Keith en Monica vat Bumblebee Val toe

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

MRK Miller

Pack Dog
Joined
Feb 24, 2014
Messages
419
Reaction score
0
Location
Springs
Bike
Kawasaki KLR 650
Van daar is dit oor die klipperige bult, tot by die klip opstal wat ek vir Monica wil wys. Maar Monica maak dit nie oor die bult nie.  Ek is klaar oor die bult, en sien Monica se kop dop in my spieël. Maar die beweeg nie hoër op of nader nie. Dan waai sy met haar arm ek moet kom. Dit lyk vir my soos moles, maar wat kan dit wees. Wag maar. Julle sal wel sien
So my vreeslike asemrowende, seksie vrou het toe besluit om handdoek in te gooi aangaande die stoeiery met die klr. Dit sal mos nou mooi in my vroutjie se guns tel, as sy ietsie meer in haar gewigsklas kan kry. Dit was amper soos n pa wat met sy 3 jr oue seuntjie stoei en jubel oor die wen. Nou is dit meer n pa wat stoei met sy 18 jarige. En kyk uit ervaring weet ek hulle laat hulle op daai 18 jarige ouderdom nie sommer onderkry nie en n mense moet diep delf. Maar terug by KLR 650 genaamd  buksie. Sy gewig’s voordeel oor my seksie vroutjie se fietse lyfie het hom n onregverdige voordeel gegee, en eintlik van hom n boelie gemaak, en die feit dat ons nou nie juis van die mees ervare ruiters is wat bestaan, help ook nie juis nie. Ons kry toe iemand wat n honda 250 tornado het, Hier sal die doeke omgedraai is, en hy (die knaap) die gewigs voordeel hê. Terug by die huidige situasie.
n Dag word afgespreek, en n ontmoetings plek. Die klomp word saam in n kryt gegooi, om mekaar bietjie uit te kyk. Die knaap vat die buksie sommer so van die begin af vas, en die 650 begin verstaan waaroor dit gaan. My vroutjie praat eers mooi met die geel gevaarte en verloor sommer haar hart, want sy weet mos nou al hoe dit voel om geboelie te word. Sy klim versigtig op, en al hoewel geelis se saal bietjie hoog is, bou hulle sommer vroeg n verstandhouding van wedersydse respek. Monica gaan ry en draai, en eers dag ek ou geelis het dalk ook in n boelie verander, toe Monica bietjie lank wegbly. Hy knor nie so aggressief soos die 650 nie, en dis moeilik om te hoor waar hulle is. Maar na so 10 min kom sy en geelis om die draai, en haar glimlag ken geen einde nie. Net daar weet ek, die twee het geluk gevind in mekaar.
Die ooreenkomste is aangegaan en geelis wat toe Bumble bee gedoop word, kry n nuwe huis by ons, en die klr by die knaap. Die middag ry ek met bumblebee werk toe sodat ons mekaar ook beter kan leer ken en ek kan uit vind wat het hy alles nodig, om gesond en die gang te bly. Ons ry rustig ek ek luister mooi as hy met my praat, en ek maak my lysie, in my kop. Hy is nie heeltemal wel nie, maar ry steeds lekker. Ek gaan n ooreenkoms met hom aan, dat ek hom sal bederf as hy mooi na Monica kyk. Eerste sal ons aandag moet gee aan daai hoesie wat elke af en toe gebeur as mens ry, en dan n paar ander goed
Monica is baie opgewonde en stel voor ons gaan ry die Sondag n draai, hoekom?. Omdat ons kan. Ons bestemming is Zinkordam, soos ons hom ken. Daar is so bietjie van alles. Sand, los klip, klim, en af ry. Sy ry fantasties, deur die slote oor die trein spoor, staan, sit, asof sy al jare ry, en sy pas absoluut mooi by die fiets. Nie eers om te praat van daai seksie agterstewe wat so mooi oor die ronding van die saal pas. Eerste ding wat ek optel toe Monica onder my uitry by die wegspring, toe die lig groen slaan. Ek vergeet skoon ons resies eintlik. Ons ry al met die dam langs. Deur die twee stroompies en al met die wal op tot waar ek voel ons kan teen die wal opry en oor die wal tot by die ander kant. Ek ry eerste op, en bo maak ek my klr staan, om Monica n paar ly drade te gee oor hoe om op te ry. Sy kry haar lyn en toe kom sy. Maar sy was gewoond aan die buksie se krag en die 250 het nodig dat sy die oor n bietjie meer draai, wat sy nie doen nie. Bumble bee kry toe ook op daai punt een van daai ongevraagde hoesies, maar probeer sy bes ten spyte daarvan, maar die momentum is nie genoeg en hy moet tou opgooi. Monica se voete is nie gou genoeg af nie, en hulle val om.
 
Top