Nuwe Hond

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Millies

Pack Dog
Joined
Sep 1, 2011
Messages
62
Reaction score
0
Location
Vereeniging
Bike
BMW R1200GS
Naandsê almal

Ek het ñ tyd gelede aangesluit maar nog nie werklik tyd gehad om rond te blaai nie.
Dit lyk na ñ uitstekende forum en al die kommentaar is baie interresant om te lees.

Ek is Milton Horn van Vereeniging. Ek het op ñ laat stadium in my lewe besluit om ñ motorfiets aan te skaf en geniet my 1200 GS gate uit. Ek is ñ vliegtuig werktuigkundige van beroep en het ondervinding op helikopters en vaste vlerk vliegtuie. Ek was ook ñ "Flight Engineer" op helikopters en op die bekende C 130 Hercules vrag vliegtuig wat die manne wat in die bos oorlog betrokke was behoort te ken. Van die beste dae van my lewe in die lug spandeer en plan maar om veilig terug op moeder aarde te kom - met ñ paar bruin strepe soms. Deesdae vlieg ek ñ tafel vir Starlite Aviation en dit het elke dag nuwe uitdagings.

Nou ja, genoeg van my en baie dankie vir die geleentheid om deel te wees van die familie.

Beste!
 
Top