Karoo "Loepie" 22 - 24 Julie'22

Wild Dog Adventure Riding

Help Support Wild Dog Adventure Riding:

Difflock

Race Dog
Joined
Jul 27, 2012
Messages
1,594
Reaction score
63
Location
Kirkwood
Bike
Yamaha Super Tenere
Oom Boetie Whittle:
Hello Diffie, hoe haan dit jong, wou nog antwoord op jou vraag oor die Karoo Loepie, ek's verseker in vir die trippy.

Diffy:
Altyd goed en met oom, is reg oom, ek sit jou oppi lys.

Skaapkop aka "Bennie Mulder":
Thumbs up!!! To Diffy mbt tot die Karoo Loepie.

"Soos altyd is Bennie in ,n Advontuur stofpad ridder wat nie maklik nee sê"

So begin ons trippy Vrydag middag 22 Julie om 16:40 ry ons uit Kirkwood van "Die Co-Op" rigting R336, R75 via Wolwefontein, R329, R338 Mount Steward na Klipplaat vir ons oornag bestemming Hotel Charles - 129km.
Die son begin sak, nog blou lug, geen wind en glad nie koud vir die tyd van die jr, ons tref ons 1st padwerke op die R75 en ook ons laaste vir die aand.
Ons stoot aan tot verby Wolwefontein en net met die afdraai op die R338 Baroe tref ons die stofpad, trek af vir bene rek en bietjie opvang van ons mekaar laas gesien het.

"Oom Boetie ken nie van night ride maar vir ek en Bennie is dit al n gegewe omdat ek altyd n ekstra nuwe stuk pad wil verken om die dag vol te maak en eindig so donker by ons bestemming op"

Die R338 van Baroe via Mount Steward na Klipplaat het vinnig gegaan en ry donker by Hotel Charles se hek in.

So pak ons die ysterperde af, word ons kamers gewys vir die nag maar sommer met die intrapslag ruik jy chef Kerr se vleis potjie, vannaand gaan ons lekker eet en het ons.
So beweeg ons na die kroeg vir n lemmenatjie "keel natmaak" en kuier soos ou pêlle die aand saam Kerr tot laat om snoesug in warm beddens te rus vir die dag van môre se nuwe Karoo stofpaaie.
 

Attachments

  • GH012439_1659028306299.jpg
    GH012439_1659028306299.jpg
    485.4 KB · Views: 0
  • GH012439_1659028295887.jpg
    GH012439_1659028295887.jpg
    286.5 KB · Views: 0
  • G0022446_1658685679441.JPG
    G0022446_1658685679441.JPG
    2.3 MB · Views: 0
  • GOPR2449_1658685679441.JPG
    GOPR2449_1658685679441.JPG
    4.9 MB · Views: 0
  • GOPR2450_1658685679441.JPG
    GOPR2450_1658685679441.JPG
    4.7 MB · Views: 0
  • G0032451_1658685679441.JPG
    G0032451_1658685679441.JPG
    2.3 MB · Views: 0
  • G0042455_1658685679441.JPG
    G0042455_1658685679441.JPG
    2.3 MB · Views: 0
  • GH012440_1659028360802.jpg
    GH012440_1659028360802.jpg
    400.5 KB · Views: 0
  • GH012441_1659028378912.jpg
    GH012441_1659028378912.jpg
    433.2 KB · Views: 0
  • GH012486_1659028408857.jpg
    GH012486_1659028408857.jpg
    234.5 KB · Views: 0
  • GH012487_1659028463154.jpg
    GH012487_1659028463154.jpg
    168.2 KB · Views: 0
  • GH012488_1658685679441.MP4
    40.2 MB
  • IMG-20220723-WA0002.jpg
    IMG-20220723-WA0002.jpg
    64.8 KB · Views: 0
  • IMG-20220724-WA0050.jpg
    IMG-20220724-WA0050.jpg
    122.3 KB · Views: 0
  • IMG-20220724-WA0051.jpg
    IMG-20220724-WA0051.jpg
    113.7 KB · Views: 0
  • IMG-20220724-WA0052.jpg
    IMG-20220724-WA0052.jpg
    115.3 KB · Views: 0
  • GH012491_1659028519639.jpg
    GH012491_1659028519639.jpg
    105.7 KB · Views: 0
  • GH012492_1659028528807.jpg
    GH012492_1659028528807.jpg
    104.3 KB · Views: 0
  • GH012495_1659028619144.jpg
    GH012495_1659028619144.jpg
    78.7 KB · Views: 0
  • GH012495_1659028600636.jpg
    GH012495_1659028600636.jpg
    137.9 KB · Views: 0
  • IMG-20220724-WA0053.jpg
    IMG-20220724-WA0053.jpg
    84.9 KB · Views: 0
  • VID-20220723-WA0004.mp4
    3.7 MB

Dutchman81

Race Dog
Joined
Feb 12, 2012
Messages
1,501
Reaction score
42
Location
Fort Beaufort
Bike
AJS (all models)
Ja nee manne kyk hier kom weer n lekker een, Diffie jou "loopies" maak my bang... Sien oom Boetie ry sy nuwe "KLR" 👍
 

Difflock

Race Dog
Joined
Jul 27, 2012
Messages
1,594
Reaction score
63
Location
Kirkwood
Bike
Yamaha Super Tenere
Na n goeie nag se rus hoor Bennie my al vroeg roer uit die vere, my inner klok is maar gestel vir vroeg opstaan.
Nie lank daarna ontmoet ons mekaar in die gang vir ons eerste koppie boere troos en so begin die dag spoed optel, bikes word gepak waarna ons die rekening vereffen, sê ons goodbyes vir Kerr en kies koers die R338 rigting Noord na Aberdeen.
Dus nog stip donker buite, maar ons weet dit gaan n lang dag inni saal wees en sien glad nie op daarvoor omdat die geleentheid om nuwe stofpaaie "landskappe" te verken gaan opmaak daarvoor.
Die R338 is pragtig en in n goeie kondisie, jy kan die oor so bietjie draai maar moet nie vergeet om die son se opkoms te soek maar wat ons nie beskore was agv koue wolke dit bly weg steek.
Ons ry Aberdeen binne, nog stil en min mense wat op is, maak brandstof vol by die Kooperasie.
Daarna skiet Bennie en Oom Boetie in vir n oop Kaffee vir n soet tand dingetjie.
Die petrol joggie is vriendelik en Bennie skerts lekker met hom oor die hoë brandstof pryse, hy trek omtrent sy siel uit, iets om te beleef, Skaapkop se airtime raak nie op en so vul hy onse aan.
 

Attachments

  • GH012496_1659373737465.jpg
    GH012496_1659373737465.jpg
    178.7 KB · Views: 0
  • GOPR2500_1658685679441.JPG
    GOPR2500_1658685679441.JPG
    3.5 MB · Views: 0
  • GOPR2503_1658685679441.JPG
    GOPR2503_1658685679441.JPG
    3.6 MB · Views: 0
  • GOPR2506_1658685679441.JPG
    GOPR2506_1658685679441.JPG
    3.4 MB · Views: 0
  • GOPR2514_1658685679441.JPG
    GOPR2514_1658685679441.JPG
    4.1 MB · Views: 0
  • IMG-20220723-WA0008.jpg
    IMG-20220723-WA0008.jpg
    68.7 KB · Views: 0
  • GH012499_1659373841017.jpg
    GH012499_1659373841017.jpg
    159.5 KB · Views: 0
  • GH012498_1659373805415.jpg
    GH012498_1659373805415.jpg
    120 KB · Views: 0
  • GH012508_1659373881196.jpg
    GH012508_1659373881196.jpg
    211.7 KB · Views: 0
  • GH012508_1659373869243.jpg
    GH012508_1659373869243.jpg
    235.4 KB · Views: 0
  • 20220723_073631.jpg
    20220723_073631.jpg
    1.7 MB · Views: 0
  • 20220723_073648.jpg
    20220723_073648.jpg
    2.1 MB · Views: 0
  • GOPR2509_1658685679441.JPG
    GOPR2509_1658685679441.JPG
    4.9 MB · Views: 0

