Is jy honger?? Kom eet tot jy le en eet dan verder (R120) 10 Aug

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Riebeeker

Race Dog
Joined
Mar 16, 2008
Messages
3,812
Reaction score
0
Location
Riebeek Kasteel
Bike
AJS (all models)
Tussen Riebeek Wes en Moorreesburg op 'n plaas is 'n Plaas Tannie wat MAG kos maak.
In 'n ou plaashuis kan jy lekker rustig kom saam kuier en ek sal jou waarborg dat jy nie honger daar gaan weg loop nie. Daar is 'n kontant kroeg met outydse drank-pryse.

Bring jou vrou / meisie / verloofde / stukkie saam of as hulle nie wil kom nie bring jou kinders saam en as die ook nie wil kom nie kom alleen en kom eet jou trommeldik!

Spyskaart:

Voorgereg:
Bruin-, kaas-, rosyne-brood en roosterkoek
Bokkoms, kaas en konfyt is wat ons daarby soek

Hoofgereg:
Waterbommetjies, afval, hoenderpastei en skaapboud
Pampoentert, groente aartappels en slaai

Nagereg om van te kus en keur

Of broodtafel, SKAAPKOP, slaai en nagereg
@R150 per persoon!

Dit gebeur net 1 x per maand en dit is nou weer die 10de Aug tussen die mooi koring en canola lande.

Vir R120.00 kan jy eet soveel as jy kan daar is nie ander wat wag vir jou tafel nie jy sorg dat jy voor 12H00 daar is en jy mag na sononder huistoe gaan.

Plekke is beperk so bespreek nou!

Plaas Tannie
Onbedacht
Moorreesburg
7310
Sel:  083 317 5536
Tel:  022 433 2473
e-pos: [email protected]
 

Attachments

  • Plaas Tannie.jpg
    Plaas Tannie.jpg
    301.6 KB
Top