Kaaptoe via Tradouwpas

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Oct 4, 2006
Messages
381
Reaction score
256
Location
Somerset Wes
Bike
BMW R1150GS Adventure
Laasweek het ek Kaaptoe gery vanaf Vleesbaai.
Die kortste pad is N2, maar dit is maar vervelig so teerpadlangs, toe ry ek 'n ompad via Tradouwpas en R62.
Dit was my eerste langafstand trippie met die GeelKameel ii (GS) en ek verkies om nie grondpaaie met hom te ry nie. My GSA is die grondpad-fiets.
Ek het heelwat fotos geneem vanaf Fransmanshoek (naby Vleesbaai) en almal ge-edit om hier te wys --- maar nou is die stokkie met beste fotos ongelukkig iewers verlore.
Hier is paar fotos wat ek kon bymekaarskraap.

Twee mooi bome naby Vleesbaai
IMG-20220424-WA0010.jpg


Van hier af teerpadlangs tot naby Swellendam, afdraai na Zuurbraak en ons is by die Tradouwpas se suidelike begin.

Die oorspronklike Tradouwpas deur die Langeberg is deur Thomas Bain uitgelê en die pas is in 1873 amptelik ge-open.
Deur die jare is dit dikwels herbou ná verspoelings en ook opgegradeer. Die grootste herbouing was in 1979. Die huidige pas is heelwat hoër teen die berg as wat die oorspronklike was.
Hierdie pas met die mooi klipwerk, goeie ryvlak en majesteuse rotsformasies is vandag een van die mooiste teerpadpasse in die WesKaap en in die land.

Die Drupgrot is so halfpad in die pas

IMG-20220424-WA0009.jpg


Nog drie fotos so al in die kloof op

IMG-20220424-WA0008.jpg

Net hierna het ek in 'n bui reen ingery, sopnat geraak en kort daarna in helder sonskyn ingery.

IMG-20220424-WA0007.jpg

Dit was asemrowend mooi om die rotsformasies so met die laatmiddagson te sien.

IMG-20220424-WA0006.jpg


In Montague het ek by Spar 'n warm koffie gedrink en van hul advertensiekoerante geleen om voor in my baadjie in te druk teen die koue wind.

Die R62 gaan deur Montague met sy kort tonnel in die Kogmanskloofpas.
Die indrukwekkende rotsformasies laat mens klein voel.

IMG-20220424-WA0005.jpg

IMG-20220424-WA0004.jpg


Ek het heelwat diep in die donker by die huis aangekom, met 'n baie koue lyf.
Maar my siel was baie tevrede met die ompad wat ek gery het.
En die GS loop regtig baie lekker.
Wat meer wil 'n mens hê !

Ek hoop om die stokkie met die ander fotos op te spoor, dan sal ek meer fotos kan oplaai.

UPDATE
Ai, lyk my die stokkie is verlore, met al daardie fotos. Die stokkie het iewers tussen my lessenaar en die parkeerterrein geval . . . ek kan net dink iemand het nou 'n lekker 32Gig stokkie bygekry
😒
 
Last edited:
Top