Difflock

Race Dog
Joined
Jul 27, 2012
Messages
1,594
Reaction score
63
Location
Kirkwood
Bike
Yamaha Super Tenere
Uit Aberdeen op die R61 na Beaufort Wes draai ons na 18 km regs op die Murraysburg pad vir 62 km, die stuk pad is relatief goed, hier en daar n slegte strook maar kyk eerder uit vir die bakkies oppad jagveld toe, die manne is haastig.
Geniet die landskap met die veld wat in n pragtige kondisie is en jul moet regtig oplet op die verskillende veld tipes en ek stipileer die kondisie is puik vir vee.
Ons 1st stop sal by die Driehoek- & Toor-fontein / Murraysburg kruising wees vir ontbyt wat bestaan het uit, koffie, smeer & brie kaas, snack biscuits, salami, koue vleis en biltong. Ons eet soos of by die huis was or not.
Ons kuier sovêr lekker saam gedurende ontbyt en neem die natuur, reuke van die plante groei in en wat n voorreg om dit te kan deel met mekaar.
Nb: gaan baie kiekies gooi vir die ridders was net lus is vir prentjies kyk.
 

Attachments

  • GOPR2511_1658685679441.JPG
    GOPR2511_1658685679441.JPG
    4.9 MB · Views: 0
  • GOPR2512_1658685679441.JPG
    GOPR2512_1658685679441.JPG
    5.4 MB · Views: 0
  • GOPR2516_1658685679441.JPG
    GOPR2516_1658685679441.JPG
    5.8 MB · Views: 0
  • GOPR2517_1658685679441.JPG
    GOPR2517_1658685679441.JPG
    4.9 MB · Views: 0
  • GOPR2518_1658685679441.JPG
    GOPR2518_1658685679441.JPG
    5.4 MB · Views: 0
  • GOPR2519_1658685679441.JPG
    GOPR2519_1658685679441.JPG
    4.8 MB · Views: 0
  • GOPR2525_1658685679441.JPG
    GOPR2525_1658685679441.JPG
    5 MB · Views: 0
  • GOPR2526_1658685679441.JPG
    GOPR2526_1658685679441.JPG
    4.8 MB · Views: 0
  • 20220723_093205.jpg
    20220723_093205.jpg
    2.2 MB · Views: 0
  • 20220723_093216.jpg
    20220723_093216.jpg
    3 MB · Views: 0
  • 20220723_093231.jpg
    20220723_093231.jpg
    2.3 MB · Views: 0
  • 20220723_093243.jpg
    20220723_093243.jpg
    2.2 MB · Views: 0
  • IMG-20220723-WA0011.jpg
    IMG-20220723-WA0011.jpg
    206.4 KB · Views: 0
  • GH012527_1659374137156.jpg
    GH012527_1659374137156.jpg
    294 KB · Views: 0

Difflock

Race Dog
Joined
Jul 27, 2012
Messages
1,594
Reaction score
63
Location
Kirkwood
Bike
Yamaha Super Tenere
Na ontbyt stoot ons aan op die Toorfontein pad na die N1, pragtig geskraap en ry oor n ou staal brug, rivier onder loop nie maar kan wel water sien.
Oor die N1 begin die Biessiespoort pad wat verby twee Gastehuise loop, Joalani en Desert Dew. Die pad raak effe uitgetrap agv reën en min onderhoud, dit neem langer na Skaapkop se duikweg wat weer met water gevul is maar nie so hoog soos laas waar ons alby amper ons fietse versuip het. Die stuk pad sal verseker onbegaanbaar wees in nat weer!
Net deur die duikweg hou links want indien jy regs gaan kom jy by Hutchinson uit en ry al langs die spoor soontoe.
Ons ry na die N12 met n berg reeks op jou regte skouer al die pad tot daar waar ons regs draai op die teerpad en 20km voor Victoria West rigting links by die Wagenaarskraal bord af op n nuwe stofpad.
 

