weskus
Race Dog
Die Borman boetas het ons daardie aand bederf met pap en smoor en ordentlike tjops. Eerste keer in my lewe wat ek 'n man in sy slaap sien eet. En sommer heelwat ook. Ons het almal sommer net daar langs ons rygoed gelê, moeg genoeg dat dit nie gepla het nie. Van Tsumkwe af het ons die volgende oggend alle petrol houers vol gemaak en Noord gebeur in Sikereti/Khaudum park se rigting. Dis 'n lekker breë grondpad met 'n lekker sandjie om man so af-en toe wakker te skud. By die park se hek gekom het ons aan hul ons plan verduidelik om om die grensdraad te ry en die manne het ons aangeraai om in elk geval 'n permit uit te neem om bo by die Khaudum se hek weer te kan uit vir daai laasste 46km stuk hoer-sand. Ek het al baie sand in my lewe gery en ek het gedink ek kan sand ry. Hierdie sand is nogal 'n ander storie, 'n 990 se keel wil toetrek in 3de.. Ons is almal skotvry daardeur. Ok behalwe dat my exhaust bracket deur een van die hoops afgebreek en weggeval het. In normale omstandighede sou ek van my maats verwag om die ding te sien en op te tel maar ek is seker daai sand is so sag die ding lê seker reeds 'n meter onder die sand net nadat hy afgebreek het. Die spirits was lekker hoog toe ons by die grootpad wat reg oos in die Caprivi loop aankom. Selfs die bakkie manne se smiles kon ons nie demp nie, ons het gou 'n lekker koue bier geniet onder 'n groot boom terwyl Attie vir ons ekstra tubes gerëel het saam met 'n petrol trok vanaf Grootfontein..Ek laai paar fotos..