Om Lesotho

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Loneman

Race Dog
Joined
May 11, 2011
Messages
713
Reaction score
1
Location
Alberton
Bike
BMW R1200GS Adventure
Ek het al ure voor hierdie laptop spandeer en die een na die ander ride reports gelees en al hoe meer begeer om net ook so trippie met my bike te kon doen. Met vrou en kinders en dan nog die werk ook is dit maar moeilik om net vir ‘n paar dae op die bike te klim en net te ry. So het ek toe maar besluit om at least voor die einde van die jaar so 4 dag trip te doen . Ek onthou van Ride Reports wat ek gelees het dat 4 dae perfek sou wees om om Lesotho te ry en het ek toe dan ook dit so begin beplan. Ek self ken nie die wereld van Underberg oor Matatiele deur na Rhodes oor Naudesnek en van daar oor Lundeans Nek tot by Zastron nie so was baie opgewonde om ‘n ander deel van ons land te kon sien. Dankie aan GlenInk wat van groot hulp was met betrekking tot die roetes en blyblek in Rhodes. So hier is my eerste Ride Report.

Ek het vir Deon, ‘n vriend van my gebel en hy was in. Ons het besluit op die naweek van die 20 ste Oktober 2011. Ons plan was om Donderdag te ry vanaf Johannesburg via Clarens, Golden Gate, Bergville dan grondpad tot by Underberg. Daar wou ek bespreek by Himeville Arms maar ek was te laat, dit was vol en Deon het gese hy sal vir ons die eerste aand plek kry. Dag 2 was vanaf Underberg grond langs tot Matatiele dan deur na Mount Fletcher dan Lower Pitseng deur Naudes Nek tot in Rhodes. Dag 3 vanaf Rhodes deur Lundeans Nek tot Zastron dan teer en grond terug tot Fouriesburg. Dag 4 sou dan wees van Fouriesburg terug Johannesburg toe.
So begin ons trip om Lesotho toe op 20 Oktober 2011. Met Deon gereel dat ek hom by die Blockhouse Engen sou kry 7uur die oggend. Hierdie trip sou my ‘n paar dinge leer van bike ry maar sal later meer daaroor uitwei. 1800 km het vir ons voorgele en ek was baie opgewonde.

Die aand voor ons vertrek, bike gepak en reg vir die trip.
 

Attachments

  • 003.JPG
    003.JPG
    124.7 KB
F@k ek sukkel om die text en fotos saam te pos so wees maar geduldig :(
 
DAG 1

Kry vir Deon by die Engen Blockhouse so teen 7h00 die oggend.

004.JPG


Van hier was ons volgende stop Clarens vir ‘n lekker ontbyt. Die wind het ons al die pad van die kant gedruk en dit was  lekker koud. Op Petrus Steyn het Deon eers nog ‘n klere aangetrek.

005.JPG


In Clarens het ons ‘n lekker ontbyt geeet en toe ons vertrek en ek die roete van daar op my GPS probeer kry was daar niks. Duidelik het ek al die roetes vir die 2de tot 4 de dag op my GPS gelaai maar nooit dag 1 se roete nie. Ek was lekker gatvol vir myself maar het toe maar so op gevoel verder gery. Fout nommer een, maar seker jy ken die pad, anders maak seker dis op jou GPS en vat sommer net vir ingeval ‘n kaart saam anders ry jy 'n draai van 150km.

Ons ontbyt plek in Clarens

006.JPG


Op Golden Gate en Sterkfontein Dam gestop vir ‘n paar foto’s.

007.JPG


012.JPG


014.JPG


015.JPG


By Little Switzerland het ons eers ons kele natgemaak by die Cayote Café wat so langs die pad sit.

017.JPG



By Bergville vol gemaak het ons uiteindelik grondpad geslaan. Ons het lekker gespeel en die omgewing was mooi. Met al die het ons iewers ‘n afdraai gemis. Ek het op ‘n stadium agter gekom ons begin weer weg van die berge ry maar my nie veel gepla nie. Toe ons weer sien toe kom ons by die N3 uit, wat duidelik nie deel van ons beplanning was nie. Aangesien dit toe alreeds na aan 4 uur was het ons toe maar besluit om highway te vat tot by Howick en dan regs te draai Underberg toe.   Ek kon my eie gat skop en weet ons het ‘n mooi stuk grondpad gemis maar dit was al laat en ons was dors. Dis tog immers ‘n goeie rede om terug te gaan.


Paar foto’s  grondpad iewers tussen Bergville en Underberg.