Attachments

  • GOPR2654_1658682263269.JPG
    GOPR2654_1658682263269.JPG
    5 MB · Views: 0
  • GOPR2657_1658682263269.JPG
    GOPR2657_1658682263269.JPG
    6.7 MB · Views: 0
  • GOPR2665_1658682263269.JPG
    GOPR2665_1658682263269.JPG
    5.8 MB · Views: 0
  • GH012531_1659374223802.jpg
    GH012531_1659374223802.jpg
    267.1 KB · Views: 0
  • GH012531_1659374213884.jpg
    GH012531_1659374213884.jpg
    318.7 KB · Views: 0
  • GH012624_1659374269987.jpg
    GH012624_1659374269987.jpg
    431.3 KB · Views: 0
  • GOPR2706_1658682263269.JPG
    GOPR2706_1658682263269.JPG
    7.2 MB · Views: 0
  • GOPR2707_1658682263269.JPG
    GOPR2707_1658682263269.JPG
    6.9 MB · Views: 0
  • GH012639_1659374350485.jpg
    GH012639_1659374350485.jpg
    463.8 KB · Views: 0
  • GH012639_1659374371523.jpg
    GH012639_1659374371523.jpg
    339 KB · Views: 0
  • GH012640_1659374435030.jpg
    GH012640_1659374435030.jpg
    311.4 KB · Views: 0
  • GOPR2717_1658682263269.JPG
    GOPR2717_1658682263269.JPG
    6.3 MB · Views: 0
  • GH012653_1659374483738.jpg
    GH012653_1659374483738.jpg
    410.2 KB · Views: 0

Difflock

Race Dog
Joined
Jul 27, 2012
Messages
1,594
Reaction score
63
Location
Kirkwood
Bike
Yamaha Super Tenere
Die Wagenaarskraal pad is sommer met die inry slag onbeskryflik mooi, die landskap mbt plantegroei, klip rante en vee wei op die vlaktes. Die water vloei deur meenigte fonteine, van die plase is ook na fonteine vernoem. Daar is nie genoeg vee vir die weiding wat ek gesien het, daars ook n groot verskeidenheid kleinvee. Daar was boer -, angora - & melk bokke, meatmaster -, dorper - , merino skape, almal blink vet.
Die fonteine waaroor ons en deur gery het was silver skoon.
Om n prentjie te skep hoe ons gery het kyk na die kaart en ons bly tussen die dorpe van Beaufort Wes aan die suide en ry tussen, Victoria Wes, Loxton en Fraserburg.
Die Wagenaarskraal kraal pad sluit weer by die ander Wagenaarskraal pad waar ons regs draai na die R381, jy ry ook verby die plaas wat vernoem is aan die pad. Op die pad kan jy weer links af draai na Beaufort Wes via De Jagers Pas, n beautiful pas maar nie vandag. So kom ons later uit op die R381 en draai regs na Loxton vir 25 km, 5 km voor die Sakrivierpoort pad se afdraai trek ons af vir middagete.
 

Attachments

  • GOPR2678_1658682263269.JPG
    GOPR2678_1658682263269.JPG
    5.6 MB · Views: 0
  • GOPR2679_1658682263269.JPG
    GOPR2679_1658682263269.JPG
    6.7 MB · Views: 0
  • GOPR2684_1658682263269.JPG
    GOPR2684_1658682263269.JPG
    5.9 MB · Views: 0
  • GOPR2683_1658682263269.JPG
    GOPR2683_1658682263269.JPG
    6.1 MB · Views: 0
  • GOPR2690_1658682263269.JPG
    GOPR2690_1658682263269.JPG
    5.3 MB · Views: 0
  • GOPR2691_1658682263269.JPG
    GOPR2691_1658682263269.JPG
    7.8 MB · Views: 0
  • GOPR2687_1658682263269.JPG
    GOPR2687_1658682263269.JPG
    7.4 MB · Views: 0
  • GOPR2700_1658682263269.JPG
    GOPR2700_1658682263269.JPG
    6.8 MB · Views: 0
  • GOPR2697_1658682263269.JPG
    GOPR2697_1658682263269.JPG
    6.3 MB · Views: 0
  • GOPR2670_1658682263269.JPG
    GOPR2670_1658682263269.JPG
    5.7 MB · Views: 0
  • GOPR2654_1658682263269.JPG
    GOPR2654_1658682263269.JPG
    5 MB · Views: 0
  • GOPR2705_1658682263269.JPG
    GOPR2705_1658682263269.JPG
    5.7 MB · Views: 0
  • GOPR2704_1658682263269.JPG
    GOPR2704_1658682263269.JPG
    5.5 MB · Views: 0

