My eerste tjank (as 'n Willehond)...

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
B

Backseatboffin

Guest
Nouja, ek is die jongste Wild dog puppy (vir die volgende paar minute) en soos my naam sê,  ken ek van stilsit en stilbly, maar ek kan ook my make up volledig aansit van die een T-aansluiting tot by die volgende verkeerslig - sonder om mascara op my visor te kry.  Ek kan die spoed bereken waarteen ons ry deur die aantal witstrepe te tel wat onder my voet verbyglip in een sekonde, en dit dan omskakel na km/h.... in hoofrekene!

"Die drywer" is egter baie meer ervare in die ysterperdbrigade, maar as ek met hom wil gesels deesdae sal ek maar aan lyn moet gaan  ::)  Hoewel, ek kla nie;  ek glo nogsteeds ek het die beste ervaring van waar ek sit:  ek geniet die vryheid van die rit sonder om bekommerd te wees oor hoe, wat en waar en as hy sy hand so agter my knieg sit terwyl ons ry....... is die hele wêreld reg!

Ek hoop om so paar dinge raak te lees wat van my 'n beter agterryer (pillion) sal maak.... en wie weet, as ek groot is (en stroopsoet  :eek:) bring Kersvader dalk eendag vir my ook 'n "ponie"...
 
Top