Laaste dae

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

JacquesM

Race Dog
Joined
Jan 20, 2007
Messages
2,175
Reaction score
168
Location
Robertson
Bike
Yamaha TW200
Die lewe het maar seisoene. 'n Nuwe een lê waarskynlik vir ons voor.

Die totaal van motorfietsry vir my is ek en my vrou op 'n 1200 Adventure - ek ry nooit alleen nie. Ons ry graag see toe vir vis en skyfies, of gaan eet iets iewers in die Karoo. Ons ry tipies iewers tussen 300- en 500km op 'n dag. Ek hou van die grondpad, en ons provinsie maak dit mos moontlik en maklik om vir lang ente die teerpad te mis.

Nou wonder ek (soos waarskynlik baie van my portuur) oor 'n ding: Ek ervaar tog 'n groter wordende traagheid om die sware skoeter te in-en-uit by die waenhuis, so te parkeer by die eetplek dat ons wel weer die pad kan kry ná ete, en sommer net 'n algemene gevoelte dat ek die fiets nie meer so maklik hanteer terwyl hy nie besig is om homself regop te hou nie. Ek het die fiets 10 jaar terug, toe ek op pad 60 toe was, baie makliker hanteer as nou se dae.

Wat is volgende? Ek sou hou van 'n ligter fiets, wat steeds twee mense kan dra, makliker hanteer as hy moet rondgestoot word, steeds kan grondpad ry, genoeg spasie het dat die mense nie op mekaar se skote sit nie, gerieflik die langpad kan vat....

Ek besef dat ek kompromië sal moet maak.

Watter skoeter is volgende vir ons?
 
Top