Difflock

Race Dog
Joined
Jul 27, 2012
Messages
1,594
Reaction score
63
Location
Kirkwood
Bike
Yamaha Super Tenere
My mede ridders weet al dat kos of koffie maak langs die pad vir my soos vinkel en koljander.
Ons middagete of laat brunch het bestaan uit wors, bacon, eiers, tammatie en toast met n koffie'tjie om dit af te rond. Hoe lekker om in die natuur langs n stofpad, windpomp in die agtergrond hartwerk om water uit die aarde te pomp jou ete te nuttig, wat n voorreg om dit te kan doen en plekke met jou avontuur fiets te sien.
 

Attachments

  • IMG-20220724-WA0060.jpg
    IMG-20220724-WA0060.jpg
    318.7 KB · Views: 0
  • VID-20220724-WA0039.mp4
    10.6 MB
  • GOPR2733_1658682263269.JPG
    GOPR2733_1658682263269.JPG
    7.1 MB · Views: 0
  • GOPR2734_1658682263269.JPG
    GOPR2734_1658682263269.JPG
    8.6 MB · Views: 0
  • GOPR2732_1658682263269.JPG
    GOPR2732_1658682263269.JPG
    8.6 MB · Views: 0

Difflock

Race Dog
Joined
Jul 27, 2012
Messages
1,594
Reaction score
63
Location
Kirkwood
Bike
Yamaha Super Tenere
Net na ete toe swaai ons na 5 km links van die R381 rigting Loxton die Sakrivierpoort pad.
Wow chaps, n bucketlist paaitjie dié, R381 na Fraserburg, jy sal nie teleurgestel wees, n hidden gem soos die Engelsman sou sê.
Ek gooi baie kiekies, dit sal jou nie die ware prentjie wys maar wel n idee gee van die area.
 

