Kaapstad na Nelspruit - 2800km op 'n strykplank

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Pragtige paaie langs die Boesmansrivier




38683b566a8b5b1391a9ecdecde130d9.jpg
 
Die wind waai al sterker en teen die tyd dat ek by windplase voor Bedford kom, is dit moeilik om die fiets regop te hou as ek nie beweeg nie.




55a13179e2bec068836909af12b8c9b0.jpg
 
Vinngie koffie in Bedford, petrol en olie en dan wikkel ek weer. Nou vir Baviaansrivier reservaat.
Dit raak duidelik dat ek my bestemming vir die aand moontlik nie gaan maak voor donker nie. Ek lig die spoed en via Tarkastad, Sterkstroom en Dordrecht eindig ek teen skemer in Barkley Oos. Tud vir fotos is min, maar wel ń paar benoude oomblikke. Pad is op plekke sleg verspoel en ek twyfel of mens met 4x 4 daar kan deur.



86f16be9cf183678ccbfe810a3deb0ea.jpg
 
Daar's ń halfuur oor voor sononder en ek vat ń kans en begin ry na Rhodes. Maak nou nie meer saak hoe ek sit nie, dit voel of daai sitplek vil warm kole is

1c2f66450546c324ba6e002509efb004.jpg





80e27860e68232edbef9aa8165b1704d.jpg



Ek ry Rhodes binne net voor dit ordentelik donker is en boek in by Walkerbouts in hulle laaste beskikbare bed. Lekker aand in die kroeg met Pizza, Captain en lekker gesels met Dave Walker.
 
Jy het my nou so lus vir so trip ek doen sommer iets onverantwoordelik.

Die belangrikste vraag nou is - wat is die storie met die olie?
 
KarooKid said:
Jy het my nou so lus vir so trip ek doen sommer iets onverantwoordelik.

Die belangrikste vraag nou is - wat is die storie met die olie?


Weet nog nie jong. Alles skoongemaak, maar daar was nog nie weer tyd vir ry nie......
 
Vroeg die volgende oggend is ek op en begin weer ń paar lae klere aantrek. Die wind raas buite en ń klomp paragliders mor buite op die stoep omdat hulle nie kan gaan vlieg nie.

69df5dbba5f2f323ccdc123e1434ffb7.jpg



Behalwe vir die wind wat waai is dit ń baie mooi dag.




ddcac754f547b8fc749bfcc7c5bb2e29.jpg
 
IDR said:
Paar awesome fotos C, dankie vir die deel.  Is darem 'n mooi plek waar ons bly?


Dankie! Ja wragtag! Daar's nog so baie om te sien hier voor ek hoef geld te spandeer op trips oorsee....
 
Ek vat my tyd op teen Naudesnekpas. Baie skape op die pad en die wind waai vreeslik!




73bb38b51abd67addc3810fcee5d4d73.jpg





d5a473c79bc57ab81a6bc75dae36d4e6.jpg
 
Dit lyk of alles maklik met die GS sou gaan. Was daar erens waar jy sou gesukkel het met die GS?
 
Top