Hi ALL!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
C

Centaur

Guest
Dagse' almal hier op WD forums!

Amper al 'n jaar terug aangesluit - nie veel tyd gehad om jul plek te bespiegel nie, maar het deesdae baie meer tyd.
Wat 'n great forum! Een van die wat die mees aktief is van alle motorbike forums wat ek al gesien het.

Onlangs weer kontak gemaak met 'n goeie vriendin wat ek op een van die ander forums ontmoet het [BMW F800 Riders Association] ... en wragtig weet, sy't my net te laat destyds oortuig (ek moet se', sonder veel moeite), om oor te skakel na 'n "dualie" toe.
(Skuus aan die 'mods' - natuurlik sal julle net "dualies" he' in die 'drop-down list' ... ek't het maar die bike gekies waarna ek bitter bitter graag wil oorskakel.)
Man! Nou sit ons maar met die huidige padbike totdat ons ontslae kan raak daarvan en kan oorskakel na 'n "dualie" toe.
Julle ouens op die "dualies" het die meeste fun, van alle bikers, dink ek anyway!

Dis baie lekker om hier te wees, en te kuier op al die onderwerpe hier in jul forums!
Die GROOT probleem is dat dit my net meer en meer laat jeuk om die "dualie" onder hande te kry ... (gaan juis sommer vanmore die outjie toetsbestuur!

Groetnis! 8)


 
Top