Attachments

  • GOPR2727_1658682263269.JPG
    GOPR2727_1658682263269.JPG
    6.9 MB · Views: 0
  • GOPR2728_1658682263269.JPG
    GOPR2728_1658682263269.JPG
    6.5 MB · Views: 0
  • GOPR2730_1658682263269.JPG
    GOPR2730_1658682263269.JPG
    6.1 MB · Views: 0
  • GH012715_1659374558693.jpg
    GH012715_1659374558693.jpg
    500.8 KB · Views: 0
  • GH012715_1659374545984.jpg
    GH012715_1659374545984.jpg
    566.5 KB · Views: 0
  • GH012719_1659374576463.jpg
    GH012719_1659374576463.jpg
    529.2 KB · Views: 0
  • GOPR2736_1658682263269.JPG
    GOPR2736_1658682263269.JPG
    4.6 MB · Views: 0
  • GOPR2738_1658682263269.JPG
    GOPR2738_1658682263269.JPG
    6.1 MB · Views: 0
  • GOPR2739_1658682263269.JPG
    GOPR2739_1658682263269.JPG
    6.2 MB · Views: 0
  • GOPR2740_1658682263269.JPG
    GOPR2740_1658682263269.JPG
    4.5 MB · Views: 0
  • GOPR2741_1658682263269.JPG
    GOPR2741_1658682263269.JPG
    5.1 MB · Views: 0
  • GOPR2744_1658682263269.JPG
    GOPR2744_1658682263269.JPG
    5 MB · Views: 0
  • GOPR2746_1658682263269.JPG
    GOPR2746_1658682263269.JPG
    6.2 MB · Views: 0
  • GOPR2748_1658682263269.JPG
    GOPR2748_1658682263269.JPG
    6.1 MB · Views: 0
  • GOPR2752_1658682263269.JPG
    GOPR2752_1658682263269.JPG
    5.7 MB · Views: 0
  • GOPR2757_1658682263269.JPG
    GOPR2757_1658682263269.JPG
    6.6 MB · Views: 0
  • GOPR2761_1658682263269.JPG
    GOPR2761_1658682263269.JPG
    6.1 MB · Views: 0
  • GOPR2762_1658682263269.JPG
    GOPR2762_1658682263269.JPG
    7.2 MB · Views: 0
  • GOPR2763_1658682263269.JPG
    GOPR2763_1658682263269.JPG
    5.8 MB · Views: 0
  • GOPR2768_1658682263269.JPG
    GOPR2768_1658682263269.JPG
    7.1 MB · Views: 0
  • GOPR2770_1658682263269.JPG
    GOPR2770_1658682263269.JPG
    5.4 MB · Views: 0
  • GOPR2773_1658682263269.JPG
    GOPR2773_1658682263269.JPG
    6.5 MB · Views: 0
  • GOPR2776_1658682263269.JPG
    GOPR2776_1658682263269.JPG
    5.9 MB · Views: 0
  • GOPR2779_1658682263269.JPG
    GOPR2779_1658682263269.JPG
    6.5 MB · Views: 0
  • GOPR2783_1658682263269.JPG
    GOPR2783_1658682263269.JPG
    4.5 MB · Views: 0
  • GOPR2786_1658682263269.JPG
    GOPR2786_1658682263269.JPG
    4.3 MB · Views: 0
  • IMG-20220724-WA0071.jpg
    IMG-20220724-WA0071.jpg
    102.8 KB · Views: 0

Chrisl

Teelhond
Joined
Jul 23, 2007
Messages
36,670
Reaction score
609
Location
Southern Cape
Bike
BMW R1200GS
Sakrivierpoort pad.

Hoe ver is hulle met daai huis op die koppie regs van die pad? Regoor waar daal klomp lusernlande links van die pad lê. Net voor daai groot dam links. Ek wil daai pad weer gaan ry net omte sien wat het hulle op daai koppie gebou. Die uitsig moet ongelooflik van daar bo wees.
 

Difflock

Race Dog
Joined
Jul 27, 2012
Messages
1,594
Reaction score
63
Location
Kirkwood
Bike
Yamaha Super Tenere
Ons trek af vir bene rek, water drink en net bietjie gesels, n trippy is van samesein om memories te maak vir die oudag "klein kinders se slaap stories"
Ons brandstof vlakke van my S10 en Oom Boetie se XT660 tenere lê aan die lae kant, ons gaan nie Oukloof Pas deur ry en Beaufort Wes môre haal so recalculate route na Fraserburg om aan te vul.
Net voor die split waar die Beaufort Wes pad aansluit by die Loxton pad is daar vir jou zinkplaat dak in die oortreffende trap, my tande klap en voel jammer vir ons fietse "Dinsdag middag daar na vind ek uit my voorste shock seel het gegroet".
Ons ry Fraserburg binne, n skoon, vriendelike dorp en almal groet jou.
Ons laat ons fietse vul, Skaapkop skerts weer met petrol joggie oor bonus agv die hoë brandstof pryse, terwyl n motor op die rim pad af in kom om band met lug te vul, geen woorde vir so persoon.
Ek skakel vir Mev Gerda by Tamboershoek waar ons gaan oornag om te laat weet dat ons gaan laat wees, sy vra waar ons so rond rits, ek lag lekker en sê sy dus nog n uur se ry tot by haar.

