HIKE KAMMANASIE

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Gerard

Teelhond
Global Moderator
Joined
Jan 16, 2010
Messages
38,536
Reaction score
3,263
Location
Port Elizabeth
Bike
BMW R1150GS
Na my report oor die trip wat ek deur die Kammanasiepas gedoen het, lyk dit daar is 'n paar manne wat lus het om dit saam my te stap. Ek sit solank die idee hier dat ons kan begin beplan, daai boots en rugsakke afstof en begin fit raak, want 'n afkak gaan dit wees.

Datum :

14 tot 16 Desember 2013.

Dink dit sal die beste tyd wees. Dis 'n langnaweek vir die wat ver moet kom. Dit gaan warm wees, maar ons is mos nie bang nie. Ten minste behoort dit nie te reën nie en sal minder toerusting nodig wees.

Roete :

Sien die kaart. Dis so om en by 50km se stap.

Dit sal 'n twee dae Toontrek wees, begin die Saterdagoggend by Buffelsdrif aan die Uniondale kant, slaap oor in die kloof en eindig Sondag by Middelplaas aan die De Rust kant. Die slim manne kan vir ons die koordinate gee. Verwag dat die terrein rof gaan wees en nie vir die faint-hearted nie.

Toerusting en voorrade :

Jy's verantwoordelik om jouself te sort. Op die roete is daar geen fasiliteite nie, so dis Stealth-kamp. Daar behoort water in die rivier in die kloof wees vir aanvulling. GEEN VURE NIE.

Admin :

Ons stap deur 'n natuur reservaat oor boere se plase. Ek het reeds met hulle begin gesels en dit lyk nie dit sal 'n probleem wees om toestemming te kry nie.

Algemeen :

Sê maar as daar nog iets is wat ek moet uitvind.

Ek weet dis nog lank voor die tyd, so sê maar as daar ander idees is

Wie is in :(Net dat ek kan tred hou. Post en ek sal jou naam bysit)

1. jupiter
2. Innis
3. 10klr
4. Hando
5. Lem
6. Vis Arend
7. RCerrie

 

Attachments

  • Map1.jpg
    Map1.jpg
    71 KB
Top