Mid year - Mid Tankwa - Mid night ride (sien 1ste post) AANGEPAS!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Riebeeker

Race Dog
Joined
Mar 16, 2008
Messages
3,812
Reaction score
0
Location
Riebeek Kasteel
Bike
AJS (all models)
Hier is die plan:
Saterdag 30Junie kry ons mekaar by Du Vlei se padstal waar die wat wil kan brekvis eet. Ons vertrek STIPTELIK om 10H00 van hier na Ceres al op die grondpaaie langs tot in Gouda deur Nuwekloof dan vat ons die bosbou pad tot in Wolseley en dan deur die pas tot in Ceres waar ons die nodige (menslikke) brandstof kan aankoop vir die aand. Vanaf Ceres gaan ons Gydo pas oor tot by Oppieberg waar ons die bikes se brandstof vol maak. Van hier af gaan ons Katbakkies oor tot by die R355 waar ons dan by die Tankwa padstal vir ons 'n worsie gaan braai vir middag ete. Na ete vertrek ons na die plaas wat so 50km verder is dan slaan ons ons tente op en kry die vuur aan die gang en kuier lekker rustig. Na aand ete vertrek ons op ons nag trip wat so 102km is op plaas paaitjies en wanneer ons terug kom kuier ons saam om die vuur of gaan slaap. Die Sondag na ontbyt vertrek elkeen huis waarts. Ek sal weer saam met die wat wil die Onder-wadrif pad terug ry. Die wat haastig is of wat in ander rigtings wil/moet ry kan so maak.
Die 2 x Back-up voertuie sal by Du Vlei wees indien jy toerusting op die voertuie wil saam stuur. Die voertuie sal in Ceres weer wag vir die nodige ondersteuning met vervoer van die vloeistof. Die 1 voertuig gaan nie saam met ons oor Katbakkies nie, maar sal ons weer by die Tankwa padstal kry, hulle gaan solank die middag-ete gereed kry. Die ander 1 gaan al die pad saam met ons oor Katbakkies.

BRANDSTOF: Van-af Oppie berg tot op die plaas en dan met die Onder-wadrif pad langs terug tot is Ceres is 280km plus die nag se trip wat nog 100km is maak dat dit van volmaak punt tot die volgende volmaak punt 380km is! So indien jou bike nie so 'n lang asem het nie moet jy sorg dat jy brandstof saam ry of op die "back-up" voertuig laai. Ek sal voorstel dat jy 'n lee houer saam bring dan maak jy dit vol op Ceres en laai dit op die voertuig om dit saam te neem tot op die plaas waar jy dit dan in jou bike kan gooi. Onthou jy kan nie met 'n kaart brandstof betaal by Oppie Berg nie dis kontant!

Kos: Saterdag middag - Hotdog, maar met sosatie-wors in!
      Saterdag om die vuur - Snacks (chips en peanuts) Ek gaan my bes probeer vir genoeg ys, maar belowe niks!
      Saterdag aand - Elk 1 x skaap chop + 1 x vark chop en wors + gekookte artappel met ROOSTERKOEK en tuis gemaakte konfyt!!!!!
      Sondag oggend - Koffie en beskuit en later roereier, roosterbrood, kaaswors en bacedbeans vir brekvis.

     Daar sal na die trip lekker warm butternut-sop beskikbaar wees vir die koue!

Drank is elkeen vir homself!
Tent, matras, slaapsak en eetgerei asook houer om uit te drink sorg elkeen vir homself! ONTHOU JOU FLITS!!!!
Bring 'n tou saam sodat elkeen sy bydrae kan maak met hout wat ons in die rivier gaan haal! Jy kan self besluit hoe jy dit by die kamp plek gaan kry of jy dra dit of sleep dit of laai dit op jou bike of sleep dit met jou bike dis jou keuse.

Kostes: R200.00 per persoon (etes soos hier bo en kamp plek in gesluit) Betaalbaar aan Anine by Du Vlei padstal!
Vir diegene wat nie weet waar Du Vlei padstal is nie, dit is reg langs die bergrivier brug by Hermon aan Riebeek Kasteel se kant van die rivier. Regoor die Porseleinberg pad se afdraai!

Daar is toilet geriewe en water by die kamp plek en ek gaan voor die tyd 'n plan maak vir 'n stort. (stort is in werking met warm water)
GEEN KRAG EN GEEN SELFOON OPVANGS NIE.

Kamp plek: 32 26 33S - 19 48 12E

Hier is ons nagtelikke roete.
 

Attachments

  • Nagtrip.jpg
    Nagtrip.jpg
    251.7 KB
Top