Wel, net buite die dorp kry ons vrou alleen wat draf, dit moet n veilige dorp wees en ons stoot aan na Oukloof Pas, ek's nou al n paarkeer daar deur en dit lyk nooit dieselfde, verwonder my altyd aan die kranse.
Die Pas het n paar maande gelede n klomp reën gekry en groot gedeeltes van die pas het weg gespoel, die pad is op een gedeelte aan die oorkant reroute.
Ons is amper daar, dit raak donker en die sonsak is op sy mooiste.
 

Attachments

  • GOPR2790_1658682263269.JPG
    GOPR2790_1658682263269.JPG
    5.8 MB · Views: 0
  • GOPR2799_1658682263269.JPG
    GOPR2799_1658682263269.JPG
    4.2 MB · Views: 0
  • GOPR2809_1658682263269.JPG
    GOPR2809_1658682263269.JPG
    5.4 MB · Views: 0
  • GH012806_1659374775523.jpg
    GH012806_1659374775523.jpg
    475.9 KB · Views: 0
  • GH012806_1659374769749.jpg
    GH012806_1659374769749.jpg
    342.2 KB · Views: 0
  • GH012806_1659374762213.jpg
    GH012806_1659374762213.jpg
    481.2 KB · Views: 0
  • GH012811_1659374810578.jpg
    GH012811_1659374810578.jpg
    405.2 KB · Views: 0
  • GH012811_1659374787025.jpg
    GH012811_1659374787025.jpg
    298.4 KB · Views: 0
  • GH012813_1659374851330.jpg
    GH012813_1659374851330.jpg
    312.7 KB · Views: 0
  • GH012814_1659374888199.jpg
    GH012814_1659374888199.jpg
    414.7 KB · Views: 0
  • GH012816_1659375041611.jpg
    GH012816_1659375041611.jpg
    541.3 KB · Views: 0
  • GH012816_1659375031593.jpg
    GH012816_1659375031593.jpg
    414.6 KB · Views: 0
  • GH012816_1659375023808.jpg
    GH012816_1659375023808.jpg
    723.2 KB · Views: 0
  • GH012816_1659375011295.jpg
    GH012816_1659375011295.jpg
    285.7 KB · Views: 0
  • GH012816_1659374991389.jpg
    GH012816_1659374991389.jpg
    499.6 KB · Views: 0
  • GH012816_1659374972593.jpg
    GH012816_1659374972593.jpg
    423.2 KB · Views: 0
  • GH012816_1659374949226.jpg
    GH012816_1659374949226.jpg
    433.9 KB · Views: 0
  • GH012816_1659374934451.jpg
    GH012816_1659374934451.jpg
    460.2 KB · Views: 0
  • GH012816_1659374919160.jpg
    GH012816_1659374919160.jpg
    355.6 KB · Views: 0
  • GH012818_1659375070072.jpg
    GH012818_1659375070072.jpg
    399.7 KB · Views: 0

Difflock

Race Dog
Joined
Jul 27, 2012
Messages
1,594
Reaction score
63
Location
Kirkwood
Bike
Yamaha Super Tenere
So na n uur draai ons regs af op die Leeu Gamka pad vir 2 km en ry in by die plaashek Tamboershoek. Ons book in, kry genoeg hout vir die koue en natuurlik vir die geseligheid tot laat aand.
Daar word gekuier tot die laaste houtjie uit gebrand het, die lemmenatjie gee saligheid en toe skyf ons een een kooi se kant toe na n vol dag van 512 km & 12 ure se stofpad ry.
 