024.JPG


022.JPG


025.JPG



Op Underberg gekom se Deon ons slaap by Drakensberg Gardens Hotel en dat dit nog so 25 km aan is. Die pad daarheen is geteer maar met ‘n lekker paar draaie en geniet so vir oulaas die dag se ryery.
By die Hotel ingeboek se hulle vir ons dat daar ‘n toergroep is en dat die restaurant volgeboek is. Dit het nie lekker op die oor geval nie en nadat ons met Craig die Manager daar gesels het het hy gou vir ons ‘n plan gemaak. Ons het toe darem kos gekry maar met die gewagery het ons ‘n duik in hulle brandewyn voorraad gedrink. Craig het ons selfs later toe hulle smeek om die kroeg te sluit, genooi vir ‘n dop wat toe natuurlik weer ’n paar doppe geword het. Ek weet nie wanneer ons bed toe is nie maar ons was lekker vol brandewyn.













 
DAG 2

Die dag het begin met ‘n lekker kopseer . Nadat ons die bikes gepak het is ons restaurant toe vir ontbyt. Deon vergeet sy sleutel in die ignition en toe ons terug kom is die battery pap. As gevolg hiervan kom ons later weg as wat ons aanvanklik beplan het. Vandag sou ons grondpad langs oor Swartberg tot Matatiele dan teer tot Mt Fletcher waarna ons regs sal draai op die Lower Pitseng pad en dan oor Naudesnek pas na Rhodes. 

Iewers tussen Underberg,Swartberg en Matatiele.

028.JPG


029-2.JPG


In Matatiele het ons die bikes volgemaak en het my brandewyn maag begin pla. Vinnig die nodige formaliteite gedoen want ons wou mos op die pad kom. En dis hier waar ek nog ‘n baie groot fout maak op die trip, ek ry daar weg sonder om toilet papier te koop. So halfpad tussen Matatiele en Mt Fletcher moes ek ‘n pitstop uitvoer en ‘n man se boerdery van nader gaan beloer. Groot fout en dit kos my toe maar ‘n T-shirt. Op Mt Fletcher gekom was ek in die eerste Kafee om toiletpapier te koop, ek het nie baie T-shirts saam gevat nie en was vinnig besig om uit T- shirts te hardloop.

Kafee by Mt Fletcher

030.JPG


So paar kilos buite Mt Fletcher het ons regs gedraai op die Lower Pitseng pad. Lekker grondpad maar was baie bly dit was droog want uit die uitgeryde vore kon ek sien dat as die pad nat is gaan toiletpapier die minste van my probleme wees.

Foto’s geneem op Lower Pitseng pad in die rigting van Naudesnek pas

033-1.JPG


034-2.JPG


IMG_1871.JPG


https://lh5.googleusercontent.com/-BvJccwuuYXg/TrPemSJMW8I/AAAAAAAAAHg/8KKbu-MqGOo/s800/035.JPG?gl=ZA[img]

[img]https://lh3.googleusercontent.com/-MQCF3yCq6Vc/TrPeqzSAcbI/AAAAAAAAAIc/9EXbzd86K0Q/s800/036-1.JPG?gl=ZA]

037.JPG


038-1.JPG


039.JPG


IMG_1873.JPG


IMG_1874.JPG


IMG_1875.JPG

https://lh6.googleusercontent.com/-q8aWe0hxzYY/TrPusJHGHsI/AAAAAAAAALk/QxYvZt9RqB8/s800/IMG_1877.JPG?gl=ZA
Op pad op teen Naudesnek pas.

042.JPG


IMG_1876.JPG


En toe Naudesnek, baie mooi en ‘n moerse lekker pad.



044.JPG


047.JPG


049.JPG


050.JPG


049.JPG


047.JPG


052.JPG


Van Naudesnek is ons deur na Rhodes waar ons geboek het by Walkerbouts Inn op aanbeveeling van GlenInk. Wat ‘n lekker plek. Ontmoet toe sommer ook vir Bruce aka The Nutty Chef op forum en het hulle nou vir ons dit aangenaam gemaak. Toe ons daar stop was daar reeds 3 bikers van Durban wat ‘n paar minute voor ons daar aangekom het. Ook oor Naudesnek pas. Hulle was op ‘n soortgelyke trip en dit was nie lank toe ons saam besluit dat ons die volgende dag saam sou ry nie. Hulle het dieselfde roete in gedagte gehad vir die volgende dag en sou ook oorslaap by Fouriesburg Country Inn.

Walkerbouts Inn

054.JPG


Lekka Bar en Bruce, aka Nutty Chef.

057.JPG


Dankie weereens aan Bruce en Penny vir die lekker kos en geselskap.
, sal enigetyd weer daar kom bly


 
Ai ................. hoe kan n man dan vergeet om van die witgoud in te pak ..................  :laughing4:
 
Dankie BAJ vd moeite man - dis nou lekkerlees materiaal, om vd mooi fotos nie eens te praat nie! Jy lyk vir my oud genoeg om diensplig te gedoen het - hoe kan jy ooit witgoud vergeet! ;-). Wag in spanning vd res! :thumleft:
 
Hel kerels, bring maar ou memories terug, was in dec 2010 daar deur. Jul trip klink heel bef2k!!
 
did the trip in april very wet looks like you are lucky with the weather. our report was  posted
 
Oom Fou-rie en Spore, Ja weet nie hoe ek so fout kon maak nie, maar sal dit NOOOOIT weer doen nie.
 
