Bloemfontein
Bike
Kawasaki KLR 650
Die DEEK begin nou baie spoggerig lyk. Pragtige retourasie so ver en ja soms moet mens innoverend wees om dinge te laat werk.(y)
 

woody1

Bachelor Dog
Joined
May 21, 2012
Messages
12,029
Reaction score
219
Location
Riversdal Weskaap
Bike
Yamaha Super Tenere
Dankie julle.
Chris die 3=6 verwys na die tweeslag 3 cylinder engine wat dieselfde output as n 4slag 6 cylinder het....so het hulle dit bemark
 
Joined
Mar 3, 2017
Messages
183
Reaction score
187
Bike
BMW R1200GS
Ek geniet hierdie avontuur, veral vanaf die rusbank.

Maar my taalgebruik steier wanneer mense van stange praat, en dan nog weet waaran hulle praat!

Het daardie enjin ooit oorverhit en water in die enjin gekry?

In my ondervinding lei dit tot roes op die rollaers van die krukas, wat nie die vertoning of verrigting van die enjin nadelig beïnvloed nie maar daardie tipiese DKW enjinklank van hangggggg pram pram pram lewer.
 

woody1

Bachelor Dog
Joined
May 21, 2012
Messages
12,029
Reaction score
219
Location
Riversdal Weskaap
Bike
Yamaha Super Tenere
Weet regtig nie in watter kondisie engine is nie. Sy het gestart toe ek haar opgetel het.
Sal maar sien
 

Skaiidawg

Race Dog
Joined
Feb 10, 2010
Messages
890
Reaction score
17
Bike
KTM 990 Adventure

woody1

Bachelor Dog
Joined
May 21, 2012
Messages
12,029
Reaction score
219
Location
Riversdal Weskaap
Bike
Yamaha Super Tenere
Vandag dievagterste fender rubbers ingesit. Ook die wiper motor met sy meganisme.
En toe die motor.....blikemmer maar hy is swaar vir n 2 stroke 3 silinder. Ek moes VAT om hom in te kry.
Sommer gou getoets of die 12 volt BMW starter werk. Hy swaai hom dus is die rat op starter reg.
Dis nogal lekker om iets aanmekaar te sit met nuwe boute moere en washers

20220806_150944.jpg 20220808_132538.jpg 20220808_145400.jpg 20220808_150753.jpg 20220808_150808.jpg
 
Joined
Mar 3, 2017
Messages
183
Reaction score
187
Bike
BMW R1200GS
20210110_103748.jpg
Daar is n DKW stasiewa in Parys by die Hoi Poloi restaurant
Die stasiewa was dalk stout want hy is toegesluit.
20210110_103810.jpg
Dalk mag jy nie petrol en olie meng in die Vrystaat nie?
 

roxenz

Grey Hound
Joined
Sep 16, 2008
Messages
5,836
Reaction score
181
Location
West Rand
Bike
Yamaha Super Tenere
Die girl met haar rooi rokkie begin mooi lyk, Woody! Jy gaan lekker wintgat voel as jy haar vat vir 'n Sondag uitstappie na Stilbaai. As jy haar stop daar erens op die Haasvlakte, sal sy mooi uitstaan teen die vaal veld en blou lug. 👍🏻
 

Dutchman81

Race Dog
Joined
Feb 12, 2012
Messages
1,477
Reaction score
35
Location
Fort Beaufort
Bike
AJS (all models)
Oom Woody gooi my weg, sou vir oom n ver beter deal op daai dak liggies gegooi het... 🤣 Lyk baie mooi oom, onthou n mens nodig net dak liggies vir die laat aand fliek by die drive in...
 
Top