Attachments

  • GH012819_1659375079082.jpg
    GH012819_1659375079082.jpg
    203 KB · Views: 0
  • GH012820_1659375122913.jpg
    GH012820_1659375122913.jpg
    308.3 KB · Views: 0
  • GH012820_1659375137363.jpg
    GH012820_1659375137363.jpg
    317.2 KB · Views: 0
  • GH012820_1659375155376.jpg
    GH012820_1659375155376.jpg
    464.7 KB · Views: 0
  • GH012821_1659375168943.jpg
    GH012821_1659375168943.jpg
    342.7 KB · Views: 0
  • GH012821_1659375178368.jpg
    GH012821_1659375178368.jpg
    495 KB · Views: 0
  • IMG-20220724-WA0030.jpg
    IMG-20220724-WA0030.jpg
    66.6 KB · Views: 0
  • IMG-20220724-WA0031.jpg
    IMG-20220724-WA0031.jpg
    58.3 KB · Views: 0
  • IMG-20220724-WA0068.jpg
    IMG-20220724-WA0068.jpg
    114.7 KB · Views: 0
  • IMG-20220724-WA0069.jpg
    IMG-20220724-WA0069.jpg
    147.5 KB · Views: 0
  • IMG-20220724-WA0072.jpg
    IMG-20220724-WA0072.jpg
    85.9 KB · Views: 0
  • IMG-20220724-WA0073.jpg
    IMG-20220724-WA0073.jpg
    78.9 KB · Views: 0
  • IMG-20220724-WA0074.jpg
    IMG-20220724-WA0074.jpg
    96.5 KB · Views: 0
  • IMG-20220724-WA0075.jpg
    IMG-20220724-WA0075.jpg
    42.5 KB · Views: 0

Difflock

Race Dog
Joined
Jul 27, 2012
Messages
1,594
Reaction score
63
Location
Kirkwood
Bike
Yamaha Super Tenere
Sakrivierpoort pad.

Hoe ver is hulle met daai huis op die koppie regs van die pad? Regoor waar daal klomp lusernlande links van die pad lê. Net voor daai groot dam links. Ek wil daai pad weer gaan ry net omte sien wat het hulle op daai koppie gebou. Die uitsig moet ongelooflik van daar bo wees.
Hello Chris, jong ek het nie n half geboude huis gesien nie maar wel die vol dam " Damfontein se rivier" op linkerkant , dit moet op die regter se koppie gewees het en dit sal oor n groot stuk aarde uit kyk.
 

Merino

Puppy
Joined
Mar 2, 2015
Messages
40
Reaction score
13
Location
Fraserburg
Bike
BMW R1200GS
IMG-20220803-WA0029.jpg
 

Attachments

  • IMG-20220803-WA0034.jpg
    IMG-20220803-WA0034.jpg
    115.1 KB · Views: 0
  • IMG-20220803-WA0037.jpg
    IMG-20220803-WA0037.jpg
    113.1 KB · Views: 0
  • IMG-20220803-WA0038.jpg
    IMG-20220803-WA0038.jpg
    158.5 KB · Views: 0
  • VID-20220803-WA0040.mp4
    1.7 MB

Difflock

Race Dog
Joined
Jul 27, 2012
Messages
1,594
Reaction score
63
Location
Kirkwood
Bike
Yamaha Super Tenere
Wow Merino, dankie vir die deel, onbeskryflik mooi.
 

Difflock

Race Dog
Joined
Jul 27, 2012
Messages
1,594
Reaction score
63
Location
Kirkwood
Bike
Yamaha Super Tenere
Ek sien jou een foto is net voor daardie koppie geneem. Maar die man het 'n mooi plekkie daar. Koos de Waal Hereniging.
Sien ek't nog so twee"tjie maar nie van die huis dit mis gekyk.
Neem aan die pad wat split gaan na daai huis?
Merino huur Koos die huis uit?
 

Attachments

  • GOPR2792_1658682263269.JPG
    GOPR2792_1658682263269.JPG
    6.5 MB · Views: 0
  • GOPR2791_1658682263269.JPG
    GOPR2791_1658682263269.JPG
    6.2 MB · Views: 0

Merino

Puppy
Joined
Mar 2, 2015
Messages
40
Reaction score
13
Location
Fraserburg
Bike
BMW R1200GS
Sien ek't nog so twee"tjie maar nie van die huis dit mis gekyk.
Neem aan die pad wat split gaan na daai huis?
Merino huur Koos die huis uit?
Ja. Dit is die afdraai paadjie. Ek glo hy verhuur hom ja. Sien hy is ingerig met die nodige. Ek weet die manne wat die blok jakkals jagte kom doen slaap daar oor bedags!🙈
 
Top