Laat ek julle die hele storie vertel.
Laas jaar kry ek dit in my kop dat mens nie daai lekker langnaweek in Augustus kan mors nie en ons hou toe die Old School en Thumper Bash by Bosvarkie naby Caltzdorp. Dit was heel suksesvol en ek besluit toe ek sal elke jaar die naweek gebruik vir iets.
Ek weet toe al van Veltie se planne met Koedoeskloof. Hulle is ook daar en so in die loop van die naweek sê ek vir hom, maak jou reg, ons kom vlg jaar na jou toe. Nee wag broer, sê hy, laat ons eers kyk. Sien op daai stadium was daar nog niks.
So ry ek einde Augustus, net na Veltie hulle ingetrek het, 'n trip saam die SC honne en die Sondagaand slaap ek oor by Koedoeskloof. Die plek is nog rou en werk het net begin. Ek is oombliklik versot op die plek en hulle planne. Alles is daar vir 'n great venue( OK, dis nou geskiedenis)
So gaan die tyd verby en nou en dan herrinner ek hom aan my plan. Nee wag broer. En so gaan dit maar. Teen Mei die jaar is dit tyd om te besluit en nou gesels ons ernstig. Ons weet die nommers gaan beperk wees maar wat is die perk. Hy sê uiteindelik 60 en ek gee maar in en so kies ek toe maar 'n brand event om die nommers te beperk.
En so hou ons toe die XT Get Together, en die nommers was net reg.
Veltie en Blommie... Thanks. Julle het dit 'n great naweek gemaak. Julle het die "KNACK".
Aan ons borge, Hendri by Gearge Yamaha, Gavin by Helderberg en Pistonpete... thanks julle ouens. Elkeen het bygedra om dit 'n sukses te maak
XTJOE vir sy mpoeite met dire T-shirts :thumleft:
En almal wat daar was... julle was 'n great klomp ouens. Lekker gewees om met ou vriende te gesels en nuwes te ontmoet.
Dit lyk my die besluit is klaar geneem. Sien julle vlg jaar dieselfde plek, dieselfde tyd vir die Tweede XT Gathering.