Karoo Spore 28 - 29 Mei 2022

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Difflock

Race Dog
Joined
Jul 27, 2012
Messages
1,598
Reaction score
64
Location
Kirkwood
Bike
Yamaha Super Tenere
GH012310_1653934731182.jpg


Die naweek wat verby was het ek weer na n lang afwesigheid die Karoo besoek maar sommer met n Kaapse draai.
Dit het so begin, eers kon ek nie EC Bash toe gaan agv werks verpligtinge na groot druk om sitrus oes af te kry na dié Kirkwood strike en ek het n weg kom bitter nodig gehad.
Ek was bereid om eers alleen weg te breek maar my wederhelfte "Engelsman" voel nie gemaklik daarmee so ek weet dat daar iemand is wat gesê het hy sou belangstel maar kom ons vra en so het ek vir hom die onderstaande boodskap gestuur.

"07:50 - Môre Bennie "Skaapkop", hoe gaan dit? Ek't kwaai onttrekking simptome van nie bike ry.
Ek wil hoor of jy saam my volgende naweek die Karoo wil in vaar, dit gaan natuurlik n lang dag 680km wees bv Britstown, Vosburg en slaap oor net buite Loxton op n plaas.
Jy kan Vrydag aand by my oorslaap dan sleep ons so 05:00 van Kirkwood.
Is jy in, indien nie ry ek eerder alleen no pressure as jy iets aan het geen probleem.

07:53 - Natuurlik. Ek verlof vanaf 28ste tot 3 de Junie"

Nou toe, as 3 minute se besluit nie vinnig genoeg is vir n 680 plus kilometers vir n dag maar eintlik was dit n dag van 714km vaarvan 350km teer was.

Rr loop soos volg, 28 Mei 01:33 breek aan, krag slaan af, ek weet daars geen loadshedding en spring op uit die huis check met spotlight pomphuis se kant sien niks, loer na lokasie se flood lights, nee hulle ook dood seker n groter probleem. Ok terug bed toe, 03:00 op en maak dogters wakker vir hulle bus trippy Cradock toe om netbal en hokkie te gaan speel.
03:30 drink ek my 1ste boeretroos, en 2de saam Bennie om 04:30, 05:18 groet ek Engelsman en ry by die plaashek uit, bikes was al die vorige aand gepak en het net die kos vir die dag ingesit die oggend.
Dit is nag donker, koelerig en effe mistig, ons ry deur die Vallei tot by die R75 regs na Jansenville, dit gaan stadig, my spotlights is nie van die beste maar my oë werk ook nie saam en hou spoed by 80 - 85kmph, gelukkig want Paardepoort bord verby draf n 3 draai koedoe dwars oor die pad om so 5jr ouer te word.
 
Top