Chrisl
Teelhond
I have never heard of this cemetery and the name is weird for that area. Anyway lonely area to have one's last resting place.
Obobogorop is pronounced as follows:
Kiebiekiegorra
Ek dink dit is San, sover ek kan onthou beteken dit "Erdvark grou agter water aan" of its in daai lyn.Ek is nie seker nie Chris. Dit kan Nama wees, of heel waarskynlik San? Ek sal bietjie uitvind.
Net so Chris.Het julle sommer altyd oor die grens gegaan by die grenspos wat nou toe is? Nie dat daar daai tyd n grenspos was. Toe was SWA mos n 5de provinsie.
Jissie in 1976 laas dit moes n belewenis gewees het en ontsaglik baie reen wat geval het Vryburg/Tosca/Vorstershoop se kant toe.Net so Chris.
Daar was 'n grensdraad, maar geen grenspos nie en die draad het 'n gewone hek in gehad waardeur ons gery het. Ons het 'n kortpad gehad, van ons huis af op Gansvlei, deur die grenshek en dan deur die plaas Springbokvlei, tot by die Noenieput/Askham pad. Obobogorop was daarlangs seker nie verder as 30 km van ons af nie.
Obobogorop/Abiekwaput is ook min of meer waar die Molopo rivier die laaste keer tot sy einde gekom het, in 1976, as ek reg onthou. Die water het daar in die vlakte gaan staan en ons het sink sirkels met ogiesdraad oorgetrek en babers in die vlak water daarmee gevang.
Harde wêreld, maar ook hartswêreld.Dis 100% reg. Ons het ook grootgeword met die woord gorra en dit was soortgelyk aan fontein of vlei.
Glo dit of nie:
My pa hulle het op daai eindste Gansvlei saaiwalle gebou. In goeie jare het hulle onder daai saaiwalle koring geplant!
Ons het ook baie gatdamme op die hardeveld gedeeltes gehad. Goeie en gesonde wereld daardie, maar dit reën bitter min daar en dis maar meestal baie droog.
Enter your email address to join:
Register today and take advantage of membership benefits.
Enter your email address to join: