Kaapstad na Nelspruit - 2800km op 'n strykplank

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
katana said:
Dit lyk of alles maklik met die GS sou gaan. Was daar erens waar jy sou gesukkel het met die GS?


Daar was nêrens op die trip enige tegniese stukke nie. Die GS sou ń baie beter keuse gewees het vir die trip, maar dit was nie die punt nie....[emoji12]
 
Noneking hoeveel ligter voel die 701 as die HP?

As jy hulle twee langs mekaar trek en my vra pick een sal dit die HP wees. Net oor daai beetle engine. :deal: :thumleft:
 
ChrisL - DUSTRIDERS said:
Noneking hoeveel ligter voel die 701 as die HP?

As jy hulle twee langs mekaar trek en my vra pick een sal dit die HP wees. Net oor daai beetle engine. :deal: :thumleft:


Ek dink die stats sê die Husky is so 50kg ligter......en mens voel dit!

Kyk, Husky is ń moerse lekker bike met ń witwarm motor en fantastiese suspensie, maar dit is geen HP nie.....[emoji41][emoji41]
 
56b0e96126eca6c476305c263a732e41.jpg
 
Bo by die nek waai die wind mal en ek sukkel om my foon vas te hou vir foto.


https://www.youtube.com/watch?v=YhG7okN9U3E
 
Anderkant af en ek draai te vroeg af na links en eindig op Mcabalala pad wat volgens T4A deserted is. Ek ry net entjie daarop voor ek besluit om om te draai en Pitseng om na Mount Fletcher te ry. Die stukkie pad is altyd mooi!




ffdfa500842fea6c6cba30bc49c1a723.jpg
 
Van Mt Fletcher na Matatiele op die teer en net buite Matat trek die verkeerspolisie my af. 97 in 'n 60 sone. Die manne praat baie mooi vir 'n vroeë kersgeskenk, maar ek hou my dom en die konstabel besluit hy is te lui vir boete uitskryf  ;D ;D

Brandstof en koffie in Matat en dan kortpad met Swartberg pad na Himeville. Hier kry ek ook darem die kans om 'n gereedskapstel te gebruik.... :peepwall:




3c2a63131c5baf03570ae965c6e772c7.jpg
 
Van Himeville na N3 via Lower Lotheni Road Sneeu lê nog dik op die hoë pieke in Lesotho en daar waai 'n yskoue wind.




ec5aec83f0df04dd351f6003e8ac26aa.jpg
 
Aan die anderkant uit op teer na Nothinham Rd lyk dit of die hele midlands brand. Ek besluit om op die N3 te ry tot by Van Reenen sodat ek weer by Green Lantern kan oorbly. Die trip is vir alle praktiese doeleindes verby en al wat nou oorbly is 500 moordende km op teer terug na Nelspruit om betyds te wees vir werk....

Volgende oggend begin egter nie goed nie en vir tweede keer op die trip is ek sopnat en yskoud......




af190549bb6539134704e3e3eb729a23.png
 
Terug by die huis met ń stukkende agterstewe met ń seer lyf, stukkende agterstewe en ń KTM-agtige olielek.

2800km in 6 dae is nie waarvoor die fiets gebou is nie, maar dit was blêrrie lekker!


ea82b52e437fd06af93ada0004558b6f.jpg





fcb03f58f038c94bb84e5c2967cf237d.jpg
 
2StrokeDan said:
Baie mooi RR, ek het dit baie geniet.

Daai HP2 seat lyk my niks gemakliker as die 701 s'n nie.


Dankie!

Hey, daai HP is soos ń Gomma-Gomma teen die Husky [emoji849]
 
Dankie, het die saamry geniet.
Jammer jy het so min tyd gehad, jy het naby my wêreld verby gegaan.
Sou jou graag wou ontmoet.
Hier sou jy darem warm geslaap het. :peepwall:
 
Oubones said:
Dankie, het die saamry geniet.
Jammer jy het so min tyd gehad, jy het naby my wêreld verby gegaan.
Sou jou graag wou ontmoet.
Hier sou jy darem warm geslaap het. :peepwall:

[emoji1303][emoji1303]
 
NoneKing! Please send me your number so we can invite you riding with us? bunch of boys on 690's, husky 610, KTM 625's.

or send me a msg or call 07 too 58 too Oh! 535
 
XC-Perfeksie said:
NoneKing! Please send me your number so we can invite you riding with us? bunch of boys on 690's, husky 610, KTM 625's.

or send me a msg or call 07 too 58 too Oh! 535


Thanks, will send you a message.
 
Top