Dag 6:
Die vorige aand se slaap was aangenaam, ten spyte van die idee dat dit tussen paar slange kan wees. Ek is bang vir slange. Bang is dalk ‘n understatement. Ek is daai ou wat, as iemand ‘n slang vashou, sterk oorweeg om beide die ou en die slang te help. Met ‘n Glock. Of n haelgeweer.
Laat my dink aan goeie raad wat ek eendag gekry het: As jy op ‘n eiland gestrand is saam met ‘n swart mamba, ‘n leeu en ‘n prokureur en jy het net 2 patrone. Dan skiet jy die prokureur twee keer.
Ek het altyd daaroor gewonder, aangesien ek die slang eerder sou skiet. Op Quest het ek wel gesien prokureurs kan ook goeie ouens wees. Nice. Eerlik. (Hulle sal seker enigiets doen om ‘n saak te wen, selfs die waarheid praat...)
Die Tankwa Karoo het my hart gesteel. Ek deel [member=22711]Hollywood[/member] of [member=14604]JesseH[/member] se sentiment dat mens gerus meer tyd daar sou kon spandeer, mar ons het dinge gehad om te doen en ons uurglas was besig om aan die leegraak te word. Ons is deur die Tankwa op die mooiste paadjies – ek sal vir dae aaneen hier kan ry. En vandag was my en [member=22237]Phantom[/member] se beurt om voor te ry. Whoohoo!! Lekker minimum stof, maar ek sou eerder op een van die sanderige dae nader aan voor wou wees
eepwall:. Nietemin, dit was lekker, en die pas aan die voorkant van die konvooi was effens vinniger en meer konstant. Ouberg pas het my genooi om weer te gaan kuier. ‘n Nuwe wêreld het vir my oopgegaan in die Karoo – ek kon nie glo ek het al hier en daar stukke van die buiteland gesien, maar nog nooit ons eie mooi dele kom kyk nie.
Team Rumbux se luck het uitgehardloop rondom middagete. Ons is deur ‘n egskeiding en moes saam met ons nuwe spanmaats weer in ‘n nuwe volgorde inval. Ek was saam met André le Roes. Die ou is solid. Die personifikasie van ‘n Land Cruiser. Hard. Taai. En vinnig. (Ek neem aan hy is ‘n petrol Cruiser – maar ek het hom nog nie sien drink nie, so kan nie bevestig nie). Waar ek en [member=22614]PhantomCupcake[/member] meer konserwatief gery het vir oorlewing (vir obvious redes) was bike nr 2 aggressief. Aanvallend. Ons het mekaar vinnig uitgesort gekry en het van daar af lekker gery – vir die eerste keer op die trip het ek deurentyd hard gerem en hard versnel. Dis een ding van die Honda – hys ‘n allrounder. Ek het ‘n 990 gery vir ‘n rukkie – en dis ‘n fiets wat mens nie kan rustig ry nie. Alles in hom tart mens uit om ‘n vark te wees. Soos tequila.
Die Honda aan die anderkant kon hom gedra soos ‘n goed verouderde brandewyn. Jy kan hom op klippe drink. Sip-sip. En dis aangenaam. Jy kan ook Coke bygooi, groot slukke vat en na Snotkop luister in jou Cortina, en die Honda is ewe tuis. Bliksem, ek reken hy sal hom goed kan gedra selfs as jy dit in ‘n papsak gooi. Die Honda is ‘n exciting fiets as jy hom kwaad maak. ‘n Ware dual sport. Natuurlik te swaar vir sekeres. Te min krag vir ander. Maar verseker goed genoeg vir enigiets wat jy na sy kant toe gooi. En beter in meeste as die res.
Die Good Luck pad was een van die lekkerste roetes op die trip. Ek het so paar keer my luck gepush, maar dit was alles Good Luck. Die res van die pad na Boplaas was baie mooi – die Karoo het darem maar net daai iets. Die moeilikste deel van die Karoo is om weer op die pad te kom as jy afdwaal van al die rondkyk.
Die kampplek was uitstekend op Boplaas, en na ‘n nogmaalse hemelse ete uit die Specialised Adventures kombuis en paar insiggewende presentations kon ons uitsien na ‘n rusdag. Uitsien is dalk nie die regte woord nie – ‘n onsekere opwinding is dalk meer gepas aangesien niemand van ons geweet het wat die volgende dag gaan gebeur nie, behalwe om die fietse gediens te kry.
Een ding was seker – die Quest was besig om vir my iets spesiaal te word. [member=22711]Hollywood[/member] se presentation oor Livingstone het, gegewe die rotse wat ek by Stonepiles gelos het, soos die engelse sė: it hit home. Die ou het ten spyte van sy merkwaardige werk in Afrika, niks van sy familie gehad nie. Ten spyte van sy aanhang regoor die kontinent en elders, wou sy eie kind nie sy van hê nie. Elkeen het seker maar die dinge wat vir hom belangrik is, maar ek twyfel of ek eendag aan die einde van my toutjie sal wil onthou word vir my werk eerder as die verskil wat ek in my eie huis kon maak.
Ek het daai aand goed geslaap. Ek was ‘n gelukkige man.