Dag 3

Ek het die vorige nag maar myself genurse met die brandewyn intake want ek was gatvol om vier keer ‘n dag al my klere ens uit en weer aan te trek, en net so vir backup plan sommer ‘n ou imodiumpie gesluk, iets wat as jy na my postuur kyk sekerlik nie die aangewese ding is om te doen nie. Ons het die volgende dag saam ons nuwe vriende Mike (1200GSA) Dave (1200GS) en  Kev( 1200GS)  vertrek nadat ons eers weer ‘n lekker ontbyt geeet het. Die vorige aand het ons gehoor dat die enigste vulstasie op die dorp leeg was so toe ons die volgende oggend daar stop was ons maar redelik skepties of ons petrol sou kry. Gelukkig het hulle delivery bakkie net klaar afgelaai en kon die bikes volmaak. Ons sou vandag deur Lundeans nek tot by Zastron grondpad vat en van daar tot in Fouriesburg grond en teer, of altans dit was die plan.

Volmaak op Rhodes met hulle brandstof aflewerings voertuig

058.JPG


059.JPG


Buite Rhodes.

060.JPG


061.JPG


Op die pad na Lundeans Nek

065.JPG


068.JPG


069.JPG


Lundeans nek pas

070.JPG


071.JPG


072.JPG


073.JPG


074.JPG


075.JPG


Na Lundeans nek pas is ons oor verskeie klein stroompies wat oor die pad vloei sonder enige hassles. Op ‘n stadium was Dave voor en toe ons om die draai kom sien ons Dave op die grond. Daai spesifieke water crossing was snotglad en hy het dit nie verwag nie, wiele onder hom uit. Darem nie seergekry nie, met net ‘n paar  krappe  op die bike. Ons ander het toe maar baie versigtig oorgery en die tog voortgesit.

Dave se plas

076.JPG


077.JPG


Op ‘n stadium was ons darem baie lus vir ‘n koue bier. Ons het by die shoppie gestop maar die man in charge was ‘n Moslem en bier was daar nie. Darem ‘n ys koue coke gekry.
Na ‘n goeie 3 ure het ons weer op die teer gekom net buite Zastron. Die Natalers het haastig begin raak om ook bietjie rugby te kyk(Semis van Curriebeker) en aangesien dit toe al naby 12h00 was het ons toe maar besluit om oop te maak Fouriesburg toe, teerpad langs. Maar eers moes ons net gaan proe of Wepener se bier koud was.

Toe ons teerpad kry.

078.JPG


079.JPG


Dave bekyk die skade aan sy bike.

080.JPG


Die shoppie.

082.JPG


081-1.JPG


Buite Wepener Hotel

083.JPG


Wepener Hotel, Kevin, Mike en Dave

IMG_1891.JPG


IMG_1892.JPG


Ons het daarna weer pad gevat en was by Fouriesburg Counrty Inn so 20 min nadat die eerste Semi final afgeskop het.

Fouriesburg Country Inn

089.JPG


Lekker gekuier en Rugby gekyk.

[/img]https://lh5.googleusercontent.com/-9ha6iIpbr5o/TrbdJZhpywI/AAAAAAAAARk/25YI7ybPHDA/s800/084.JPG?gl=ZA[/img]

IMG_1893.JPG


Dievolgende dag was dit weer terug huistoe.


 
Lekker trip.  :thumleft:
 
Oom Foe-rie said:
Ai ................. hoe kan n man dan vergeet om van die witgoud in te pak ..................  :laughing4:
ha ha ha ja nee so n fout kan n pad lank maak ou maater hoop net dit was n "blou bul" t-shirt daai!!! :imaposer:
 
Befok nou kry ek lus ,baie dankie vir al die great fotos  :thumleft:
 
Dag 4

Volgende oggend by Fouriesburg Counrty Inn.

086.JPG


087.JPG


088.JPG


Dit was die einde van ons trip. Die laaste 300 km terug Johannesburg toe het ons teerpad langs vroeg oggend afgele aangesien Deon nog die middag ‘n ete afspraak aangehad het. Dit was veral lekker om ‘n ander deel van Suid Afrika te sien en die mense wat ons ontmoet het. Ek dink aan Craig wat ons uitgesort het by Drakensberg Gardens Hotel met ‘n bord kos en Brandewyn toe die kroeg moes toemaak, Bruce en Penny by Walkerbouts Inn vir hulle gasvryheid en lekker kos, ons bike vrinne van Durban wat saam met ons dag 3 gery het en die mense van Fouriesburg Country Inn. Dit was ‘n lekker ondervinding en ek het al reeds begin planne maak vir dievolgende een.

En vir almal wat gelees het en gepost het, thanks, sal hopenlik binnekort weer iets he om te vertel.
 
Top